Skip Navigation LinksInstrumentele-Ensemble

Instrumentele Ensemble

Verskeie instrumente word bespeel in hierdie gewilde ensemble: viool, tjello, dwarsfluit, klassieke kitaar en saksofoon.
Ensemble-spel verskaf groot genot aan leerders terwyl hulle die belangrikste aspekte van samespel in musiek implementeer.
 
Musiek: Hoofsaaklik Klassieke- en Ligte Klassieke musiek
 
Leerders moet verantwoordelik neem om op 'n gereelde basis op hul eie by die huis te oefen. Leerders moet altyd voorbereid na oefeninge kom. Dit word ook van die leerders verwag om tydens oefensessies bladlees te doen.
 
Hierdie ensemble tree by verskeie geleenthede soos die George Eisteddfod, Kultuurweek, Prysuitdeling en ander funksies by Hoërskool Outeniqua op.
Onder leiding van Mev Kalene Roux en Hannelouw van Staden
Belangstellendes is baie welkom.
 
Prestasietoekennings:
 
ENSEMBLES (Vokaal of instrumentaal)
a) 80% van oefeninge bygewoon:  Meriete
b) 3 of meer volwaardige optredes:  Meriete
c) Kaleidoskoop: onderhewig aan meriete van kompetisie
 
EISTEDDFOD
a) Trofee-wenners:  halfkleure
 
JONG MUSIKANTE KOMPETISIE
a) Deelnemers:  meriete
b) Wenners:  halfkleure
 
NASIONALE KOMPETISIES
a) Semi-finaal:  volkleure
b) Finale rondte:  volkleure met lourier
c) Onder eerste 3: erekleure