Skip Navigation LinksGraad-8s

​​Graad 8s


 

Hoërskool Outeniqua doen elke jaar by verskeie laerskole in die omgewing bemarking ten opsigte van die daaropvolgende jaar se graad 8 inskrywings. Inligting word dan aan die graad 7 leerders verskaf, wat hulle en hul ouers sal help om 'n ingeligte keuse te maak m.b.t. watter hoërskool om by te woon. 'n Ope aand word ook kort daarna by ons skool gehou, waar verdere inligting aan die voornemende Kwaggas en hul ouers deurgegee word en hulle kry die geleentheid om 'n toer van die skool mee te maak.

Daarna kan aansoeke om inskrywing by Hoërskool Outeniqua op die gegewe inskryfvorms voltooi en met die nodige bygaande dokumentasie aan die skool deurgegee word. LW ons skool se aansoeke sluit einde Mei en die finale bevorderingsverslag van graad 6 word vereis. Na ontvangs van die inskrywings word leerders gekeur en diegene wat gunstig oorweeg is sal dan vir 'n onderhoud (saam met hul ouers) by ons skool genooi word.

Suksesvolle aansoekers word gekontak en in kennis gestel van hul aanvaarding en die verdere prosedures om te volg.

In die nuwe jaar begin die skool een dag vroeër vir die nuwe graad 8's, sodat hulle die skoolterrein en klaskamers kan leer ken, asook kennismaak met die onderwysers en 'n voorsmakie kry van wat vir hulle wag in elke klas.

Die inligtingsbrief wat aan ons nuwe Graad 8 ouers gestuur is kan ook hier afgelaai word:
HS Outeniqua Graad 8 Inligtingskrywe 2017 Finaal.pdf