Skip Navigation LinksDebat

​​DEBAT

 
MISSIE
  • Die bevordering van gesproke Afrikaans by die skoolgaande jeug;
  • Die ontwikkeling van leiers deur hulle voor te berei en te bemagtig vir daaglikse openbare debatvoering wat in die samelewing plaasvind.
 
DOELWITTE:
 
Die doelwit van die debatskompetisie is
om die jeug te leer om:
  • aktueel betrokke te wees;
  • onderskeidend en krities te luister en te lees;
  • inligting te vind, te ontleed, te organiseer en te sintetiseer;
  • logiese, kreatiewe denke te ontwikkel;
  • eie menings en argumente te formuleer;
  • met selfvertroue ander mense tot hulle standpunt oor te haal;
  • leierseienskappe te ontwikkel;
  • op die voete te kan dink en uit die vuis uit te kan reageer op ander persone se argumente;
  • eties te leef;
  • sportmansgees en
  • kompetisievaardighede te ontwikkel
 
BEMARKING: die program word in 2014 aan die leerders gegee;
  • Reël PraatSaam wat die hele skool betrek en dien as uitdun vir debatspanne en bekendstelling van debat
  • Reël ‘n buite-afrigter om die spanne te hanteer
 
VERANTWOORDELIKE PERSOON: Mnr Leon Roets
 
PRESTASIETOEKENNINGS
 
Merietetoekenning:
Dit word gemaak aan leerders wat die skool in enige kompetisie verteenwoordig of wat in ‘n interne kompetisie onder die eerste 3 eindig.
Halfkleure:
Dit word gemaak aan leerders wat in ‘n plaaslike (dorp) kompetisie onder die eerste drie eindig, bv. George Kunstefees
Volkleure:
Dit word gemaak aan leerders in grade 10, 11 en 12 wat die Suid-Kaap in ‘n  kompetisie verteenwoordig, bv. die halfeindrondtes van die ATKV-kompetisie
Junior kleure:
Dit word gemaak aan leerders in grade 8 en 9 wat die Suid-Kaap in ‘n kompetisie verteenwoordig, bv. die halfeindrondtes van die ATKV-kompetisie.
Volkleure met lourier:
Dit word gemaak aan leerders wat aan die nasionale eindrondtes van kompetisies deelneem.
Erekleure:
‘n Leerder ontvang erekleure wanneer hy/sy onder die eerste drie in ‘n nasionale kompetisie eindig.
 

Uitslae/prestasies:


ATKV-debatkompetisie Nasionale Finaal te Goudini Spa (12-13 Augustus 2017)

Ons junior debatspan was 3de in die ATKV se landswye debatsfinaal in Goudini.

 
vlnr Rhodé Ferreira, Emma Cronje, mnr. Leon Roets en Hanro Muller.

 

Die ATKV-debatkompetisie Nasionale Finaal vind hierdie jaar te Goudini Spa plaas. Nuwe onderwerpe sal bekendgemaak word na afloop van die semi-finale.

 

ATKV-debatkompetisie Suid- en Oos-Kaap Semi-finaal te HS Pearson (3 Junie 2017)

Die volgende leerders het deurgedring na die ATKV-debatkompetisie semi-finaal te HS Pearson op 3 Junie 2017, baie geluk.

JUNIORS (Gr. 8 & 9)

ONDERWERP: Kulturele waardes behoort (nie) 'n deurslagewende rol te speel by die opstel van skoolreëls (nie).

InleidendOpponerend
Emma Cronje (Gr. 9)Inge Steyn (Gr. 9)
Hanro Muller (Gr. 9)Wynand van der Vyver (Gr. 9)
Rhodé Ferreira (Gr. 9)Izelle de Wet (Gr. 9)

 

SENIORS (Gr. 10-12)

ONDERWERP: Gratis tersiêre onderrig sal (nie) 'n deurslagewende rol te speel by die opstel van skoolreëls (nie).

InleidendInleidendOpponerend
Michael Bezuidenhout (Gr. 11)Dawid Fölscher (Gr. 11)Amoreen Engelbrecht (Gr. 11)
Melissa Vorster (Gr. 11)Dihan Goussard (Gr. 11)Elizma Beyleveld (Gr. 11)

 

Kwagga-debat stel hul saak

Vyf van die Hoërskool Outeniqua se debatspanne het deurgedring na die ATKV-debatkompetisie Suid- en Oos-Kaap semi-finale wat op 3 Junie plaasvind te Hoërskool Pearson (Port Elizabeth) plaasvind. Drie van Hoërskool Outeniqua se spanne, een juniorspan (gr. 8 &9) en twee seniorspanne (gr. 10-12), het laasjaar deurgedring na die nasionale finaal. Die juniorspan bestaande uit Emma Cronje, Hanro Muller en Rhodé Ferreira kon daarin slag om hul debat te wen en het in die agtste plek nasionaal geëindig. In 2017 hoop die Kwaggas om hierop te verbeter.

Die onderwerp vir die juniors is: Kulturele waardes behoort 'n deurslagewende rol te speel by die opstel van skoolreëls. Die senioronderwerp is: Gratis tersiêre onderrig sal gelykheid in Suid-Afrika bevorder.

Die spanne wat deurgedring het is: Emma Cronje, Hanro Muller en Rhodé Ferreira (Juniors, Inleidend); Izelle de Wet, Inge Steyn en Wynand van der Vyver (Juniors, Opponerend); Dihan Goussard en Dawid Fölscher (Seniors, Inleidend); Michael Bezuidenhout en Melissa Vorster (Seniors, Inleidend); en Amoreen Engelbrecht en Elizma Beyleveld (Seniors Opponerend).

 

Voor v.l.n.r.: Wynand van der Vyver, Rhodé Ferreira, Izelle de Wet

Middel v.l.n.r.: Inge Steyn, Melissa Vorster, Amoreen Engelbrecht, Emma Cronje

Agter v.l.n.r.: Mnr. L. Roets (Afrigter), Dihan Goussard, Dawid Fölscher, Michael Bezuidenhout, Hanro Muller


 

 ​

 

ATKV Eerste Rondte te HS Punt (13 Mei 2017)

Die volgende leerders het deelgeneem aan die eerste rondte van die ATKV debatkompetisie wat plaasgevind het te Hoërskool Punt.

Voor v.l.n.r.: Jani Gerber, Wendy Koen, Chantelle Saayman

Eerste ry v.l.n.r.: Melissa Vorster, Wynand van der Vyver, Rhodé Ferreira, Anel Groenewald, Izelle de Wet, Ané Viljoen

Tweede ry v.l.n.r.: Inge Steyn, Carina Duvenage, Nelene Naude, Emma Cronje, Amoreen Engelbrecht, Elisna Coetzee

Agter v.l.n.r.: Mnr. Leon Roets, Dihan Goussard, Dawid Fölscher, Michael Bezuidenhout, Hanro Muller

Afwesig: Elizma Beyleveld


 
OHS Praatsaam Debat 1 Feb 2017
 
Juniors
 

 
 
Seniors
 


 

 
Opkomende gebeure: