Skip Navigation LinksKoorfees

Outeniqua Koorfees

Visie
 
Die doel van die Outeniqua Koorfees is om die kwaliteit van koorsang in die Suid-Kaap te bevorder deur aan kore die geleentheid te bied om voor ander kore en 'n professionele beoordelaar op te tree.
Dit is nie 'n kompetisie nie en kore kan verseker wees van vertroulike, opbouende kommentaar.
 
Missie
 
Daar word elke jaar tussen 20 en 30 kore van George, Mosselbaai, Oudtshoorn en Knysna genooi om deel te neem.
Een of twee gaskore van elders word ook genooi in 'n poging om meer hoërskoolkore te betrek.
Dit word oor 3 of 4 aande gehou, afhangende van die aantal kore wat inskryf.
Dit vind te NG Kerk Denneoord plaas, aangesien die akoestiek daar baie goed is.
 
Bemarking
 
'n Advertensie verskyn een week voor die koorfees in die George Herald.
Verder word die bemarking gedoen deur die koorlede van die verskillende skole wie se ouers en vriende die geleentheid bywoon.
 
Oefentye
 
Kore het die geleentheid om die dag van hul optrede by NG Kerk Denneoord te oefen.
 
Lidmaatskap/deelname
 
Spesifieke vereistes vir die samestelling van die program word saam met die uitnodigings aan kore uitgestuur.
Skole wat belangstel kan nou-al vir mev Alida Louw by die skool kontak.


OUTENIQUA Koorfees 2016 bou voort op 34 jaar se koorsangtradisie

Vanaf die ontstaan van Hoërskool Outeniqua in 1923, is daar gesing en musiek gemaak en wonderlike konserte gehou.  Drie en negentig jaar later is die skool dankbaar dat hierdie tradisie voortgesit word.

Die Outeniqua Koorfees het vanuit die uiters gewilde George sangfees, wat in 1982 begin is, ontstaan.  Dit het in 1985 'n nuwe naam gekry:  die Outeniqua Koorfees.  Bertie van Straaten, Amanda Hattingh en die bekende mnr. Braam Potgieter  was die stigterslede van hierdie besondere koorfees en kore vanuit George, Oudtshoorn, Hartenbos en Mosselbaai het hieraan deelgeneem.

Outeniqua sit vanjaar vir die 34ste jaar in 'n ry hierdie unieke koorfees voort deur 'n platform aan 26 kore te bied om op 'n kompeterende vlak deel te neem.  Die koorfees word deur Louis van der Watt, verbonde aan die Universiteit Stellenbosch, beoordeel.

Die Outeniqua Koorfees word by Denneoord NG Gemeente aangebied en vind plaas op 16, 17 en 18 Augustus.  Daar is elke dag twee optreesessies:  om 17:00 én om 19:00.  Toegang is R20 per persoon (volwassenes en skoliere) en word slegs by die deure gekoop.

Suid-Kaapse koorliefhebbers word uitgenooi om enige van hierdie ses optredes oor drie aande by te woon.  Vir meer inligting oor die program kan u die skool se webblad besoek by www.outeniqua.co.za of u kan die skool kontak by 044-874 4156.

Outeniqua Koorfees 2016.pdf

Outeniqua Koorfees Indeling2016.pdf

Acorn Gastehuis is die akkomodasie borg van die Outeniqua Koorfees.