Skip Navigation LinksNuus

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Nuus uit Kwaggaland


Welkom in Kwaggaland Graad 8 2018.pdf


BMW SA Ope Kampioenskap 2018 : Kwaggas gaan groot!

Kwaggaland se naam is hoog gehou by die onlangse  2018 BMW SA Ope Kampioenskap  wat by die Glendower Gholfbaan, van 11 tot 14 Januarie 2018 plaasgevind het.


Die oud-Kwaggas en huidige Kwagga wat deelgeneem het, is :

Branden Grace (oud-Kwagga 2006) - Hy het 2de in die toernooi geëindig, net 3 houe agter die wenner, Chris Paisley.

Riekus Nortjé (oud-Kwagga 2006), Breyten Meyer (oud-Kwagga 2010) en Wian Verster (Oud Kwagga 2012) wie die gholfjoggie vir Jacques Kruyswijk (4de posisie) was.

     Jovan Rebula (oud-Kwagga 2015) en Christo Lamprecht (huidige graad 11-    leerder) het as amateurs deelgeneem.

Wian Verster.JPGBranden Grace.jpgRiekus Nortje 2.jpg

15_SAO_announceNEW.jpgJavon Rebula.jpg 

Christo Lamprecht.jpgBreyten Meyer.jpg


Baie geluk aan Alouise Campher wat in die Desembervakansie as lid van die SA onder 16 Muurbalspan aan die volgende onder 17 toernooie deelgeneem en pragtig presteer het.

1. REDTONE KL JUNIOR OPE toernooi in Maleisië wat die tweede grootste toernooi in die wêreld is. Sy behaal die 22e plek.

2. ONCOCORE SINGAPOER TOERNOOI waar sy die 13e plek behaal.  

Baie geluk Alouise ons is trots op jou!

IMG-20180112-WA0015.jpgIMG-20180112-WA0018.jpg 


Halfway George Kwagga 4 x 4 : 3 Februarie: Vleesbaai Duineroete

Ons Halfway George Kwagga 4 x 4 vind op 3 Februarie by die Vleesbaai Duineroete plaas.

Inskrywings vorder baie goed, daar is net plek vir 60 voertuie. Die bekende en ervare Mario Ferreira is die gasheer en fasiliteerder van die dag.

Vir die eerste keer word SANDBOARDING ook aangebied!

Die groot behoefte is om nog baie PRYSE en items te kry vir die VEILING, GELUKKIGE TREKKINGS en 60 GESKENKSAKKIES vir alle deelnemers.

HINDERNISBORGE, waar u u besigheid kan adverteer op die roete, is beskikbaar teen R1000.

Lootjies vir die Altech Netstar R5000 Checkers koopbewys word nou teen slegs R10 by die OHS Kassiere verkoop en die wenner sal by die geleentheid aangekondig word.

Ons doen ‘n vriendelike beroep op u om die fondsinsamelingprojek te ondersteun

Ons volgende vergadering is op DONDERDAG 18 Jan  om 17:30 in die OHS Personeelkamer.

Almal is welkom!


2017 Kwagga top matrieks by Leeuwenhof
Leeuwenhof 3.jpg

Leewenhof 2 met Helen Zille.jpgLeeuwenhof 1.jpg 

Vir die tweede agtereenvolgende jaar is die Hoërskool Outeniqua baie trots dat twee van ons leerders op die Wes-Kaap se merietelys is.Hier is hulle saam met die Skoolhoof, Mnr Christo Vorster, en Helen Zille, Premier van die Wes-Kaap, waar hulle op 11 Januarie as gaste by die premierswoning, Leeuwenhof, in Kaapstad geluk gewens is.Dié twee uitstaande akademiese matriekleerders, is Emma Nel, Hoërskool Outeniqua se Top presteerder en Tiaan Swart in die tweede plek.  Met ‘n persentasie van 95,0% en 9 onderskeidings agter haar naam, is Emma ook die 2017 Dux-leerder van Hoërskool Outeniqua. Sy gaan B.Sc Wiskundige Wetenskap studeer en ‘n Matie wees. Tiaan  het 93,9% behaal en het 7 sewe onderskeidings gekry. Hy gaan vanjaar B.Rek ook by die Universiteit Stellenbosch studeer.



Die volgende musiekleerders het pragtig tydens die tweede Unisa teorie eksamens einde 2017 presteer:

Gr.1:  Adrian Havenga 77%; Juan Odendaal 83%; Ankia Heyneman slaag

Gr.2: Ruan Bath 83%; Annika van Santen 89%; Cherissa Smal 76%

Gr.3: Lente Treurnich 86%; Mia Vosloo slaag

Gr.4  Ben van Niekerk 82%; Shané van Rooyen 85%; Lunelle Botha 72%;Elka Scholtz 96%;

        Mia Moore 97%; Marize Gouws 89%; Miré Reinstorf 94%; Yzanne Potgieter 84%

Gr.5: Wilmari Erasmus 78%; Gina Theron 92%; Jewlin Jonkers 98%; Elizma Beyleveld 95%;

        Kerwin Albertus 91%; Lara Vellema 85%; Danielle Munro 90%; Liezl Lamprecht 95%   

 

 Baie, baie geluk - die musiekdepartement is baie trots op julle!


HS Outeniqua se skoolkalender vir 2018: OHS Kalender 2018.pdf
 

  

Kwagganuus Desember 2017


kwagganuus2017_08.pdf


 

Demi is Mej Heelal

Veels geluk aan Demi-Leigh Nel-Peters, wat as Mej Heelal (Miss Universe) aangewys is by 'n spoggeleentheid in Las Vegas. Ons is baie trots op jou, Demi!



 

Konsep gedragskode vir leerders

Gedragskode van Outeniqua 2018 Konsep.pdf

  

Voorgestelde wysigings aan onderwyswette

FEDSAS - Die voorgestelde wysigings aan onderwyswette en die praktiese implikasies vir beheerliggame.pdf

Geagte Ouers / Voogde

Daar is baie berigte in pers oor die beoogde wysigings van die onderwyswet. Die Hoërskool Outeniqua is geaffilieer by Fedsas (Nasionale beheerliggaamorganisasie) en hulle het die beoogde veranderings saamgevat en ook die implikasies daarvan. Lees asseblief die wysigings en die implikasies voor en reageer daarop.

As ons vir ons kinders en ons kleinkinders gehalte onderwys wil verseker sal ons 'n spanpoging moet aanwend om hierdie tipe voorstelle teen te staan.

Vriendelike groete
​C. P. Vorster


Groenportefeulje rolstoelprojek 2017


Die Groenportefeulje en die leerders van Outeniqua het die afgelope paar maande sakke vol doppies en proppies versamel om Talia van Rensburg van Laerskool George-Suid te help met haar rolstoelprojek.  In die foto saam met Talia is die Groen Korporaals van die Portefeulje wat die baie belangrike werk van papier- en plastiekherwinning op die skoolgronde behartig.  Outeniqua herwin gemiddeld 1.2 ton papier per kwartaal en versamel vier wheelie bins vol plastiekbotteljies per maand.

 

 

Prysuitdeling boekie

OHS Prysuitdeling boekie 2017.pdf

 

 

ISKA Sport Martial Arts SA Kampioenskappe 2017

Sien ons Buite Sport​ webblad vir die lys van leerders wat deelgeneem het in die onderskeie spanne daar.


Musiek

Foto: Outeniqua Hoërskool spog met die volgende pryswenners van die Jong Musikante Kompetisie:

                Marize Gouws       Beste senior fluit
                Kerwin Albertus     Beste saksofoon en Eerste senior wenner
                Mia Moore            Beste Klassieke vokale solis
                
Hierdie drie leerders tesame met dié op die foto wen ook die beker vir beste senior ensemble (in dié geval vokaal o.l.v. Me. Lynette Petersen).  
                
Agter v.l.n.r. Tasje Zeman; Nicolé Stoffberg; Bevan Wright; Luanke Pieters; Marnus van Dyk; Ben van Niekerk
Middel         Mia Vosloo; Annika van Santen; Yzanne Potgieter; Karien Herbst; Eckardt Muller; Lee Miller; Dian Swanepoel
Voor            Franco Engelbrecht; Mia Moore; Tinus Botes; Elizma Beyleveld; Marize Gouws; Ian Grobler; Kerwin Albertus
Afwesig:      Anke van der Schyff; Elisa Barnardo; Zané Smidt; Nadeane Maritz; Anneke Coetzee; Jacques Voigt

 

Foto: Die volgende leerders van Outeniqua Hoérskool het uitstekend in hul Unisa en ABRSM - musiekeksamens presteer:
Agter       Franco Engelbrecht ( ABRSM Gr. 7 Klavier 87%); Ben van Niekerk (Unisa Gr. 4 Klavier 87%); Mia Vosloo (ABRSM Gr. 1 Sang 95%)
Middel     Khayakazi Vurvur (ABRSM Gr.1 Sang 89%); Jewlin Jonkers (Unisa Gr. 5 Klavier 80%);Mia Moore (ABRSM Gr. 5 Sang 92%)
              Lente Treurnich (ABRSM Gr.2 Saksofoon 87%); Annika van Santen (ABRSM Gr. 4 Sang 88%); Lara Vellema (ABRSM Gr. 4 Fluit 80%); Marize Giuws (Unisa Gr.6 Fluit 83%)
Afwesig   Emma Cronjé (ABRSM Gr. 5 Sang 89%); Miré Reinstorf (ABRSM Gr. 5 Klavier 83%); Elizna Broekman (ABRSM Gr. 5 Klavier 83%)

 

 

 

Koshuis hoofleiers: BTH

Baie geluk aan die nuwe hoofleiers van Beyers Tehuis:

Aylan Schabort (onderhoofseun)
Chad Coetzee (hoofseun)

 

Junior Stadsraad

Veels geluk aan ons nuutverkose Junior Stadsraadlede:

Christelle Smook (onder-burgemeester)
Lené Conradie (burgemeester)

  


Kwagga Gholfdag 30 November (Fancourt)
Ouers en Ondersteuners, daar is nog geleentheid vir die borg van enkele bowwe/setperke @ R500.
Die skenk van enige PRYSE sal ook baie welkom wees.
Baie dankie aan die Hoofborg : SANLAM Privaat Welvaart en die ander ondersteunende borge.
Kontak die Bemarker by 083 632 6657 / 044 8744156 / bemarking@outeniqua.co.za
U ondersteuning word waardeer.


 

   






Kwaggas en Waltons reik uit na St Mary's

Die Junior lede van die VRL van Hoërskool Outeniqua, het in samewerking met Waltons (George) en Kiani, 'n groot verskeidenheid skryfbehoeftes aan St. Mary's Primêre Skool geskenk.

Foto: Elize Smook en Lise Norman oorhandig hier die skryfbehoeftes aan Mnr. Deyce (skoolhoof) en vyf leerders van St. Mary's Primêre Skool.​






OMK prefekte

Baie geluk aan die volgende OMK koshuis leiers wat verkies is  vir 2018 - ons wens julle baie sterkte toe.​​

​Meike Strydom, Lara Schlechter, Anuchka Julyan, Elri Neethling, Eva Diedericks, Ané Meyer, Glynnischa Kasayna, Elizma Beyleveld, Cornel Lamprecht, Nicole Benecke enTiané Stander.

Sien foto op OMK webblad​.
 

 

    

Kwagga 4x4 vir 2018

Kwagga 4 x 4 Vleesbaai Duineroete : 3 Februarie 2018 : Ouers word vriendelik versoek om by die reëlings betrokke te raak. Ons kom Donderdag 21 September om 17:30 bymekaar in die OHS Personeelkamer.

Kontak Ronél Lamprecht 044 8744156 / 083 632 6657 / bemarking@outeniqua.co.za

Baie dankie vir u ondersteuning en betrokkenheid!


 

Kwagga Lang Tafel 2018

Ouerkomitee vir Kwagga Lang Tafel 2018: Ons 1ste vergadering is op Woensdag 20 September 17:30 in die Konferensiekamer.

Kom geniet die lekker van saamwerk en raak deel van die hegte Kwagga Lang Tafel familie! ALMAL welkom!

Kontak : Ronel Lamprecht - bemarking@outeniqua.co.za / 044 8744156 / 083 632 6657​

 
 



Kennisgewing: Begrotingsvergadering

Geagte Ouers/Voogde
Hiermee gee die beheerliggaam van Hoërskool Outeniqua vir u kennis van die ouerbegrotingsvergadering.
Datum: 18 Oktober 2017
Tyd: 18:00
Plek: Personeelkamer
Die konsepbegroting sal vanaf 22 September 2017 by die finansiële kantoor beskikbaar wees. In moeilike ekonomiese tye het die skoolbestuur en die beheerliggaam daarin geslaag om die skoolgeld van 2018 met 8,5% aan te pas.

  


 

 

 

 

 

 
 

Sosiale Media veiligheid soos aanbeveel deur FEDSAS
Daar is uiteenlopende menings oor die misbruik van sosiale media en die negatiewe invloed wat dit op jongmense kan hê. Die volgende raad vir ouers en skole het onlangs in die Sunday Times verskyn:
Wat ouers kan doen…
• Wag so lank as moontlik voor u toestem om aan u kind ? slimfoon te gee met internetverbinding.  Vroeë laerskooltyd is hopeloos te vroeg;
• Persoonlike rekenaars met internetverbinding moet in die huis se gedeelde spasies (bv. kombuis / woonkamer) opgestel wees.  Verkieslik in oop areas waar ander familielede gereeld verbystap;
• Gebruik filters en monitors soos ShieldMyTeen, Net Nanny en K9 wat die meeste pornografie en geweld blokkeer;
• Praat met u kind oor sexting, kuberbullebakkery en veiligheid op sosiale media;
• Inspekteer u kind se selfoon in sy/haar teenwoordigheid.  As u die reg het om sy/haar vriende in lewende lywe te ontmoet, het u ook die reg om sy/haar aanlynvriende te leer ken om vas te stel of hulle is wie hulle sê hulle is;
• Dring aan op u kinders se wagwoorde.  Indien die wagwoorde verander word, moet u daarvan weet;
• Hou gereeld openlike gesprekke met u kinders oor die gevare van sosiale media;
Wees baie versigtig met u eie gebruik van sosiale media.  U voorbeeld is veel meer werd as reëls.
 
 


 


 

Beurtkrag inligting is op die George Munisipaliteit se webwerf beskikbaar: http://www.george.org.za/page/load_shedding
Hou ook gerus die George Herald se tuisblad dop vir huidige beurtkrag fase inligting...

 

Kloktye vir die dag kan maklik verkry word deur 'n epos te stuur aan tye@outeniqua.co.za - die nuwe dag se tye is gewoonlik van so rondom 08:00 daardie oggend af beskikbaar. Dit is ook gerieflik om die tye op daardie wyse nou op 'n mens se selfoon te kan ontvang.