Skip Navigation LinksNuus-Argief-2014

Nuus Argief 2014

Rapporte:  Afhaal van rapporte op Woensdag 10 Des 2014

Leerders kan, in gewone klere, hulle rapporte vanaf 07:45-09:00 op Woensdag 10 Desember 2014 by hulle registerklasse afhaal.

Leerders kom dus slegs skool toe, ontvang hulle rapport en kan dan direk daarna weer huis toe gaan.

 

Kalender Julie 2014 tot Des 2014.pdf

 

20141013 oggend opening.pdf

Die jaarlikse Prysuitdeling vind op Donderdag 23 Oktober plaas. Diegene wat dit bywoon moet asb. om 18:30 vir 19:00 hier wees.

 

Die bestelvorm vir die 2014 Jaarblad kan hier afgelaai word: Jaarblad Bestelvorm 2014.pdf

Hierdie seisoen se krieket datumlys is ook nou op ons webwerf beskikbaar, onder Sport -> Krieket -> Datumlys.

Baie geluk aan die Rugby 7's span met die oorwinning en ook die speler van die toernooi!

Veels geluk ook aan die Topskole skaakspan met die 2de plek in Saldanha by die Wes-Kaap toernooi.

Baie geluk met die volgende uitslae:

Krieket
Die o/15A-span het Glenwood House met 85 lopies geklop. Reinard Lotter het 7 paaltjies vir 13 lopies geneem.

Tennis
Die nuwe SWD Tennis ranglys is onder Tennis/SWD geplaas - baie geluk ook aan die Kwaggas wat daar presteer het.


 


 


 

Sien die Tennis blad vir 'n belangrike nota m.b.t. die ouer vergadering op 16 Oktober om 18:00.


Die September eksamenrooster is beskikbaar vir aflaai: OHS Eksamenrooster September 2014.pdf

 

 

English Speech Evening Results

Date: 28 August 2014

Grade 8
Winner: Elizma Beyleveld
2nd Place: Abigail Murphy
3rd Place: Candice Bartness

Grade 9
Winner: Zané Smidt
2nd Place: Merechen Koopman
3rd Place: Kayla Lombard

Grade 10
Winner: Joshua Reid
2nd Place: Lara van der Watt
3rd Place: Keanau Smit & Stéan van der Walt

Grade 11
Winner: Kayla Thirion
2nd Place: Ricco Koen
3rd Place: Marli Koekemoer

Congratulations!


 

Toutrek

Marcell Oosthuizen gr. 12B is opgeneem in die SA o/23-span, wat in die VSA gaan deelneem. Baie geluk en sterkte met die deelname.

Afrikaans Olimpiande

Die Hoërskool Outeniqua se leerders het met die afgelope jaar se Afrikaans Olimpiade uitsonderlik presteer.

Onder die top 100 in Suid-Afrika het 8 leerders gehad.

Lucinke de Klerk gr. 12, Anika Saunders gr. 12, Danielle Vellema gr. 11, Lelanie  Barnard gr. 10, Marietjie Swanepoel gr. 12, May du Plessis gr.12, Anneke Jordaan gr. 12 en Mari Folscher gr. 12  het plekke onder die top 100 in SA behaal. Vier leerders wat onder die top 20 in die Wes-Kaap en nasionaal geeindig het. May du Plessis en Marietjie Swanepoel was 7e in Wes-Kaap en 9e nasionaal. Aneke Jordaan en Mari Folscher was 6e in die Wes-Kaap en 8e nasionaal.

Algeheel het Hoërskool Outeniqua die meeste leerders van alle skole op beide die nasionale lys (8) en die Wes-Kaaplys (4)

Baie geluk aan die onderwysers en leerders

Voortrekkers

Die Voortrekkers het 'n baie intensiewe program om die kinders wat by hulle betrokke is vir hulle finale afronding voor te berei. Drie van ons leerders het die afgelope vakansie die Voortrekkers se kamp bygewoon, eksamen geskryf en 'n intensiewe program ondergaan. Kalvyn Roux het die Hoofleierswagtoekenning ontvang en Lyle-Jean Wagner en Marike Fourie het Presidentsverkenningstoekenning gekry. Baie geluk aan die drie leerders met die uitsonderlike prestasie

Rugby

Baie geluk aan Le Roux Baard, ons eerste rugbyspan kaptein en Eduard Zandberg wat opgeneem is in die SA skolespan. Baie sterkte met die internasionale wedstryde wat voorlê.

Personeel
Baie geluk aan mej. Benita de Lange en mnr. Naas Gibson wat op 5 Julie in die huwelik getree het. Mag julle huwelik 'n baie geseënde een wees.

Mnr. Ben Buys, sportorganiseerder van die skool, is na die afloop van die afgelope SA Platteland hokkietoernooi vir die SA Plattelandspan gekies. Baie geluk en sterkte met die nasionale toernooi.

Lewenswetenskap-olimpiade
Baie geluk aan Danielle Vellema wat gedurende die afgelope vakansie as die nasionale wenner van die Lewenswetenskappe-olimpiade aangewys is. Sy gaan Suid-Afrika gedurende Januarie 2015 in Australië verteenwoordig. Ons is baie trots op die puik prestasie en sterkte met die voorbereiding.

Sport
Baie geluk aan ons leerders wat aan die verskillende nasionale weke deelgeneem het. Dankie, vir die positiewe terugvoering wat ons van julle onderskeie afrigters ontvang het. Dit is baie aangenaam om te hoor dat ons leerders hulle soos ware Kwaggas gedra het.

Netbal
Mariane Breytenbach is in die groep vir die nasionale o/18-span opgeneem. Baie sterkte met die volgende rondtes proewe.

Hokkie
Baie sterkte aan die eerste seuns- en dogters hokkiespan wat van 22 Julie af aan die Brotherstoernooi in die Kaap deelneem.


 

Poort Skryfkompetisie 2014 Uitslae.pdf

 

Uitslae en gelukwensing:

1.      ATKV-debat en redenaars

Dring deur na die AKTV redenaars se finaal: Marli Koekemoer (seniors) en Juane Cronje (juniors)

ATKV debat finaal: Seniors span: Marli Koekemoer en Tanya Lingenfelder en een junior span bestaande uit Juane Cronje, Chloe de Swardt en Simoné van Niekerk.

Hulle neem die naweek van 15 en 16 Augustus in die finaal deel.

2.      Atletiek

Jo-ane van Dyk 47 m tydens die Afrika-kampioenskappe gegooi en daarmee die goue medalje verower.

3.      Muurbal

Geluk aan ons muurbal spanne hulle het 6 wedstryde gewen en 2 teen Paarl Gim verloor.

 


 

Kwaggas na ATKV finaal: Vyf Kwaggas gaan op 15 en 16 Augustus in Rustenburg aan die finaal van die ATKV se nasionele redenaars- en debatskompetisies  deelneem.  Op die foto is:


Voor: Chloé de Swardt (junior debat) en Simoné van Niekerk (junior debat).
Agter: Marli Koekemoer (senior debat en senior redenaars), Tanya Lingenfelder (senior debat) en Juané Cronjé (junior debat en junior redenaars).


Duhan van der Merwe (Matriek 2013) het op 3 Junie na Nieu Seeland gevlieg om hom by die Suid-Afrikaanse o/20-rugbyspan aan te sluit. Baie geluk en sterkte met die wêreldbeker.


Verhoogstuk "Labels" 'n groot sukses! Sien Kultuur/Drama bladsy vir volle berig.

Op Dinsdagaand 27 Mei word 'n inligtingsaand vir alle graad 9 leerders en hul ouers in die skoolsaal gehou, m.b.t. hul vakkeuses vir volgende jaar. Dit begin om 18:30 en sal ongeveer 2 tot 2 1/2 ure lank duur. Leerders wat dit bywoon moet in skooldrag wees.

Die nuwe K.O.S. elektroniese stelsel is in gebruik geneem en die nuwe webwerf ook gefinaliseer!​