Skip Navigation LinksGroen-Portefeulje

Die Groen Portefeulje

 

  
Spekbome

Lede van HS Outeniqua se GROEN portefeulje het gedurende die eerste kwartaal 150 Spekboomsteggies gemaak. Die portefeulje het die afgelope jare spekboompies gekweek wat deur leerders en ouers in George omgewing geplant is.

Een hektaar spekbome kan gemiddeld 4.2 ton koolstofdioksied na suurstof omskakel wat beteken dat die spekboom tot 10 keer meer effektief is as ‘n tropiese reënwoud.  Die portefeulje beplan om die nuwe boompies in Augustus aan plaaslike skole te skenk.

 


 

 
 

 
 


 

Outeniqua se Groenportefeulje het in 2015 die aarde groener, skoner en beter vir hul medemens gemaak.  Die Groen Kwaggas het met groot sukses Spekbome van steggies gemaak. Die klein spekboompies is op die jaarlikse Groendag vir R5 aan ander Kwaggas verkoop om hulle bewus te maak van die positiewe impak wat Spekbome op ons omgewing het.  Die Groen Kwaggas het ook klein Geelhoutboompies op die skoolgronde geplant.  Hierdie area sal in die toekoms soos ‘n natuurlike bos wees met inheemse bome en plante.

 

 

 

Die Groen Kwaggas het verlede jaar  50 000 broodknippies ingesamel en die voorreg gehad om ‘n rolstoel geborg deur Interwaste aan Dina Wentzel van Pacaltsdorp te oorhandig.  In 2015 het die Kwaggas 50 000 plastiekproppies en doppies ingesamel en ‘n rolstoel aan Gladys Mgugunkweya van Thembalethu oorhandig.  Dit is regtig ‘n ongelooflike prestasie.  Om 50 000 proppies en doppies te versamel is ‘n reuse prestasie.  Die Kwaggas het bewys dat saamwerk en omgee kan verseker dat iets nietigs soos ‘n klein plastiekproppie ‘n wonderlike verskil in die lewe van ‘n medemens kan maak.

 

 

Outeniqua se herewinningsplan werk uitstekend.  Die Kwaggas doen self die herwinning van hoofsaaklik papier.

 

Die Groen Portefeulje het ook groot bewusmakingsveldtogte en het op Groendag die kwessie van besoedeling aangespreek.  Die groep AKA van Outeniqua het met 'n dansitem die Kwaggas inspireer om te herwin en hergebruik eerder as om net weg te gooi.

Die Groen Kwagga Facebook bladsy word gebruik om Kwaggas te betrek by die Groen Portefeulje se aktiwiteite.  Die portefeulje het hul eie span grafiese ontwerpers en fotograwe in die Portefeulje.  Die Groenbord word gebruik om plakkate en kennisgewings aan te bring en alle Kwaggas word aangemoedig om deel te wees van die Groen veldtogte en aktiwiteite.