Skip Navigation LinksOntwerp-vir-Werk

Ontwerp vir Werk Kompetisie

 

Die Ontwerp vir Werk Kompetisie word vanaf 2009 in samewerking met Libere Stigting aangebied.  Met die kompetisie probeer ons kinders en volwassenes bewus maak van omgewingskwessies soos besoedeling en sosiale kwessies soos armoede en werkskepping.  Leerders van Gr. 4 tot Gr. 12 kan hul handgemaakte produkte van afvalmateriale inskryf vir die kompetisie.  Die wenprodukte is die afgelope paar jaar aangewend vir werkskepping in George, Thembalethu en Blanco.