Skip Navigation LinksKultuur

​Kultuur


 

Adjunkhoof: Me MJ Smith

VISIE

Ons strewe daarna om ons leerders as totale mense op te voed.
  · Daarom wil ons leerders blootstel aan ‘n verskeidenheid kultuuraktiwiteite en
  · hulle opvoed om die kunste te waardeer en te geniet en


MISSIE

 Ten einde ons visie te realiseer, sal ons
  · plaaslike, streeks- en nasionale deelname in al die kultuuraktiwiteite bied.
  · geleenthede vir wyer deelname en kompetisie skep deur toere te onderneem.
  · ‘n platform binne die skool skep vir leerders om meer op te tree en hul werk in die verskillende kunsdissiplines uit te stal.
  · die groter skoolgemeenskap blootstel aan die werk wat in die verskillende kultuuraktiwiteite gedoen word.
  · groot verhoogproduksies aanbied.
  · kwaliteit produksies, uitvoerings en optredes lewer.
  · geleenthede aan leerders bied om opgelei te word in teater- en verhoogbestuur.
  · ‘n internasionale kultuuruitruilprogram met O.L.V. Hemelvaart Instituut in Waregem, België vestig.
  · die volgende waardes op die kultuurakker beskerm en kweek: integriteit, lojaliteit, respek, eerlikheid, diensbaarheid,   
        vriendelikheid en betroubaarheid.
  · Bybelse waardes en ‘n Christelike etos handhaaf.
  · die waardes van die Grondwet en wat in die gedragskode van die skool vervat word, beskerm.


AKTIWITEITE EN GELEENTHEDE

  · Landsdiensklub
  · Redenaars
  · Debat
  · Publikasies
       Kwaggas Kreatief
       Jaarblad
· Kamerkoor
· Vokale ensemble
· Ensembles
      Instrumentaal
      Blokfluit
      Strykkwartet
· Kunsuitstallings
· Ontwerp-vir-werk kompetisie en modeparade
· Koorfees
· Kultuur-uitruilprogram met Belgiese skool 
 
 

Prestasies en uitslae

 
Sanlam WOW Spelfees 2016

Marilie Putter (gr 8) en Marizyl Marais (gr 10) het op Saterdag 10 September aan die provinsiale kompetisie van die SANLAM WOW Spelfees in Stellenbosch deelgeneem. Altwee het hul afdelings gewen en gaan op 22 Oktober die Wes-Kaap by die nasionale kometisie - weer by die Universiteit van Stellenbosch - verteenwoordig.



 

 
Wenners van die 2016 interne Engels toespraakkompetisie.
 
Graad 8 (29 Aug)
Derde: Minke Katzke
Tweede: Lente Treurnicht
Eerste: Emma Cronje

Graad 9 (30 Aug)
Derde: Lu-Marie Groenewald
Tweede: Christel Smook
Eerste: Zoe Gillomee
 
Graad 10 (7 Sept)
Derde: Chrizahn Jordaan
Tweede: CJ Niemand
Eerste: Jancke van Wyk
 
Graad 11 (30 Aug)
Derde: Malissa Ferreira
Tweede: P J Lombard
Eerste: Albert Kruger
 
 
Suid-Kaap Kinderkoor

 

Baie geluk aan die onderstaande Suid-Kaap Kinderkoorlede van Hoërskool Outeniqua wat Suid-Afrika, asook die vasteland van Afrika, (op uitnodiging) by die 64ste Europese Musiekfees vir Jongmense in Neerpelt, Belgie, verteenwoordig het, en 'n 1ste Plek (cum laude 90-96%) by die kompetisie bereik het.

1. Dawie Hechter

2. Rolandi Strydom

3. Anemie Werner

4. Charne' Pretorius

5. Ben van Niekerk

6. Elisa Barnardo

7. Elizma Beyleveld

8. Mia Bester

9. Lynique Davis

Hoewel streeks-kinderkore in Suid-Afrika in die huidige bedeling nie die nodige erkenning binne opvoedkundige en kulturele strukture geniet nie, word hulle op verskeie vlakke as 'n toenemende  toonbeeld van kulturele uitnemendheid erken, en word hulle vermoens in die buiteland baie hoog geag. Dit is uiteraard baie moeilik vir enige koor om 'n internasionale toekenning van hierdie standaard te verwerf.

 

Die Suid-Kaap Kinderkoor het:

* teen 27 Europese lande se beste kore deelgeneem;

* in die "vlagskip" kinderkoor-kategorie teen 9 ervare internasionale kinderkore van o.a. Rusland, Belgie, Frankryk, Duitsland en Pole deelgeneem;

* beoordeling vanuit 'n jurie van 30 internasionale beoordelaars ontvang; 

* 'n ongekende staande toejuiging tydens die juriekonsert ontvang;

* op sowel SABC TV en Belgiese TV nasionale nuusdekking geniet;

* ook 9 vollengte konserte in verskeie Belgiese sentra onder die vaandel van die Vlaamse-Suid-Afrikaanse Kultuurstigting aangebied;

* na ure, dae en maande se opoffering, buiten verpligte, lojaleInline images 2 skoolaktiwiteite,  as waardige ambassadeurs van Suid-Afrika, ons streek en u skool uit die stryd getree.

 

Die SA Parlement het blykbaar ook 'n mosie ter tafel gelê om die koor geluk te wens. 

George se burgemeester, Charles Standers, het ook prestasiesertifikate aan elke toerlid uitgedeel en R50 000.00 aan die Suid-Kaap Kinderkoor geskenk vir toekomstige toere. 


 
Sang
 
Johan Potgieter het op 9 November 2014 aan die Unisa Beurs kompetisie in Pretoria deelgeneem,waartydens hy die Du Toit-van Tonder beurs gewen het. Om vir hierdie kompetisie te kwalifiseer,moet 'n kandidaat ten minste 85% vir Graad 8 behaal – Johan het presteer met 92% vir Gr.8 Sang!