Skip Navigation LinksDrama

Drama​


"Labels" verdien groot applous

Die verhoogstuk "Labels", wat deur die rolspelers self geskryf is, het op Dinsdagaand 27 Mei 2014 in the Arts Theatre geopen voor 'n indrukwekkende grootte gehoor. Dit is juis daardie gehoor wat hul goedkeuring vir die produksie en gehalte van spel duidelik laat blyk het met lang, luide applous teen die einde! Dat die Kwaggas talent het vir toneelspel is verseker 'n feit wat weereens hiermee bewys is.


Die rolverdeling was soos volg:

Martha (Liezl se ma)Anneke Jordaan
HelenaAlida Cloete
DanelleJessica Botes
LiezlIrene Saunders
Positiewe KatrinaCarmia Britz
KatrinaAmoné Emmerich
KaroolsAlbert Krüger
AllyChanel van den Berg
MandySimoné van Niekerk
San-MariZané Smidt
JohanRuan Fourie
AnélZarika M. Jacobs
PippaDanielle Munro
NadiaDanay van Langelaar
JohanéChrizahn Jordaan
EmmaChristell Engelbrecht
WeeshuismoederJanke Bronkhorst
Stem 1 / Meisie 1Anri Groenewald
Stem 2 / Meisie 2Elisa Barnardo
Nuwe seunReinhardt Verwey
SeremoniemeesterJanél van Jaarsveld


Bedankings:

Mev. Hettie Nel vir organisasie en reëlings
Mev. Erika Gouws vir verkoop van kaartjies
Me. Retha Smith vir leiding en ondersteuning
Ben Buys, Johan Smit en Me. Erika Gouws vir afrolwerk
Die Arts Theatre vir fasiliteite, rekwisiete en kostuums
Mev. Annalie Strydom vir kopieerwerk
Mev. Louise Louw vir die gebruik van haar klaskamer
Mnr. John Richards vir beligting


Kwaggas skitter in musiekblyspel

As deel van die feesvieringe tydens ons 90ste bestaansjaar het die Hoërskool Outeniqua van 20 tot 25 Mei die Cole Porter musiekblyspel, “Anything Goes”, aangebied. Die leerders se talent is behoorlik ontgin en die Kwaggas het geskitter! Die danse, sang, orkesbegeleiding, kostuums, dekor  en toneelspel was betowerend. Ook die verhoogbestuur is deur Kwagga-leerders behartig. Die produksie is onder die bekwame leiding van me Louise Louw (regie), me Karin Netley (musikale regie) en mnr Wehan van Jaarsveld (choreografie) aangebied. Hierdie produksie het die skool se slagspreuk , KWAGGAS VIR KWALITEIT, weer gestand gedoen!