Skip Navigation LinksMagriki-Plastiki

Magriki Plastiki Kinderboek

 

Magriki Plastiki is 'n superhero in dieselfde kategorie as Superman en Batman.  Sy is ons eie Super-omgee-mensie vir ons planeet.  Magriki leer kinders om te afvalmateriale te herwin, hergebruik en te herskep in iets splinternuut en bruikbaar.  Oud-Kwagga Lieze van Staden het die wonderlike illustrasies vir die boekie gedoen en Bernedette Botha is besig om die storie vir ons te skryf.

Die Magriki Plastiki kinderboek word in die vierde kwartaal uitgegee.  Die Groen Portefeulje beplan 'n dag waar leerders Magriki kan ontmoet en werkswinkels kan bywoon en kan leer hoe om te herwin en afvalmateriale in iets nuuts te herskep.