Skip Navigation LinksNuus-Argief-2015

​Nuus Argief 2015

 

Bekendmaking van Matriekuitslae
  • Woensdag 6 Januarie 2016 om 12:00 in die skoolsaal
  • Woensdag 6 Januarie 2016 om 15:00 op die WKOD webtuiste: http://wced.school.za​ (eksamennr & IDnr nodig)
  • Donderdag 7 Januarie 2016 word in pers gepubliseer

 

Skool heropen op Woensdag 13 Janaurie 2016 om 07:30 vir alle gr 9-12 leerders. Die nuwe graad 8 leerders moet egter reeds op Dinsdag 12 Januarie om 08:00 by ons skool aanmeld. Daar sal op 13 Januarie 'n saalbyeenkoms vir al ons leerders in die skoolsaal plaasvind.​


 

Die amptelike November 2015 eksamenrooster is nou beskikbaar: OHS Eksamenrooster - 2015-11.pdf 

Gr 12 FINALE Eksamenrooster Okt - Des 2015.pdf


Marli Koekemoer en Tanya Lingenfelder was 6e by die ATKV Debat se senior landswye finaal. Elizma Beyleveld was 7e in die ATKV Redenaars se Junior Onvoorbereide afdeling.  

 

 

 

 

Johan Potgieter het twee trofeë by die Loerie George Eisteddfod gewen, nl.:
Senior afdeling: Beste Vokaal
Senior afdeling:  Veelsydigheid.  Baie geluk aan Johan.

 

 

Anri van der Merwe het vir die SA o/19-span aan die wêreldkampioenskappe in onderwaterhokkiespan deelgeneem. Hulle het in die finaal teen New Zealand gespeel en die wedstryd gewen. Baie geluk! 

 

 

Skryfskool aangebied deur Deon Meyer in samewerking met die Bloemfonteinse skryfskool en NALN tydens die naweek van 22 aug 2015.


Irene Saunders behaal eervolle vermelding in die senior afdeling vir skole.

 

 

SKOOLKOOR BEKOOR!

 

Die skoolkoor van HS Outeniqua het tydens die afgelope Outeniqua Koorfees die gehoor en beoordelaar met hul pragtige suiwer koorsang oorrompel.  Volgens die beoordelaar, Louis van der Watt (verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se Konservatorium) is "hierdie 'n koor om op trots te wees.  Julle liedkeuse was baie gepas en julle sing gevoelvol en met toewyding.  Hou so aan!"

Die koor spog met 1 A-simbool, 2 A+'e en 1 A++

Die koor bedank graag vir me. Seugnét Heyneman (koorleier) en me. Kobie Liebenberg-Smith vir hul puik afrigting en begeleiding.  Sonder hul toewyding sou ons nie met sulke punte kon spog nie.

Dankie ook aan elke ouer wat hul kind betyds afgelaai het en hul kind ondersteun in hierdie wonderlike kultuuraktiwiteit.  Ons is baie dank aan julle verskuldig!

 

Cantamus Kompetisie

Hierdie is die eerste Tuinroete Koor Kunstefees en Kompetisie en altesaam tien kore van sover as Pretoria, Randfontein, Bloemfontein, Potchefstroom, e.a. het deelgeneem. Ons vokale ensemble het met siektes en al die afdeling vir gemengde hoërskool gewen en 'n pragtige beker huis toe geneem. Die koor wat die meeste verstom het, was 'n Bloemfonteinse meisieskool, wat hul afdeling vir meisiekoor gewen het, maar ook as algehele wenner gekroon is. Die sowat sewentig meisies het veral met keuse van repertorium en perfekte afgerondheid die beoordelaars oorrompel. Ons is meer as trots op ons eie ensemble – hulle het pragtig gesing en hul beste gelewer! Baie geluk!!

 

Baie geluk aan al die Kwaggas wat op Maandag 10 Aug aan die Kwaggadag interskole teen Struisies deelgeneem het.

 

Baie geluk aan Kwagga skaakspelers George Swart en Suné Swart – a.g.v. hul prestasies gedurende die IPT in Kaapstad tydens die Julie skoolvakansie, is hulle verkies tot die SA span, wat gedurende 21-30 Augustus 2015 in Botswana aan die Afrika Individuele Toernooi gaan deelneem. Dit is voorwaar ‘n groot prestasie en ons wens hulle baie sterkte en voorspoed toe!

 


 

32ste Outeniqua Koorfees om die draai

 

Die Hoërskool Outeniqua skud hul kultuurvere reg om op 11, 12 en 13 Augustus 19 plaaslike kore vir die jaarlikse Outeniqua Koorfees te ontvang.

Hierdie geleentheid is al 'n instelling in die Suid-Kaap en beloof om koorliefhebbers met hoë kwaliteit koorsang te bederf.

Die geleentheid vind by Denneoord NG Kerk in Wallisstraat plaas.  Die program skop elke aand om 19:00 af.

Louis van der Watt tree as beoordelaar op.  Hy is verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se musiekdepartement en rig sedert 1996 die Studentekerkkoor, Canticum Novum af.  Hy tree nasionaal as eksaminator vir Unisa en ander musiekkompetisies op.

Kaartjies is slegs by die deure te koop teen R20 (volwassenes en kinders).

Navrae kan gerig word aan HS Outeniqua by 044 – 874 4156.

 

OHS Kalender 2015.pdf - Skoolkalender vir 2015.

​ 


 

 

 

  
OHS Opkomende gebeure:
* Outeniqua Groen Hart / Binnetuin projek
* Wear Art 2015
* Kwagga Lang Tafel
* Oud-Kwaggas in SARIE

 

 

 

 

 

 

 

 

Die Prysuitdeling begin vanaand - Donderdag, 22 Oktober - stiptelik om 19:00, maar leerders wat betrokke is moet om 18:30 alreeds hier wees.

 

Dinsdag 20 Okt is die laaste dag vir die Kwagga matrieks en HS Outeniqua sal om 13:00 vir alle leerders verdaag.

 

Jaarblad - bestellings kan nog tot 21 Oktober geplaas word:

OHS Jaarblad Nuusbrief 2015.pdf

OHS Jaarblad Bestelvorm 2015.pdf

 

 

Hoërskool Outeniqua sal op Maandag 12 Oktober 2015 om 07:30 heropen, met DAG 3 op die rooster. 

 

5 Oktober is Wêreld Opvoedersdag en ons wil graag al ons onnies wat so hard werk om die Kwagga leerders voor te berei vir 'n suksesvolle toekoms hartlik bedank vir hul toewyding en opofferings, wat so dikwels maar net as vanselfsprekend aanvaar word, sonder enige erkenning...

Let ook daarop dat 12 Oktober (wanneer die skole heropen) nasionale Bandana-dag is. Koop gerus 'n bandana by deelnemende winkels, ter ondersteuning van mense (veral kinders) met leukemie. (Google gerus vir Bandana Day, om meer hieroor te lees).

 

HS Outeniqua sluit op Donderdag 1 September 2015 om 12:00 vir leerders en op Vrydag 2 September om 11:00

 

OHS Eksamenrooster - 2015-09 Gr12.pdf
OHS Eksamenrooster - 2015-09 Gr08-11.pdf

 

 

Neem kennis dat daar op 4 en 5 September 2015 'n o/15 SWD Tennistoernooi by HS Outeniqua plaasvind.

 

 

 

 

 

 

OHS Sportprogram 20150815 vs Brandwag.pdf

Besoek gerus die AWSUM koerant se Kwaggadag 2015 webblad by

http://issuu.com/tiemedia/docs/suid-kaap_interskole_2015

 

OHS Sportprogram vs Struisies 2015.pdf

OHS Sportprogram 2015 vs Framesby.pdf - Saterdag 1 Aug

Hoërskool Outeniqua wens almal 'n aangename vakansie toe. Rus lekker en kom weer veilig terug huis toe indien julle iewers heen reis.

Die 3de kwartaal sal op Maandag 20 Julie om 07:30 begin,

met dag 9 op die rooster.

OHS Kalender 2015.pdf - Skoolkalender vir 2015.

 

Kwaggas lei veilige bestuurders op

Ons by Outeniqua & TAVCOR GEORGE besef hoe belangrik dit is om jongmense te help om goeie landsburgers te wees en help dus die leerders met die verkryging van hul motorbestuurslisensies.

Ons bied die teoretiese klasse ter voorbereiding vir die leerlinglisensie middae na skool aan.  Daarna vind die praktiese gedeelte plaas met die voertuig wat TAVCOR tot ons beskikking stel.  Op die foto ontvang 3 leerders wat alreeds hul lisensies verkry het, 'n geskenk van TAVCOR.

 

Op die foto (vlnr) is: Mnr Deon Uys (Tavcor), Me Christa Barnard (Tavcor), Jason Botes, Sean Joubert, Jacques de Bruyn, en Mnr Frans de Swardt.


 

Erekleure:
ELF Kwaggas het onlangs die hoogste toekenning wat deur Hoërskool Outeniqua aan uitmuntende presteerders toeken, nl. EREKLEURE, ontvang. Hulle verskyn soos volg op die foto:  
Agter: Barry Botha (Atletiek).
Voor:  Minneke van der Merwe (Atletiek), Meike Strydom (Atletiek), May du Plessis (Veelsydigheid Sport en ook Tweekamp), Marli van Heerden (Tennis), Marli Droomer (Gimnastiek), Chantèl Kritzinger (Veelsydigheid), Chenè Bekker (Jukskei), Zanè Fourie (Atletiek), Andri van der Merwe (Onderwaterhokkie)  

 
Afwesig op die foto: Jo-Anè van Dyk (Atletiek) en Jacques du Bruyn (Landsdiens)
 
Marli van Heerden, Jo-Anè van Dyk, Barry Botha, Meike Strydom, Andri van der Merwe en Chenè Bekker het ook die Nobilitat Labor toekenning ontvang.

 

 

Die skoolswembad is herstel en op 12 Februarie vir die eerste keer vanjaar gebruik. Baie dankie aan Willie Vermaak vir sy harde werk om die swembad reg te kry. Sy kundigheid en werketiek het veroorsaak dat alles by die swembad glad verloop.

 

 

Die volgende musiekleerders het einde 2014 soos volg in teorie eksamens presteer: Unisa - Johan Potgieter Gr.5  98%; Rocco Volschenk Gr.5  95%; Suzanne Kotze Gr.5  83%;Malisa Ferreira Gr.4  92%;

Felicia Lategan Gr.4  89%; Melinda Jansen van Nieuwenhuizen Gr.4  81%; Zenia Dippenaar Gr.3  98%; Danielle Munro Gr.3  95%;Simone du Plessis Gr.3  89%;  Dawid van der Vyver Gr.3  88%; Andria de Bruin Gr.3  85%; Mireze Volschenk Gr.3  84%; Liezel Lamprecht Gr.3  61%; Elisma Beyleveld Gr.2  92%; Charne van der Westhuizen Gr.2  80%; Gina Theron Gr.2  77%; Trystan Strauss Gr.1  100%.

Royal Schools – Louise Swanepoel Gr.5  88%; Jaydee Petersen Gr.4  67%. Baie geluk aan al hierdie leerders – ons is baie trots op julle!

 

Ilse-Mari Holtzhausen is as junior onder-burgemeester verkies en Jane Neethling as die tesourier van die junior stadsraad. ​Baie geluk en sterkte met die ampstermyn.

 


 

 


 

 

Skool tye vir Vrydag 26 Junie 2015:

Die skooldag begin vir alle leerders om 07:10 en hulle begin kort daarna met die dag se eksamens
Skool sluit om 10:30


 

Junie 2015 eksamenrooster beskikbaar! OHS Eksamenrooster - 2015-06 Finaal.pdf

LW Daar was wysigings aan die eksamenrooster en hierdie is die finale weergawe, soos op 26 Mei gepubliseer.


 

OHS Sportprogram vs Langenhoven Gim - 6 Jun 2015 Finaal.pdf
OHS Netbalprogram teen Oakhill 2015.pdf
OHS Hokkieprogram teen Oakhill 2015.pdf
OHS Rugbyprogram teen Oakdale 2015.pdf

Die tweejaarlikse HS Outeniqua Ontwerp Biennale vind weer vanjaar op Saterdag 30 Mei plaas. Maak gerus 'n draai!

Verdere inligting kan hier afgelaai word: OHS Biennale 2015.pdf


 


 

HS McLachlan Sportdag 23 Mei 2015 - Reelings aan skole.pdf

HS McLachlan Sportdag 23 Mei 2015 - Netbalprogram.pdf

HS McLachlan Sportdag 23 Mei 2015 - Rugbyprogram.pdf


 

Kom ondersteun gerus die talentvolle Kwaggas wat deel is van hierdie jaar se Kabaret!

 
(Kliek vir 'n groter weergawe van die Kabaret plakkaat)

 

OHS Sportprogram vs HTS Drostdy - Sat 2 Mei 2015.pdf


 

Paarl naweek sportprogramme:

Sportprogram KWAGGAS vs HJS en HMS 17-18 April 2015.pdf

OHS Paarl naweek 2015 - Rugby.pdf

OHS Paarl naweek 2015 Hokkie - Finale Program.pdf


 

Gholf: Jovan Rebula is verkies as lid van die Mans SA gholfspan en het sodoende sy Senior Springbok kleure ontvang. Jovan neem vanaf 14 tot 19 April aan die Zone 6 Amateur Afrika Kampioenskappe deel in Uganda. Baie sterkte Jovan - Kwaggaland hou styf duim vas vir jou!!!

Jukskei:  Baie geluk aan Amoré Slabbert (gr. 11) wat verkies is as kaptein van die Wes-Kaap o/30 Jukskeispan wat aan die SA kampioenskappe op 4 – 10 April 2015 in Kroonstad gaan deelneem. Kwaggaland is baie trots op jou!!


 


 

Ons skool sluit op Vrydag 17 April om 13:00 a.g.v. die Paarl sportnaweek.


 

Die skool sluit op Woensdag 1 April om 10:30


 

Sterkte aan Reinhard Haupt en Lissa Fourie wat op die 16 de Maart  aan die SA vlak 3 swem kampioenskappe gaan deelneem.

 

Die Maart 2015 Eksamenrooster kan hier afgelaai word: 

OHS Eksamenbrief Maart 2015.pdf

 

 

Kom geniet die aand saam en ondersteun terselfdertyd vir CANSA!

 

 

Outeniqua ouer hokkie vergadering:

Dinsdag 24 Februarie 2015, om 18:00 in HS Outeniqua skoolsaal.

 

Rapporte:  Afhaal van rapporte op Woensdag 10 Des 2014

Leerders kan, in gewone klere, hulle rapporte vanaf 07:45-09:00 op Woensdag 10 Desember 2014 by hulle registerklasse afhaal.

Leerders kom dus slegs skool toe, ontvang hulle rapport en kan dan direk daarna weer huis toe gaan.