Skip Navigation LinksBTH

​​OHS Koshuise: Beyers TeHuis


 

BTH Geskiedenis (sedert 1948)


 

Vir ons oud Beyers Tehuis manne is daar 'n stukkie nostalogie wat skrik vir niks.

So 'n paar interessanthede uit die ou dae:

  • Langs Beyers Tehuis was die bos waar die hokkie velde en krieketvelde vandag is. Hierdie was 'n plek vir speel en kattekwaad.
  • In die middel van die bos was 'n opening. As twee manne moeilikheid gehad het, is almal na middagete bos toe, 'n kring is gevorm en streep is getrek. Die een wat eerste oor die streep trap, moes eerste slaan en so is die probleem uitgesorteer. Daarna het die wenner en die verloorder van die geveg vrede gemaak en uiteindelik was ons almal weer pelle.
  • Die toilette was buite die koshuis en geen deur is ooit gesluit nie. Saans na tien was dit ligte uit en het die manne saggies uitgesluip om te gaan vrugte steel, of om sommer net te kuier. Indien die diens onderwyser jou sou vang, was daar groot moeilikheid. Een man, Lautie de Swardt, het toe die storie versprei dat hy aan slaaploosheid ly. Hy kon 'n perfekte pop in sy bed maak en vir jare elke aand in die dorp gaan kuier sonder om ooit gevang te word!
  • Die matrone was juf. Smith. Ons kon elke dag 'n blokkie roomys koop ('n pennie elk). Met die geld is die jaarlikse koshuispartytjie gehou. Omdat sy een snaakse oog gehad het, was sy vir die seuns sommer  "'ou Vissie", afgelei van visoog). Ons was egter baie lief vir Vissie.
  • Die seuns moes in die middae self in ons groentetuin werk.
  • Daar was 'n baie groot hoenderhok met wit "leghorns". Een aand voor Struisiedag het ons twee hoenders geslag en gebraai in die bos. Mnr. Muller ("Killer"), ons koshuisvader, het ons een uur die nag uitgevang. Ons straf is uitgestel tot ná die wedstryd. Daardie Saterdag het Struisies 'n groot pak slae gekry en ons straf is permanent opgeskort.
  • Merrimanstraat het verby die koshuis geloop. Al die standerd sesser (Brakke) moes vir die eerste skoolweek elke dag van die koshuis tot by die skool 'n akker met sy neus stoot. Na die derde dag het jy geen vel meer op jou neus gehad nie.
  • Die nuwe prefekte is elke jaar deur die ou prefekte ingelyf – die vier nuwes moes elkeen een hou met die rottang kry by die vier oues. Die manne se agterstewe was maar lelik opgeswel na die tyd.
  • Die koshuis se amptelike feesdag was elke jaar op 5 November – "Guy Fawkes" dag – en dan is 'n groot aanval teen nege uur die aand op Oompie Meyer koshuis, toe nog 'n seunskoshuis geloods.
  • Een goue reël was dat ons mekaar nooit sou verklik nie – "een in die moeilikheid, almal saam in die moeilikheid."
  • Ons spyskaart
      • Maandagaande – Harde frikkadel
      • Dinsdagaande – Soektog na vleis. Klein bietjie vleis met BAIE deeg
      • Woensdagaande  - Macaroni & kaas
      • Donderaande – Vis
      • Vrydagaande – Herderspastei
      • Saterdagaande –'n Lekker tjoppie
      • Sondagaande – Die oorblyfsels van Sondagmiddag
  • Daar was darem baie mooi dinge ook – Sondagmiddae het ons seuns op 'n vragmotor geklim en gaan sendingwerk doen in Oubos (by Blanco), Bossiesgif (naby Sandkraal) en by Pacaltsdorp
  • Beyers Tehuis was ons eie huis. Ons het net twee koshuisnaweke per kwartaal gehad en het verder naweke saamgekuier. Een Saterdag per kwartaal kon ons daarom saam met Hurteria se meisies gaan fliek ( 7 pennies voor op 'n harde sitplek, 12 pennies agter op 'n sagte sitplek)

In 2016 word ons "huis" 'n volle 90 jaar oud, en ons hou almal saam 'n baie groot makietie!


 

 

 

 


 


 

BTH Koshuislied


 

P. de Swardt

Ons is die seuns van Beyers te Huis.

Ons is gelukkig, want hier is ons tuis.

Met 'n edel verlede wat strek tot die hede

Bou ons steeds voort met dappere strede.

Gaan ons wes of gaan ons oos,

Bly ons koshuis steeds ons trots.

"Hic Habetamus, Hic Habetamus!"

Dít is ons leuse, dít is ons trots!


 


BTH Prefekte 2017​


Hoofseun : James-Henry Mollentze
Onderhoofseun : Frans van den Heever
Willie Gouws
Alexander van Biljon
Drewan Wagenaar
Dian Maritz
Barry Swanepoel
Emilio Otto
Thomas Fouché
Pieter Zietsman