Skip Navigation LinksDie-Gemeenskap

Gemeenskapsbetrokkenheid

 

Werskwinkels in handwerkvaardigehde vir leerders van Thembalethu HS en Tyholora Laerskool in Thembalethu word gereeld aangebied.  By hierdie werkswinkels leer hierdie talentvolle leerders leer hoe om met afvalmateriale nuwe produkte te skep.  Hulle het teddiebeertjies gemaak van klein stukkies kuns-pels wat Anthea Oelofse van Mascot Ears geskenk het en pragtige rokkies van afval stukkies lap vir die Wear art vertoning in Mei.

Loerie Bakkery borg ook elke jaar die Koekversiergeleentheid waarheen ons plaaslike laerskole en Pre-primêre kinders nooi om handwerkskeppings van versiersuiker te maak.  Onnodig om te noem dat dit die lekkerste werkswinkel is om by te woon.