Skip Navigation LinksNuus-Argief-2016

Nuus Argief 2016


RAPPORTE

Leerders of ouers kan rapporte op Woensdag 7 Desember TUSSEN 08:00 en 09:00 by die leerder se registerklas afhaal. LW dat rapporte nie na 09:00 meer verkry kan word, behalwe in gevalle waar reëlings vooraf getref is, aangesien onderwysers dan nie meer by die skool beskikbaar sal wees nie.


 

Swem

Die volgende swemmers  het aan die Eden(SWD) Lang bad kampioenskappe deelgeneem 26-27 Nov 2016

Eugene vd Merwe:  8 Goud, 1 Silver, 1 nuwe rekord en aangewys as SNR Victor Ludorum.
​Gustav Schlecter  :  2 Goud, 3 Silver
Lune vd Westhuizen: 1 Goud en 3 Silver
Wehan Human: 3 Goud, 1 silver en 2 Bronz
Andre Kleynhans: 4 Goud ,5 Silver
Rigert Beukes  :  1 Goud 5 Bronz


 

HS Outeniqua se skoolkalender vir 2016 kan hier afgelaai word: OHS Kalender 2016.pdf


 

Eksamen November 2016

OHS Nov 2016 eksamen nuusbrief.pdf

OHS Eksamenrooster - 2016-11 - Gr 8-11.pdf

Matriek eindeksamenrooster:NSS Eksamenrooster 2016.pdf 


 

Nuwe rugsak


 

Blou Bulle Gholfdag


 

Gholfdag inskrywingsvormOHS Blou Bulle Gholfdag 2016 Inskrywingsvorm.pdf


 


 

Biathle / Triathle

Ons wil graag hiermee drie top atlete gelukwens met hul merkwaardige prestasies wat hul die afgelope week (21ste tot 23ste Oktober) in Sarasota, VSA bereik het. Gustav Schlechter, Lara Schlechter en André Kleynhans het aan die UIPM Biathlé / Triathlé Wêreldkampioenskappe deelgeneem en met altesaam 5 medaljes tussen die drie van hulle huis toe gekom.

Die uitslae is soos volg:

Gustav Schlechter       o/14       Biathlé Aflos       =             2de (Silver)

                                              Biathlé               =             1ste (Goud)
                                              Biathlé span       =             1ste (Goud)

Lara Schlechter        o/16         Biathlé                =             13de
                                             Biathlé span         =             3de (Brons)

André Kleynhans      o/16        Triathlé Aflos        =             7de
                                             Triathlé                =             4de
                                             Triathlé span        =             2de (Silver)

Kwaggaland is trots op julle!!


 
Sanlam WOW Spelfees 2016

Marilie Putter (gr 8) en Marizyl Marais (gr 10) het op Saterdag 10 September aan die provinsiale kompetisie van die SANLAM WOW Spelfees in Stellenbosch deelgeneem. Altwee het hul afdelings gewen en gaan op 22 Oktober die Wes-Kaap by die nasionale kometisie - weer by die Universiteit van Stellenbosch - verteenwoordig.

Sien foto op ons Kultuur ​webblad.

 
Wenners van die interne Engels toespraakkompetisie
Veels geluk aan al ons leerders wat deelgeneem het en veral ook met die wenners se uitslae. Sien gerus die lys met name op ons Kultuur ​webblad.
 
Hokkie
 
 
 
Skaak
 
Welgedaan Skwaggas, met die uitstekende spel wat gelewer is tydens die Wes-Kaap Topskole toernooi in Mosselbaai! Ons o19A span het silwermedaljes verower en ook gekwalifiseer vir deelname aan vanjaar se SA Topskole, wat gedurende die Oktober skoolvakansie in die Kaap gaan plaasvind. Ons o15A span het welverdiende bronsmedaljes ontvang en met slegs 2 spelpunte uitgemis daarop om ook deur te gaan na die SA Topskole...
 
 
Kwaggaraad (VRL) 2016/2017

Veels geluk en baie sterkte met die groot verantwoordelikheid!

Graad 12 seuns

Fouché, Thomas (Hoofseun)
Van Greunen, Botha (Onderhoofseun)
Kruger, Albert
Lombard, Pieter-Jean
Maritz, Dian
Meiring, Louis
Mollentze, James-Henry
Rademeyer, Paul
Swanepoel, Barry
Van den Heever, Frans
Zietsman, Pieter

Graad 12 dogters
Engelbrecht, Emma (Hoofdogter)
Coertze, Annuske (Onderhoofdogter)
Fourie, Lissa
Lamienie, Domenise
Loock, Danika
Mulder, San-Mari
Nel, Emma
Roux, Andrée
Van der Merwe, Minneke
Visser, Suné

Wolmarans, Kiara

Graad 11
Aucamp, Bianca
Coetzee, Chad
Miller, Lee
Vorster, Melissa

Graad 10
Conradie, Lené
Nortje, Bennett
Smook, Christel

Graad 9
Labuschagne, Nikita
Tromp, Henry
Vermeulen, Schalk


Vrydag 4 November
Ons skool verdaag op Vrydag 4 Nov om 13:00


​Jaarblad 2016

Bestelvorms is beskikbaar op ons webwerf (sien skakel net hier onder in geel), in Nuusbrief 8 en by die administratiewe kantoor.  Individue en besighede kan 'n bladsy borg en dan word die naam onderaan 'n bladsy gedruk.  Besonderhede op die bestelvorm.

 
 Jaarblad
Die 2016 HS Outeniqua Jaarblad bestelvorm kan hier afgelaai word: OHS Jaarblad Bestelvorm 2016.pdf
 

 
Ontwerp Graad 12 uitstalling

 



 

 
 
Dinsdag 20 September
Die skool kom vir die gr 8-11 leerders op Dinsdag 20 September om 13:00 uit en NIE meer om 13:30 soos voorheen aangedui nie!
 ​
 
Eksamentyd
HS Outeniqua sal vir graad 8-11 gedurende die September eksamen daagliks om 13:00 verdaag.


 

Beheerliggaamverkiesing op 15 September
NB! NB! NB! Onthou môre (Don 15 Sept) beheerliggaamverkiesing heeldag... Stem sommer by die hekke!

 
Groendag
 

Ons Groen portefeulje hou op 26 Augustus die jaarlikse Groendag.  Leerders kan van die groen veters, haarstrikke en lapelwapens ("badges") wat deur die Groenportefeulje gemaak is teen R5 koop en op Groendag dra. Geelhoutboompies, Spekboompies en Swarthoutboompies sal ook te koop wees.​

Groendag word jaarliks gehou om leerders en die publiek bewus te maak van die noodsaaklikheid van herwinning en hergebruik asook die belangrikheid van bome aanplant.


 
Sien die Groen Portefeulje webblad vir meer inligting en plakkate. Daar sal ook 'n geleentheid wees om jou talente in ons Groendag Tuinteaterkonsert ten toon te stel.


 

Paarl Gim interskole Vrydag 19 Augustus

HS Outeniqua sal op Vrydag 19 Aug om 12:45 verdaag. Busse sal kort daarna na Paarl vertrek.

Tennis en skaakspanne vertrek reeds Vrydagoggend tussen 08:00 en 08:30.

OHS Sportprogram 20160820 Paarl Gim.pdf

Rugby: Paarl Gim XV vs Outeniqua XV, 20 August 2016 live stream - YouTube Live stream



 

Brandwag interskole

OHS Sportprogram 20160813 Brandwag.pdf
Op versoek van HS Brandwag sal ons om +-12:00 Saterdag met die skaak teen hulle begin.

 

Outeniqua Koorfees

Die Outeniqua Koorfees word by Denneoord NG Gemeente aangebied en vind plaas op 16, 17 en 18 Augustus.  Daar is elke dag twee optreesessies:  om 17:00 én om 19:00.  Toegang is R20 per persoon (volwassenes en skoliere) en word slegs by die deure gekoop.

Sien verdere besonderhede hieroor op ons Koorfees webblad onder Kultuur/Musiek

 

Van Rensburgs Foods Kwagga  Wynveiling

Die nou reeds bekende en gewilde jaarlikse wynveiling vind vanjaar weer op 12 Augustus  om 18:30 in die George Stadsaal plaas. Hierdie is die Kwagga Trust Plus se jaarlikse gemeenskapsprojek met skenkings onder andere aan Emmaus, Carpe Diem, Outeniqua se Geelhoutboomprojek en Calitzdorp NG Kerk se gemeenskaps projek.

​Vanjaar Is Charles Hopkins , De Grendel se keldermeester die afslaer. Tafels kan bespreek word by Johan Botha 0825735537 , koste is R1500 per tafel vir 10 persone, dit sluit ‘’n heerlike driegang maal en 6 bottels gratis tafelwyn van ‘’n besondere kelder in.

 

 

Interskole teen HS Framesby
OHS Sportprogram 20160730 Framesby.pdf (ook skaak teen York High en PW Botha)


 

Graad 9 vakkeuse inligtingsaand

Donderdag 28 Julie om 18:00 in ons skoolsaal.

 

Skaak

Die George Topskole toernooi vind eerskomende Saterdag - 23 Julie - in ons skool se gimnasium plaas. Daar sal 4 van ons Skwagga spanne in aksie wees - kom ondersteun gerus vanaf 08:00.

Gerurende die Julie skoolvakansie het George Swart en Suné Swart in Durban aan die SA Skolesport Skaakkampioenskappe deelgeneem en weereens puik presteer. Sien ons skaak webblad vir verdere inligting hieroor.


 

Interskole teen HS Punt

OHS Sportprogram 20160723 HS Punt.pdf


 

Kwagga Lang Tafel


 

 

​Eksamenrooster - Junie 2016

OHS Eksamenrooster - 2016-06 - Gr 8-12.pdf



 


 

!mpak portefeulje projek: Manna vir ons boere


Maak asb. jul harte en beursies oop ter ondersteuning van hierdie goeie doel, waarvoor 30 Kwaggas met fietse die lang pad Kaap toe gaan aandurf... Vir die volle plakkaat met meer inligting, kliek op die banier hier bo en besoek ook die !mpak portefeulje se webblad op ons werf, onder Leierskap > Portefeuljes.



 

 

 

 

Skaak

Welgedaan aan ons 3 skaakspanne wat tydens die Eden Topskole op Vrouedag met hul puik spel en kanniedood veggees deurgedring het tot die Wes-Kaap topskole toernooi, wat eersdaags by Curro Mosselbaai plaasvind. Ons is baie trots op julle en wens julle voorspoed toe met daardie groot geleentheid.

 


Hoërskool Outeniqua IMPAK Portefeulje oorhandig R170 000 aan Caring Daisies se Manna vir die boere projek


 Ons IMPAK Portefeulje het ‘n fietstoer aangepak vanaf 25 Junie tot 30 Junie met die doel om vir die boere te wys dat hul nie alleen is in die droogtetydperk nie, om dankie te sê vir hul hande-arbeid om te sorg dat ons elke dag kos op ons tafels het en dan om geld in te samel vir die boere wat steeds deur die droogte geraak word. Die projek is aangepak ten bate van Caring Daisies se Manna vir die boere projek.

Vir die volle berig en foto hieroor, sien gerus ons !mpak portefeulje se webblad onder Leierskap/Portefeuljes.

 
AWSUM koerant aanlyn

Lees gerus die AWSUM hier: https://issuu.com/tiemedia/docs/southern_cape__july__primary_-_high

 

 

Suid-Kaap Kinderkoor

Baie geluk aan die Suid-Kaap Kinderkoorlede van Hoërskool Outeniqua wat Suid-Afrika, asook die vasteland van Afrika, (op uitnodiging) by die 64ste Europese Musiekfees vir Jongmense in Neerpelt, Belgie, verteenwoordig het, en 'n 1ste Plek (cum laude 90-96%) by die kompetisie bereik het. Vir meer inligting en die lys van name, sien gerus ons Kultuur webblad.


 

Skaak

Baie geluk aan die Skwaggas wie ingesluit is in die Eden spanne vir vanjaar sa SA Junior Skaakkampioenskappe, wat tydens Desember 2016 in Boksburg plaasvind. Die volledige lys met name, asook verdere inligting verskyn op ons Skaak webblad.


 

Netbal:  1ste span onder Top 10 in SA​

Ons is baie trots op ons netbal 1ste span wat tans die 8ste plek op die FNB ranglys in SA beklee. Sterkte met die res van die seisoen en bou voort op hierdie mooi prestasie.
 

 

Toutrek

Joléne Gous is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Wêreld Buitelug Toutrek Kampioenskappe ("World Outdoor Tug-of-War Championships"), wat tydens 8-12 September 2016 in Swede plaasvind. Baie geluk!

 

Wetenskap Jeug Fokusweek

Tiaan Swart (Graad 11A) is genooi om die Nasionale Jeug Wetenskap Fokusweek by te woon, tydens 26 Junie - 1 Julie​ in Pretoria. Slegs die Top 100 leerders in die land per Olimpiade-vraestel word uitgenooi. Hy het deelgeneem aan die Nasionale Fisiese Wetenskappe Olimpiade.


 

Hokkie

Baie geluk aan Kwaggas wat in die onderskeie dogters- en seuns- SWD-hokkiespanne opgeneem is​.

Sien gerus die Hokkie webblad vir die lys van betrokke spelers.



 

Netbal

Baie geluk aan die netbalspeelsters wie verkies is tot die onderskeie Wes-Kaap netbalspanne. Die spanne is op ons Netbal webblad aangebring.


 

Redenaars en debat

Baie geluk aan die volgende redenaars- en debatleerders wat na die ATKV se nasionale finaal deurgedring het:

DEBAT:

Janél van Jaarsveld, Alida Fölscher, Dawid Fölscher, Dihan Goussard, Emma Cronje, Hanro Müller en Rhodé Ferreira.

REDENAARS:

Hanro Müller en Rhodé Ferreira.

Kwaggaland is baie trots op julle!


 
 

Muurbal - SA Plattelandspan

Ons  muurbalspelers het weereens pragtig presteer en 8 Kwaggas is in die SA Plattelandspan opgeneem.  Ons wens hulle alle sukses toe vir die  Interprovinsiale toernooie in Junie. Sien gerus ons muurbal webblad​ vir die betrokke Kwaggas se name.


 

Muurbal eerstespan spelers


 

Die  eerste seuns- en dogtersmuurbalspan van Hoërskool Outeniqua pronk hier in hulle pragtige spandrag.  Ons bedankdie borg, JP Spares, wat reeds vir die afgelope aantal jare die kleredrag borg.  Ons wens die span ook alle sukses vir die seisoen toe.


 

Hokkie - SWD proewe

Sien ons hokkie datumlys webblad​ vir inligting m.b.t. die SWD hokkie proewe van 6-10 Mei


 

Debat

Baie geluk aan die Kwaggas wat deurgedring het na die Semi-finaal van die ATKV debatkompetisie. Die spanne word op ons Debat webblad (onder Kultuur) aangedui.


 

Redenaars

Baie geluk aan die Kwagga leerders wat deurgedring het na die Semi-finaal van die ATKV redenaars kompetisie, wat op 20 Mei by Hoërskool Outeniqua plaasvind. Sien die name en details op ons Redenaars webblad onder Kultuur. 


 

Agter: Zoë Giliomee; Mia Clark; Simoné Heyneman; Jacques Voigt; Emma Cronje.
Voor: Christel Smook; Rianli Badenhorst; Hanro Muller; Rhodé Ferreira; Simoné van Niekerk.
Afwesig: Amoreen Engelbrecht; Elizma Beyleveld. 


 

Hokkie nuus / uitslae

Baie geluk aan die volgende leerders van Outeniqua se eerste seuns hokkiespan. Hulle is by die Fairmont hokkie toernooi gekies om in Ierland te gaan toer! Dit is 'n wonderlike geleentheid en ons glo dat hulle dit sal geniet!

  • Chairo Africa
  • Marc Fouché
  • Nicklas Redelinghuys

 

Muurbal

Die SWD-muurbalspan vertrek eersdaags na Bloemfontein waar hulle aan die SA Plattelandtoernooi vanaf 29 April tot 2 Mei sal deelneem.  Outeniqua Hoërskool wens die KWAGGAS in die span alle sukses toe.

 

 

Paarl Boys' en Girls' High

Veels geluk aan al die spanne wat hard gespeel en goed gevaar het tydens die groot sportdag. Welgedaan in besonder aan ons eerste seunshokkiespan met 'n mooi oorwinning. Sien die onderskeie sporte wat betrokke was se uitslag bladsye vir meer details i.v.m. die uitslae.

OHS Sportprogram 20160409 Kwaggas vs Paarl Boys en Girls.pdf (opgedateer: 8 April om 10:15)

 

Nedbank en WK Provinsiale Tesourie en Onderwys Ekonomie opstelkompetisie

 

René Wolmarans, graad 12  Ekonomie-leerder aan Hoërskool Outeniqua het onlangs die eer te beurt geval om as beurswenner tydens  NedBank en die Wes-Kaapse Provinsiale Tesourie en Onderwys se opstelkompetisie aangewys te word. Die aankondiging van die wenners het in Kaapstad tydens 'n spogfunksie plaasgevind wat onder andere deur die provinsiale ministers van Finansies & Onderwys bygewoon is.

Die fokus van René se opstel was alternatiewe energiebronne se positiewe effek op ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika. Tydens die evalueringsfase moes René ook 'n aanbieding oor die onderwerp aan 'n paneel kenners doen en 'n vraag -en antwoordsessie deur die beoordelaars deurloop.

Die studiebeurs wat sy losgeslaan het dek haar volle B.Rek - studies aan die Universiteit van Stellenbosch. René is die sesde Kwagga wat die gesogte studiebeurs wen sedert die aanvang van die opstelkompetisie.

Hier verskyn René saam met haar trotse pa, Kobus Wolmarans.

 

Mnr & Mej Kwagga

O
Ons jaarlikse Mnr en Mej Kwagga vind weer op 13 April vanaf 18:00 in die skoolsaal plaas. Kaartjies is teen R50 te koop by ons kassiere of enige IMPAK portefeuljelid.

 

Gholf

Christo Lamprecht het tydens die Maart skoolvakansie aan NOMADS gholfgeleenthede deelgeneem. Hy verwerf 'n 2de plek in die NOMADS North South Junior Kampioenskappe te Kimberley. Verder neem hy deel aan die NOMADS SA Boys U19 Strokeplay Kampioenskappe te Bloemfontein en kwalifiseer vir die SA Boys U19 Matchplay Kampioenskappe. Christo verwerf gevolglik die 3de plek in die SA Boys U19 Matchplay Kampioenskappe wat hom tans die 10 de posisie op die SA Junior (U19) Ranglys besorg en die No 1 Junior Gholfer in die Suid Kaap.


Foto deur Pieter Els

 

Tweekamp

Daar het 9 van Outeniqua se atlete deelgeneem aan die S.A Tweekamp byeenkoms wat op 25-26 Maart in Bloemfontein plaasgevind het en hulle puik van hul taak gekwyt. Gustav Schlecter het 'n Brons medalje verower vir seuns o/15.

Ongeveer 55 atlete per ouderdomsgroep het aan elke item deelgeneem. Die volledige lys van die Kwaggas wat daar deelgeneem het se uitslae kan op die Tweekamp blad gevind word.

 

Netbal

Ons 1ste span en o/16A het die vakansie aan Waterkloof se toernooi gaan deelneem.  Dit was een van die grootste netbal toernooie landswyd, met meer as 123 spanne, 42 skole en 1230 netbalspeelsters. Meer as 700 wedstryde is gespeel.

Ons spanne het hul baie goed van hul taak gekwyt. Ons het gemengde welslae bereik, maar het bewys dat ons as een van die sterk netbalskole gereken kan word. Met meer van hierdie tipe blootstelling hoef ons speelsters vir niemand terug te staan nie. Ons speelsters was goed gedissiplineerd, entoesiasties en volgens al die skeidsregters daar, die skool met die beste gesindheid op en van die baan. Welgedaan meisies! Sien gerus die uitslae op die Netbal blad.

 

Hokkie

Vier Kwaggaspanne het aan die 2016 Henties Kwagga Junior Hokkieweek toernooi deelgeneem: twee seuns- en twee dogterspanne. Die spanne het goeie sportmangees getoon. Die doel van deelname aan die toernooi is dat spelers mekaar sal leer ken, ervaring sal opdoen en dat die span sal verbeter voordat die hokkieseisoen begin.

Vir die volledige berrig en uitslae van hierdie en ander hokkietoernooie, besoek gerus die betrokke hokkie webblaaie op ons werf.

 

Skaak

Ons 1ste skaakspan het tydens 17-20 Maart die Wes-Kaap in 'n IPT in die Oos-Kaap gaan verteenwoordig, en met die uiters sterk Oos-Kaap kampioene, Hoërskool Brandwag, kragte gemeet In rondte 1 het Brandwag die Skwaggas behoorlik laat klippe kou met 'n 4.5-1.5 oorwinning, ten spyte van moedige pogings deur ons manne. Dit was nogal 'n vreemde gesig om die hele Kwagga skaakspan in blou (Wes-Kaap kleure) te sien, maar hulle het regtig baie goed gelyk daarin! 'n Kombinasie van lesse geleer uit die erge nederlaag, Kwagga trots, en die groot geleentheid om WK kleure te dra het ons spelers egter gemotiveer om Saterdag harder te veg en vir die Oos-Kaap kampioene te wys wie's die beste. Dit was inderdaad Kwaggas vir Kwaliteit, toe Brandwag op hul neuse moes kyk na twee reuse opeenvolgende nederlae van 5-1 en 4-2 teen ons bestes! So het ons 1ste span 'n 0-1 agterstand uitgewis, om 2-1 te wen in die toernooi! Welgedaan Skwaggas – ons is baie trots op julle, Retief, George, Dean, Pieter, kaptein Christian en Kerwin!!!

 

Atletiek

Opsomming van uitslae by SA's:
Marno April - 100m goue medalje - nuwe SA rekord (10.76s), goue medalje in verspring - SA rekord, goue medalje in medley aflos, goue medalje in 4x100m aflos.
Stefan van Wyk - goue medalje in 400m, goue medalje in medley aflos, goue medalje in 4x100m aflos (49s).
Meike Strydom - goue medalje in gewigstoot (16.2m) - kwalifiseer vir Afrikaspele en Wêreldkampioenskap.
Adriaan Bouwer - goue medalje in spiesgooi (62.88m).
Luné van der Westhuizen - silwer medalje in medley aflos.
Nissi Jansen - 4de plek in 100m.

Veels geluk aan almal - julle maak Kwaggaland baie trots!!!


  

Beyers Tehuis vier vanjaar sy 90ste bestaansjaar


Groot feesvieringe word vir 5-10 April 2016 beplan om Beyers Tehuis se 90ste verjaardag te vier.​
Op Donderdag, 7 April 2016, word ‘n groot gholfdag gehou. Met die toestemming van die alombekende gholfspeler en oud-Kwagga, Branden Grace, word die “Branden Grace BTH-90 Classic” by die Oubaai Gholfbaan aangebied.

‘n Heerlike steak-braai word op Vrydag 8 April in egte Kwagga-styl in ons skoolsaal aangebied. Die geleentheid is vir oud- en huidige inwoners.
Verdere inligting oor die BTH feesvieringe kan hier afgelaai word: BTH Feesvieringe 2016 Inligting.pdf


 

CANSA week / !mpak Portefeulje
Namens die Impak portefeulje wil ons net graag vir elke Kwagga wat 'n bydrae gelewer het tot die CANSA week opreg dankie sê. Van kaalvoetdag, VCSV-aand, worsbroodjieverkope en die geldblikkie projek het die Kwaggas weereens gewys hul kan saamstaan vir 'n goeie saak. Baie geluk ook aan die Graad 9C klas wat 'n bedrag van R800 ingesamel het en sodoende die blikkieprojek gewen het. 

KWAGGAS, julle het met julle samewerking vir die projek werklik 'n IMPAK gemaak in kankerpasiënte se lewens.   

Dit was vir ons 'n voorreg om 'n bedrag van R20 000 aan CANSA te oorhandig.



 

 

 Tennis

Hier is van OHS se eerste span seuns voor Sports center saam met van sy personeel, met die ontvangs van die nuwe Eerste tennisspan seunsdrag, voor hulle vertrek na die Tjaart Voster Tennistoernooi in Cradock.​
 


Die seuns en dogters span na die wedstryd teen Boland.



Die Seuns van OHS saam met hulle afrigter en Mnr P Steyn - skoolhoof van Hoër Landbouskool Marlow.
 


Hoër Landbouskool Marlow se hoof – Mnr P Steyn saam met Lené Conradie van OHS en Yanga Dinga van Marlow.
Hulle was gelyke wenners van die Tjaart Vorster trofee.

Tydens die 15de Tjaart Vorster tennistoernooi in Cradock was daar 10 seuns spanne en 6 dogters spanne wat deelneem.
in die seuns groep waar OHS deelgeneem het, het ons met Voortrekker, Hugenote, Marlow en Gill Kollege afgereken om teen Bolandlandbouskool in die finaal tee te kom. Hier wen ons seuns 13 – 5 en is dit nie nodig om die dubbels te speel nie. Hulle het ook in 2015 hierdie toernooi gewen. Baie Geluk aan die seuns met hulle goeie spel.​


Krieket
Ons o19B krieketspan het Uniondale Sekondêr vir 'n totaal van 98 uitgeboul in die eindstryd van hulle liga kompetisie hier op ons tuisveld en toe geantwoord met 99/4 en dus 'n 6 paaltjie oorwinning behaal, om die trofee omhoog te hou! Vir die Kwaggas het Stefan Schoeman 30 lopies aangeteken en Michael Bezuidenhout het 3/11 geneem!
 

Van links na regs: Rudi Adendorf, Nicklas Redelinghuys, Ruan Joubert, Marc Raubenheimer, Braam van Huyssteen, Michael Bezuidenhout, Adriaan Roux, Reinders Olivier, Stefan Schoeman, Janre Jansen, Navaan Olivier
 

Die o19A Kwaggas krieketspan het in Oudtshoorn kragte gemeet met Langenhoven Gimnasium en is met 6 paaltjies geklop.

Ons o15A krieket Kwaggatjies het in 'n naelbyt geveg tot die einde met slegs 7 lopies teen Gimmies verloor.


 

OHS Sportprogram 20160604 Langenhoven Gim.pdf (in George by HS Outeniqua) - rugby, netbal, hokkie

Spar EC High School Girls Hockey Challenge programme 2016.pdf (in George by OHS).

OHS Sportprogram 20160528 Oakhill hokkie en skaak.pdf (in Knysna). 
Busse vertrek soos volg:
Hokkie seuns 06:15
​​Skaakspelers 06:15
Hokkie dogters 08:45 en behoort weer ongeveer 13:00 terug te wees​


 

OHS Sportprogram 20160528 Oakdale rugby.pdf (in Riversdal). 


 

OHS Sportprogram 20160521 Stellenberg.pdf​ - opgedateer 2016/05/20



Kwagga Kaskenades

Maak julle gereed vir 'n dag van baie pret en plesier op Dinsdag 17 Mei.

Kleredrag: Swart Kwagga kortbroek of swart PT broek en wit Kwagga T-hemp of swart Kwagga gholfhemp of 'n ander wit of swart hemp. GEEN ander civvies nie! Leerders mag hul reënbaadjie dra as dit koud is die dag.

 

Hokkie

Die hokkiewedstryde teen Glenwood van 18 Mei (Dogters) verskuif na Maandag 23 Mei. Sien die hokkie Datumlys webblad vir verdere inligting.


 

Opedag 2016


 


 

Wear art 2016


Kom ondersteun gerus die Wear Art 2016 vertoning - dit beloof om weereens 'n ongelooflike skouspel te wees! Kliek op die banier om die volle plakkaat oop te maak...


 

HTS Drostdy

Program vir die naweek se sport by HTS Drostdy: OHS Sportprogram 20160423 HTS Drostdy.pdf

 

Hokkie vs York High

Inligting oor die York High wedstryde vanmiddag (18 April 2016) is op die Hokkie datumlys bladsy beskikbaar.

​ 


 

 

 

Struisiedag - 14 Mei 2016

OHS Sportprogram 20160514 Struisies.pdf


 



Bakkies Botha by die Bush Lapa op 7 Mei


 

Daar is versoek dat indien julle vir die Bakkies Botha konsert bespreek, om asb. te sê die bespreking is vir Kwaggas.

 

Wildeklawer

 

​ 

 

Kwagga Junior Rugby- en Hokkieweek 2016



Kwagga Jnr Hokkieweek 2016 Finale program.pdf
Kwagga Jnr Rugbyweek 2016 program.pdf


 

Rugby: HS Brackenfell Sportdag, Saterdag 12 Maart 2016
o/14A wen teen HS Strand 64-0
o/15A wen teen HS Bellville 23-0

o/16A verloor teen Boland Landbou 2-15

o/19A wen teen HS Brackenfell 19-3


 

Beyers Tehuis vier vanjaar sy 90ste bestaansjaar


Groot feesvieringe word vir 5-10 April 2016 beplan om Beyers Tehuis se 90ste verjaardag te vier.​
 

Op Donderdag, 7 April 2016, word ‘n groot gholfdag gehou. Met die toestemming van die alombekende gholfspeler en oud-Kwagga, Branden Grace, word die “Branden Grace BTH-90 Classic” by die Oubaai Gholfbaan aangebied.

‘n Heerlike steak-braai word op Vrydag 8 April in egte Kwagga-styl in ons skoolsaal aangebied. Die geleentheid is vir oud- en huidige inwoners.
Verdere inligting oor die BTH feesvieringe kan hier afgelaai word: BTH Feesvieringe 2016 Inligting.pdf


 

CANSA week / !mpak Portefeulje

Namens die Impak portefeulje wil ons net graag vir elke Kwagga wat 'n bydrae gelewer het tot die CANSA week opreg dankie sê. Van kaalvoetdag, VCSV-aand, worsbroodjieverkope en die geldblikkie projek het die Kwaggas weereens gewys hul kan saamstaan vir 'n goeie saak. Baie geluk ook aan die Graad 9C klas wat 'n bedrag van R800 ingesamel het en sodoende die blikkieprojek gewen het. 

KWAGGAS, julle het met julle samewerking vir die projek werklik 'n IMPAK gemaak in kankerpasiënte se lewens.   

Dit was vir ons 'n voorreg om 'n bedrag van R20 000 aan CANSA te oorhandig.

 


 



 
 

Tennis

Hier is van OHS se eerste span seuns voor Sports center saam met van sy personeel, met die ontvangs van die nuwe Eerste tennisspan seunsdrag, voor hulle vertrek na die Tjaart Voster Tennistoernooi in Cradock.​
 


Die seuns en dogters span na die wedstryd teen Boland.



Die Seuns van OHS saam met hulle afrigter en Mnr P Steyn - skoolhoof van Hoër Landbouskool Marlow.
 


Hoër Landbouskool Marlow se hoof – Mnr P Steyn saam met Lené Conradie van OHS en Yanga Dinga van Marlow.
Hulle was gelyke wenners van die Tjaart Vorster trofee.
 

Tydens die 15de Tjaart Vorster tennistoernooi in Cradock was daar 10 seuns spanne en 6 dogters spanne wat deelneem.
in die seuns groep waar OHS deelgeneem het, het ons met Voortrekker, Hugenote, Marlow en Gill Kollege afgereken om teen Bolandlandbouskool in die finaal tee te kom. Hier wen ons seuns 13 – 5 en is dit nie nodig om die dubbels te speel nie. Hulle het ook in 2015 hierdie toernooi gewen. Baie Geluk aan die seuns met hulle goeie spel.​


 

Krieket
Ons o19B krieketspan het Uniondale Sekondêr vir 'n totaal van 98 uitgeboul in die eindstryd van hulle liga kompetisie hier op ons tuisveld en toe geantwoord met 99/4 en dus 'n 6 paaltjie oorwinning behaal, om die trofee omhoog te hou! Vir die Kwaggas het Stefan Schoeman 30 lopies aangeteken en Michael Bezuidenhout het 3/11 geneem!
 

Van links na regs: Rudi Adendorf, Nicklas Redelinghuys, Ruan Joubert, Marc Raubenheimer, Braam van Huyssteen, Michael Bezuidenhout, Adriaan Roux, Reinders Olivier, Stefan Schoeman, Janre Jansen, Navaan Olivier
 

Die o19A Kwaggas krieketspan het in Oudtshoorn kragte gemeet met Langenhoven Gimnasium en is met 6 paaltjies geklop.

Ons o15A krieket Kwaggatjies het in 'n naelbyt geveg tot die einde met slegs 7 lopies teen Gimmies verloor.


 

Erekleure vir veelsydigheid is op 22 Februarie toegeken aan Jacobus Jacobs (Akademie, Leierskap en Kultuur) en Janneke Agenbag (Akademie, Sport en Leierskap). Veels geluk aan julle!


 

Veels geluk aan die volgende drie graad 8 leerders met jul verkiesing tot die Verenigde Raad van Leerders (VRL):
Vlnr Emma Cronjé (8A), Nikita Labuschagne (8C) en Charles Jackson (8B).

  


 




 
 

Atletiek
Sien gerus die Atletiek webblad (onder Sport) vir Mnr Wolfaardt se omvattende 2016 verslag.

Krieket
Ons 1ste span speel op 4 Feb in die Semi-finaal teen Oakdale en teken 259/1 aan in 20 beurte. Levin Muller kry 145 nie uit nie van 62 balle en JP Duvenage 88 van 50 balle. Oakdale word uitgeboul vir 128 en die Kwaggas wen met 131 lopies.
Op 5 Feb speel die Kwagga 1ste span gevolglik teen Oakhill in die Eindstryd en teken 132/6 aan in 20 beurte. Oakhill volg met 133/3 en klop ons met 7 paaltjies.

Die Kwagga 2de span speel op 6 Feb teen Albertinia Hoër. Albertinia se span kry 121, waartydens Ruan Joubert vir ons 6 paaltjies vir 18 lopies neem. Outeniqua teken 123/3 aan en wen met 7 paaltjies. Braam van Huysteen kry 43 daarvan.

Ons o/15A span meet op 6 Feb kragte met Oakhill. Die manne van Knysna teken 113 aan, waarop die Kwaggas antwoord met 114/2 - 'n 8 paaltjie oorwinning.


 

Prestasietoekennings
Baie geluk aan alle Kwagga leerders wie op Vrydag 5 Februarie vir hul harde werk erkenning ontvang het, in die vorm van Volkleure met lourier, Volkleure en Junior Kleure. Let daarop dat die Halfkleure- en Merietetoekennings op Dinsdag 9 Feb tydens graad-linies sal oorhandig word.


Netbal

Adri Uys is by die nasionale toernooi in 2015 gekies as deel van die 0/17 SA oefengroep. Sy het vroeg in Desember proewe gaan speel en is ingesluit in die Wildeklawer span.  Dit op sigself is voorwaar 'n uitsonderlike prestasie.

Ons wil haar alle voorspoed toewens vir die 6de Februarie. Sy speel dan proewe in Pretoria en indien sy daar gekies word ontvang sy Nasionale klere en is sy oppad na NZ.

Baie sterkte en voorspoed Adri - ons is voorwaar baie trots op jou.

Hengel
Marius Baard, Tersius Baard, Leon van der Mescht en Marizelle Esterhuizen het vanaf 19 – 21 Januarie aan die SA o/16 hengelkampionskappe deelgeneem. Hulle het die goue medalje verower en Marius is in die SA-span opgeneem.


 

 

 

Afrikaans Junior Olimpiade (8 Sept 2015)

Nege van die Hoërskool Outeniqua is onder die top-tien presteerders:

Moné Trotski                    7e
Elma Lambrecht               7e
Marizyl Marais                  6e
Zoë Otto                           5e
Theo Mulder                     5e
Wilmari Erasmus               5e
Michael Bezuidenhout      4e
WP Wanneburg                4e
Anja Strobos                     3e

​Baie geluk met die uitsonderlike prestasie.​

Gholf


Christo Lamprecht van HS Outeniqua en lid van die Louis Oosthuizen 57 Junior Akademie, het vanaf 7-9 Januarie aan die Nomads SA Seuns o/15 Nasionale Golf Kampioenskappe te Fish River Sun deelgeneem.

Hy het uitstekend gevaar en 'n brons medalje vir 'n gesamentlike derde plek ontvang. Christo was ook die top speler van die Suid-Kaap.  


 

 

 

Baie geluk aan die nuwe koshuisprefekte vir 2016 - sien gerus die lys met hul name hier: OHS Koshuisprefekte 2016.pdf 

 

LOK sal wel om 14:00 plaasvind - elke dag vanaf Maandag 19 Okt (ook Dinsdag 20 Okt).

 

 

Baie geluk aan al die leerders wat verkies is tot die Kwaggaraad (VRL) vir 2016!
Volledige lys:  Kwaggaraad finaal 2016.pdf