Skip Navigation LinksSimboliek-en-Trots

​Simboliek en Trots


 

Wapen en  Leuse


 


 

Die sentrale motief op die wapen, nl. die by en die heuningkoek, het sy oorsprong in die Khoi-woord, Outeniqua, wat letterlik beteken: man belaai met heuning.

Gesonde, heilsame opvoeding vind slegs plaas in 'n omgewing waar daar orde en dissipline is – treffend uitgebeeld deur die simmetriese seskantige selle van die heuningkoek.

Bogenoemde motief word gepas saamgevat in die leuse: Nobilitat Labor, wat leerders oproep tot hardwerkendheid omdat arbeid die mens veredel.

Arbeidsaamheid en die vermoë om in 'n groep te werk word deur die vlytige by voorgestel. 

Voorts is die skool geleë "aan die voet van trotse berge" – 'n frase uit die skoollied. Die bergspitse op die wapen simboliseer dan ook die hoogtes waarna leerders moet strewe.


Skoollied

Die skoollied is in 1923 deur N.J. le Roux geskryf en komponeer deur Magaret van Vuuren.

OHS Skoollied.pdf

OHS Skoollied oorspronklike handgeskrewe.jpg

Hoërskool Outeniqua Skoollied.mp3


 

Kwaggas Feeslied


 

In 2013 het Mev Greta Delport Benadé 'n pragtige feeslied vir die Kwaggas , in opdrag van die skool se bestuur gekomponeer.  Die Kwaggaleerders het dit vinnig aangeleer en sing dit dikwels by skoolgeleenthede uit volle bors en met trots.

Kwaggas Feeslied 2013.pdf

Kwaggas Feeslied.mp3