Skip Navigation LinksNuus-Argief-2017

​Nuus Argief 2017


 

Eksamenroosters

 NSS WKOD OktNov-2017.pdf​ Nasionale Senior Sertifikaat (Matriek eindeksamen) 2017

 OHS Eksamenrooster - 2017-11 - Gr 8-11.pdf November 2017 Graad 8-11 eksamenrooster *Opgedateer op Woensdag 18 Oktober.

  

 

 

Waterpolo Kliniek by HS Outeniqua van 9-12 November 

Sien aangehegte pamflet vir meer besonderhede (kliek daarop vir meer inligting). Dit is vir leerders van alle ouderdomme en voornemende leerders wat graag waterpolo wil speel. Die kliniek en 'n oueraand word deur Ian Melliar aangebied.

Besprekings: Gena van der Watt - 082 927 9382 / gvdwatt@mweb.co.za



 


Laser Run

Die 2017 Wêreld Kampioenskappe vir Laser Run het vanaf 13–15 Oktober in Kaapstad plaasgevind. Elka Scholtz Graad 9 was 8ste in die o/17 meisies afdeling en André Kleynhans Graad 11 was 10de in die seuns o/19 ouderdomsgroep. Baie geluk aan hierdie twee Kwaggas vir die puik prestasie!


 

 

Gimnastiek

Kwagga Wes-Kaap gimnaste by SA Kampioenskappe in Pretoria 

Agter van links:  Zanelle Kuyler  (Algehele 19de plek in Artistic); Miré Reinstorf (Algehele 3de plek in Artistic en algehele 5de plek in Tumbling); Carla Broekman (Algehele 4de in Euro Trampoline en in Double Mini Tramp); 
Voor van links:   Marilie Putter (Algehele 14de plek in Artistic); Lize-Ann Minnie (Algehele 9de plek en silver medalje in Apparatus: Bar); Carmen Swiegers (Algehele 1ste plek in Euro trampoline;  algehele 2de plek in Double Mini Tramp en algehele 3de plek in Tumbling); Leané Nel (Algehele 16de plek in Artistic)
 
 

 

Gholf 

Christo Lamprecht het op 8 Oktober die Lion of Africa National Junior Open te Clovelly in Kaapstad gewen.


  


Bergfiets

Hoërskool Outeniqua se ryers presteer op nasionale vlak
Die afgelope naweek het ses ryers van Hoërskool Outeniqua se bergfietsspan by Magaliesburg in die Noord-Wes provinsie aan die SPUR Nasionale bergfietswedren deelgeneem. Die Outeniqua span het ‘n algehele 15de plek verower uit ‘n totaal van 74 skole wat deelgeneem het. Voorwaar ‘n groot prestasie vir die deelnemers van die Kwaggas se jongste amptelike sport. Ses van die Suid-Kaap se ryers is in die Wes-Kaap span opgeneem.
Op die foto verskyn die lede van HS Outeniqua se Bergfiets eerstespan:
VLNR : Sorina Venter, Leonora du Preez, Adriaan Venter, Tristan Nortje, Britney Wilmans en Zandrè Gerber.
 
 


Jaarblad

OHS Jaarblad Bestelvorm 2017.pdf 

Kwaggaland se Jaarblad sal D.V. teen die einde van November versprei word. Die koste beloop R80 per jaarblad. ​

Alle registerklasse asook sportspanne, kultuurgroepe en presteerders word in die jaarblad gepubliseer.
Die bestelvorm is ook by die leerders se rapporte ingesluit, asook by die adminkantoor beskikbaar.

Borg ‘n bladsy: U of u besigheid kan ook ‘n bladsy @R150 per bladsy borg waar die naam van u keuse dan onderaan ‘n bladsy gedruk sal word.  Inligting is op die bestelvorm beskikbaar of kontak E Gouws by 044 8744156  of kassiere@outeniqua.co.za.
Donasies sal baie waardeer word en alle donasies word aan die begin van die boek erken.
 


 

Nuusbrief vir September



​  




Graad 12 Eksamens: Visuele Kuns

Die graad 12 opstelling van die Visuele Kuns vind eerskomende naweek plaas - op Vrydag 20 en Saterdag 21 Oktober. Die opstelling moet voltooid wees voor 12:00 op Saterdag.

​- Mnr. H. Smit.

  


Lenteskool program

HS Outeniqua Lenteskool vir matrieks 2017.pdf

  

Vrydag 29 Sept

LW ons skool begin môre (Vrydag 29 Sept) normale tyd en verdaag om 10:00  09:30. Leerders kom in skooldrag.

 

Nuwe bushalte voor HS Outeniqua

Om druk en verkeersopeenhoping by die Wellington-bushalte naby die kruising van Wellington- en Courtenaystraat te verlig, word ’n proef-bushalte voor Hoërskool Outeniqua aangebring en op Woensdag 20 September 2017 in werking gestel. Hierdie bushalte sal bekendstaan as die Outeniqua-halte en sal in ’n permanente bushalte ontwikkel word indien dit die verkeersvloei voldoende verbeter.​

 

  

Pluimbal

Christiaan van den Berg (10E) gaan 1-7 Oktober deelneem aan die SA kampioenskappe en die interprovinsiele kompetisie in Pluimbal in Bloemfontein.  Hy is opgeneem in die Boland span om mee te ding en is die enigste o/17-speler in die SWD wat gaan deelneem. Welgedaan en baie voorspoed!

 ​​

Laser-Run prestasie

Baie geluk aan Elka Scholtz van Hoërskool Outeniqua wat op 2 September aan die UIPM Laser-Run City Tour in Mosselbaai deelgeneem het en ‘n goue medalje in die  dogters O/17 ouderdomsgroep verwerf het.
Elka is ook gekies vir die Uitnodigingspan van Suid-Afrika wat aan die UIPM Laser-Run Wêreldkampioenskappe vanaf 13 – 15 Oktober 2017 in Kaapstad geen deelneem.
Die Kwaggas is trots op jou, Elka!


  


 


Amplified Jeugkamp

 

  


Kwaggaraad (VRL) vir 2017/2018

Veels geluk aan al ons leerders wat verkies is tot die VRL vir 2017/2018 en baie sterkte met die groot verantwoordelikheid.

HS Outeniqua VRL 2017 - 2018.pdf

OHS Hoofleiers 2018

 

Agter (v.l.n.r.): Michael Bezuidenhout, Braam van Huyssteen

Voor: Elizma Beyleveld, Melissa Vorster

 

OHS VRL 2018


Agter (v.l.n.r.): Auburn Bezuidenhout, Lené Conradie, Braam van Huyssteen, Elri Neethling, Tharien Breytenbach, JD Heyns, Dawid Fölscher, Theo Mulder.

3de Ry: Glynnischa Kasayna, Lourick Fourie, Michael Bezuidenhout, Armand Kritzinger, Dihan Goussard, Gerhard Ackerman, Ané Meyer, Lara Schlechter, Henry Tromp.

2de Ry: Jurgen Koegelenberg, Lee Miller, Ruben Lombard, Francois Breytenbach, Sven Africa, Meike Strydom, Melissa Vorster.

Voor: Daynéchen-lee Fourie, Bianca Aucamp, Simonn Swanevelder, Munae Troskie, Elizma Beyleveld, Armin Kadé, Christel Smook, Me. Ronel Hattingh.

Afwesig: Chad Coetzee, Daniel Snyman​

 


Hokkie dogters dinee

 

 

Kwagga Gholfdag Beplanningsvergadering vir Ouers

Dinsdag 12 September om 17:30 : OHS Personeelkamer.
Ons benodig u betrokkenheid vir die Kwagga Gholfdag wat op 30 November by Fancourt sal plaasvind.
Navrae : bemarking@outeniqua.co.za / 083 632 6657 Ronel Lamprecht
Almal welkom!

  
 
Kuns en Ontwerp Biennale-werkgroep

Die Outeniqua Kuns en Ontwerp Biennale-werkgroep.
Voor (vlnr): Bernice Gerber, Lissa Fourie
Agter (vlnr): Juf. du Toit, Lee-Handré Lambrecht, Bernedette Botha

 

 
 


Prestasietoekennings: Erekleure vir Akademie (2017)

 

Hier verskyn die matriek slimkoppe van HS Outeniqua. Hierdie leerders het onlangs die skool se hoogste toekenning vir akademie ontvang nl. Erekleure. Om daarvoor te kwalifiseer moes leerders vanaf hul graad 10 jaar 'n gemiddelde persentasie van 80% en meer behaal het. 
Die Kwaggas is trots op julle en wens julle alle voorspoed toe met die eindeksamen wat voorlê.

'n Paar van die betrokke graad 12s was ongelukkig afwesig tydens die neem van die groepfoto, maar is intussen ook afgeneem en verskyn op die volgende foto.


 


   

Golf Prestasie : Christo Lamprecht

 

Christo Lamprecht, Gr 10, is opgeneem in die Internasionale Span wat in die eerste Junior Presidents Cup sal speel. Die Junior Presidents Cup word tydens 24 - 26 September te Plainfield Country Club in New Jersey aangebied. Baie geluk met die groot prestasie, Christo!

 ​

 

Eskom Ekspo 2017


Die volgende leerders het op Vrydag 11 Augustus aan die Eden Distrik Eskom Ekspo deelgeneem. Hulle het 5 Brons ( 60-69%), 1 Silwer ( 70-79 %) en 1 Goue ( 80% +) sertifikaat ontvang.
Lourick Fourie het weggeloop met die pryse vir die mees innoverende en water doeltreffende idee. Hy is ook deur na die Nasionale Eskom Ekspo in Johannesburg. 
 
Voor: Marionne Nel, Alouise Campher, Dané Wiese en Chantélle Saayman
Agter: Pieter-Jean Lombard, Ruan Fourie, Lourick Fourie
Baie geluk Kwaggas. Julle maak ons trots!​

 

  

 

Nuwe Discovery Telborde

Hoërskool Outeniqua spog met splinternuwe elektroniese telborde by die rugby- en netbalbane soos geborg deur Discovery Consulting Services, George. Op die foto verskyn die trotse Netbal 1ste Span lede saam met die Skoolhoof, Mnr Christo Vorster, Ingrid van Zyl van Discovery en die afrigter, Heimne van Rooyen, heel regs agter.
Kwagga Sport sê BAIE dankie aan Discovery Consulting Services, George!
Baie dankie!



 

Nuusbrief vir Julie/Aug


 

 

​ 




 



Eksamenrooster

 

​ ​ 

Eksamen tye

Beste ouers: Leerders verdaag tydens die eksamen daagliks om 14:00 en nie om 13:00 soos per abuis op eksamenrooster aangedui nie. Verskoning vir enige verwarring / ongerief.

  


 
  

Huldeblyk aan een van Hoërskool Outeniqua se kleurrykste onderwysers: mnr. T.G. Swanepoel
(Chris Hattingh: Adjunkhoof Akadmie)


Dit is met groot skok en diepe leedwese wat ons verneem het van die afsterwe van mnr. Swannie Swanepoel (Poel) op Maandag, 28 Augustus, twee weke voor sy 80 ste verjaardag. Namens die personeel en leerders van Hoërskool Outeniqua spreek ons ons innige simpatie uit teenoor sy vrou, Lettie, sy kinders, Zirk, Lizl en Christo en die kleinkinders. Ons bid dat ons liefdevolle Skepper hulle sal vertroos en die nodige krag en ondersteuning sal gee.

Die Outeniqua-familie het een van sy kleurrykste karakters verloor. Mnr. Swanepoel het in Januarie 1960 by Outeniqua begin skoolhou en na 33 jaar die tuig in 1992 neergelê. Sy unieke manier om Rekeningkunde en Besigheidstudies te onderrig het ‘n blywende indruk op elkeen van sy leerders gemaak. Sy egtheid, kundigheid, fyn humorsin, beeldryke taalvermoë en sy liefde vir elke leerder wat sy pad gekruis het, sal altyd onthou word. Sy grappies en stories het ‘n aangename, ontspanne en warm atmosfeer geskep waarin baie kollegas en leerders gekoester gevoel het. 

Sy dienswilligheid, deeglikheid, deursettingsvermoë, stiptelikheid, en voortdurende strewe na uitnemendheid het ‘n reuse verskil in Hoërskool Outeniqua gemaak. Mnr. Swanepoel was nie net ‘n puik onderwyser nie, maar ook ‘n skitterende rugby- en veral skietafrigter. Braam van Huyssteen, bekende sakeman van George, het tydens ‘n eretoekenningsgeleentheid by die skool, mnr. Swanepoel uitgesonder as die onderwyser wat die grootste invloed op hom gehad het.

Outeniqua eer hierdie legendariese en geliefde onderwyser.


 

Verkope van meubels en skietbaanvoorraad

Die volgende  meubels en voorraad moet verkoop word aan die persoon wat die hoogste bod insit (ons kassiere - Mev Erika Gouws - sal die administrasie hiervan doen en u bod kan gestuur word aan kassiere@outeniqua.co.za . LW die afsnydatum hiervoor is volgende Vrydag, 8 September 2017)​:


 


 

  

 



Waterpolo - Xtreme Polo toernooi vir o15 seuns en dogters by Glenwood House (1-2 September 2017)


Kwagga Waterpolo Kook! Kom ondersteun asseblief hierdie naweek ons o/15 seuns en dogters Waterpolo spanne wat aan die Xtreme Waterpolo Toernooi te Glenwood House School deelneem. Wedstryde vind plaas vanaf 09:00 tot 15:00. Skole van regoor die land kom neem deel aan die Xtreme Polo Toernooi en beloof om propvol aksie te wees.​
Ons spelers, saam het hul afrigter, Arthur Sinclair, het gister die waters gaan uit toets tydens 'n oefensessie by Glenwood House se swembad (foto's hier bo) en sien uit om deel te wees van die fees.

Sien julle daar Kwaggas!

 

Ontwerp Mosaïekwerkswinkel


 

Outeniqua se graad 11 Ontwerpleerders het die Masithandane projek in Sedgefield besoek waar hulle ‘n mosaïekwerkswinkel bygewoon het.  Die Masithandane projek is ‘n nie-winsgewende organisasie wat verskillende gemeenskapsprojekte en dienste aan weerlose en siek mense aanbied. Een van hul projekte is die mosaïekprojek wat ‘n opleidings- en werkskeppingsprojek is. Die Ontwerpleerders het self die koste van die werkwinkels en materiale gedra deur twee Wear art vertonings te hou. Met hierdie vertonings is die skeppings van afvalmateriale wat deur die leerders ontwerp en vervaardig is,vertoon.

Outeniqua se Ontwerpleerders het onder leiding van die fasilliteerders baie vinnig die nuwe vaardighede bemeester en het ‘n totaal van 14 panele gemosaïek wat by die matriekvierkant ingesit gaan word.

 


 


  

Kwagga Wynveiling : 18 Augustus 2017

‘n Baie groot DANKIE aan al die oud-Kwaggas, Kwagga-ouers en Kwagga ondersteuners wat ons jaarlikse Kwagga Wynveiling so lojaal ondersteun het. Hoërskool Outeniqua en die Kwagga Trust loof u vir u betrokkenheid en warm hartklop vir Kwaggaland.

 

 
 ​ 



Sport teen Struisies en PW Botha - 26 Aug 2017

OHS Sportprogram vs Struisies en PWBotha 2017.pdf



Sportprogram vir 19 Aug vs Paarl Gim

 

  

Vakkeuse toetse terugvoer

Graad 9 Terugvoering vir leerders wat opsie 3 (R600) geneem het geskied vanaand - Donderdag 10 Augustus 2017 - om 18:00 by die Kwagga Cuisine.

Onthou ook die vakkeuse aand op 22 Augustus!

 ​

Sport teen Durbanville - 12 Aug 2017

OHS Sportprogram 2017 vs Durbanville.pdf

 

Koorfees

Koorfees Finale Indeling2017.pdf
Koorfees George Herald 2017.pdf

 

 

Kwagga Cuisine Middagetes vir kwartaal 3
Ligte middagetes kan weer in hierdie kwartaal bestel word. Sien besonderhede: Kwagga Cuisine middagetes Kwartaal 3.pdf

 

 

Joshua na die Reën



 

 

  
Skaak
Gedurende die Julie skoolvakansie (10-13 Julie 2017) het Suné Swart deelgeneem aan die SA School Sports Championships (Brettenwood High, Durban). Die o18 Wes-Kaap dogterspan waarin sy gespeel het, teen spanne van al 8 die ander provinsies, het Goud gewen en van die 63 spelers in haar afdeling het sy algeheel 3de geeindig (Brons medalje), met haar totaal van 6 punte uit 7 rondtes (5 wenne en 2 gelykop, dus onoorwonne) - baie geluk!

 

 

 

Netbal
Veels geluk aan Michelle Groves (o17) wat in die SA Netbalspan opgeneem is!


Muurbal
Veels geluk aan Alouise Campher met haar insluiting in die o16 SA muurbalspan in die top 10 (finale posisies sal in Augustus aangekondig word, asook waar die span sal deelneem - moontlik in Desember)!

 

Nuusbrief vir Junie

 

 

Atletiek
Na afloop van die 2017 Atletiek SA-byeenkomste is Meike Strydom in die SA-Junior span opgeneem wat in Julie aan die Wêreld atletiekbyeenkoms gaan deelneem in Nairobi, Kenia.​ Baie geluk en voorspoed, Meike!

 

Telefoonstelsel opgradering
Ons telefoonstelsel word op Dinsdag 27/6/2017 opgegradeer en telefoonlyne sal tussen 13:30-15:30 buite werking wees. Baie dankie vir u geduld hiermee.
 
 
Vrydag - skool sluit tyd
HS Outeniqua se leerders sal op Vrydag 30 Junie om 10:30 verdaag vir die skoolvakansie.
 

 


 

Skaak: Eden spanne vir SAJSK
Baie geluk aan die volgende SKwaggas wat ingesluit is in die onderskeie Eden skoleskaakspanne vir die 2017 SA Junior Skaakkampioenskappe, wat tydens Januarie 2018 in Boksburg gaan plaasvind:
 
o20
Swart George, Dyzel Pieter

o18 ope
Swart Sune, Bown Dean, Bown Hyrone, Scholtz Altin, Smit Nelis, Van Der Schyf Claude

o16 ope
Odendaal Juan, Jordaan Wikus, Fourie Corne, Beukes Kyle, Botes Cameron, Campbell Grant

o16 dogters
Michaels Lauri-Kay, Van Rensburg Luzaan
 

 
Eksamentyd
Let asb. daarop: Ons skool verdaag tydens hierdie Junie 2017 eksamen daagliks om 13:00

 ​

Kwagga Trust Winterkuier

Alle bestaande en NUWE lede van die Kwagga Trust (dit sluit Kwagga5000 in) word hartlik uitgenooi na ons Kwagga Trust Winter Kuier wat op 29 Junie plaasvind. Bevestig asb voor 19 Junie met die Bemarkingskantoor.
Alle voornemende lede van die Kwagga5000 kan Ronel Lmaprecht kontak by 044-874 4156 / bemarking@outeniqua.co.za


 

 

Netbal: Wes-Kaap span 2017
Ons is baie trots op ons 9 Wes-Kaapspan netbal spelers vir 2017. Hulle neem vanaf 2-6 Julie 2017 deel aan die Nasionele Kampioenskappe in Gauteng.
o14: Lane Coertze
o15: Carmen Olivier, Ancois Jordaan
o16: Alecia Hannes
o17: Charné van der Westhuizen, Anuchka Julyan, Michelle Groves, Tharien Breytenbach                       
o18: Minneke van der Merwe

Sien gerus die foto en volledige berig op ons Netbal webblad.

   

Tennis
Baie geluk aan Chané Gricius Gr10 A wat tydens die George-tennisklub se jaarlikse klubkampioenskappe, as die enkelskampioen gekroon is.
Kwagga tennis is trots op jou!

 

Wiskunde: SA span
Vir die eerste keer spog die Kwaggas met ‘n leerder wat in die SA Span vir Wiskunde opgeneem is. Dié slimkop is Emma Nel in Graad 12A wat aan die Pan African Maths Olympiad in Marokko gaan deelneem (3-7 Julie 2017). Hoërskool Outeniqua is baie trots op Emma!


  

Die Burger Wiskunde-kompetisie 2017
Die Kwaggas het vanjaar aan die Burger se heel eerste Wiskunde-kompetisie deelgeneem. Met kop-krapper vrae en 'n horlosie wat die druk opsit, was dit 'n gespanne Vrydagmiddag vir die groep van 36 deelnemers. Ons is baie trots op die volgende drie leerders wat deurgedring het na die finale rondte: George Swart, Tiaan Swart en Emma Nel.
Die finale rondte vind 5 Augustus in Durbanville plaas. Ons wens hierdie drie slimkoppe alle sterkte toe.

   


 

MySchool Vadersdag kompetisie 

 

 

 Gebuik jou MySchool kaart en WEN ‘n gelukkige trekking vir Vadersdag!​

 

 

 


 Junie 2017 Eksamenrooster

OHS Eksamenrooster - 2017-06 - Gr 8-12.pdf

  

 

 
 
 

 
  
Rugby: SWD spanne 2017
Die volgende seuns is opgeneem in die SWD 2017 Rugbyspanne:

 
o/18 Cravenweek:                                                                                    
Darren Fortuin, Emileo Otto, Dillon Pieterse, Ruben Coetzee,
Louis Meiring, Sylvester Hassien, James Mollentze
 
o/18 Akademie:
Herchell Otto, Aylen Schabort, Braam van Huysteen
Conrad Ackerman, Stephan Leonard, Alexander van Biljon
Grant Khomo o/16:
Leon Volschenk, Zander Botha, Curtley Smith
Hendrik Hattingh, Auburn Bezuidenhout, Matthew Thorne
Liam Samaai, Devon Frans, Tiaan Burger, Jandre le Roux


 

 
Muurbal: SA Plattelandspan Kwaggas
Hoërskool Outeniqua is baie trots op ons sewe muurbalspelers wat gekies is vir die Suid-Afrikaanse Plattelandspan.  Hulle neem van 1 tot 5 Julie 2017 deel aan die IPT-toernooi.
Veels geluk aan Carmen Venter, Lihan Terblanche, Reynier van Rooyen en Lloyd Landsberg, Chloê Landsberg, Alouise Campher en Botha van Greunen
Ons beste wense vergesel julle.  Gaan speel julle harte uit!
Sien ons Muurbal webblad ​vir die foto.

 
Netbal: Wes-Kaap spelers 2017
Outeniqua spog met 9 Wes-Kaap spelers:
o14: Lane Coertze
o15: Carmen Olivier, Ancois Jordaan
o16: Alecia Hannes
o17: Charné van der Westhuizen, Anuchka Julyan, Michelle Groves, Tharien Breytenbach                       
o18: Minneke van der Merwe

Baie geluk en voorspoed!​ 
 

Sport teen HTS Drostdy
Ons nooi graag alle ouers hartlik uit om op Saterdag 20 Mei te kom deel wees van ons sport teen HTS Drostdy. U is ook baie welkom om die oggend 'n koppie koffie te kom drink saam met ons in die Kwagga Cuisine.

 

Hokkie

Spelers wat in die SWD-spanne opgeneem is:

Dogters:
18 A: Chané Altun, Gemma Hoffeldt
16 A: Jana Rossouw
​16 B: Jana Colyn, Janine Wasserman
14 A: Judeke Balt, Deonell Grobler, Chené Adam, Cara Berg
​14 B: Amy Wessels, Maya Hartlief, Elle Engelbrecht

 
Seuns:

o/14B - Kyle Arends, Leighton Malgas
o/16A - Ruach Roux, Ruben van Eck, Sven Africa, Crispen Kaizer
o/18B - Nicklas Redelinghuys, Ruan Joubert
o/18A - Chairo Africa, Rudi Adendorf​

Sterkte met die finale voorbereiding vir die toernooie!​

 

Netbal
Oefentye en afrigter inligting is opgedateer op ons Netbal webblad

Baie geluk aan die netbal dogters wat opgeneem is in die onderskeie Eden spanne:
o14: Rushan Juries, Anuk Maloney, Lané Coertze, Lise Norman, Kaylee Muller
o15: Carmen Olivier, Heimne Esau, Minke Scheun, Christelle Retief, Ancois Jordaan
o16: Alicia Hannes
o17: Charne vd Westhuizen, Anuchka Julyan, Michelle Groves, Tharien Breytenbach, Elri Neethling, Simon Swanevelder
o18: Danica Kirstein, Lynn-Marie White, Marigene Dunn, Minneke vd Merwe, San-Mari Mulder, Jodie Moolman
 


 

 

Wes-Kaap Skoleskaaktoernooi
Baie voorspoed en sterkte aan die volgende van ons skaakspelers wat tydens eerskomende naweek van 12 tot 14 Mei aan die Wes-Kaap skoleskaak toernooi in Nuweland gaan deelneem:
George Swart, Pieter Dyzel, Dean Bown, Hyrone Bown, Suné Swart, Lauri-kay Michaels, Wikus Jordaan, Kyle Beukes en Cameron Botes.


 

Stellenberg sport

 


 

Atletiek
Meike Strydom is in die SA-Atletiekspan vir Juniors wat by die Wêreldkampioenskappe gaan deelneem in Nairobi

 

Redenaars na ATKV redenaars semi-finaal in P.E. op 2 Junie 2017
Sien ons Redenaars webblad (onder Kultuur) vir die foto en name.

Veels geluk aan al hierdie leerders en baie voorspoed met die semi-finaal!

 

Grease The Musical
Kaartjies vir vanjaar se musiekblyspel (Grease) is vanaf 20 April beskikbaar.
Die opvoering vind plaas op 24, 25, 26 en 27 Mei om 19:00, asook op 27 Mei om 14:00.
Kaartjies kos R80 vir volwassenes en R50 vir leerders en is by ons kassiere beskikbaar. Skakel gerus die skool by 044 8744156 met navrae.
 
 
 
 ​

Nuusbrief vir April



 
 

Leerderondersteuningsklasse

Sien gerus ons LOK webblad ​vir die nuutste rooster vir kwartaal 2.
 

 

Woensdag 26 April

Ons skool verdaag vandag om 14:10 en daar sal nie vandag VCSV wees nie.
 


 

Ma-en-dogteraand

 

 

Mej Junior Tiener SA

 

Na baie harde werk en voorbereiding is ons trots om te sê dat Monique Best (graad 11) op Saterdag 8 April gekroon is as “Miss Jnr Teen SA 2017”.  Een van Monique se drome is bewaarheid. Daar was 29 deelnemers in hulle ouderdomskategorie wat baie hard gewerk het om die titel te wen. Daar was baie vooraf voorbereiding, onder andere liefdadigheidsprojekte, ens. Die geleentheid het begin met registrasie op 4 April, en vanaf 5 April tot 7 April is hulle elke dag beoordeel op voorkoms, loop tegniek, modellering, kleredrag, mense verhoudings, ens. Die kroning het plaas gevind in Pretoria by die HCPP Hall. Daar het ook onderhoude plaasgevind, waar hulle vrae gevra is. Monique het ook 1 minuut gehad om haarself voor te stel en ietsie van haarself te sê. Monique wil baie graag die volgende deel met die jong meisies van vandag:
“live your dreams and never give up!!! - Because it can be that after your biggest disappointment comes your biggest achievement. Believe in yourself and remember that you are beautiful in every way”
Baie geluk Monique, ons is trots op jou.


 

 

Kwagga Cuisine etes
 
 
 
Kwagga Bonanza
Vanjaar se Kwagga Bonanza begin 24 April en die sluitingsdatum is 19 Mei 2017.
 
 

​ 

OHS Sport datumlys gekombineerd 2017.pdf

HS Outeniqua Sportklere.pdf

 
 
 



 

​Kwaggabru

Kliek op die banier vir verdere inligting...


 


 ​





Framesby Interskole naweek
OHS Sport Framesby reelings ouers 2017.pdf 

 OHS Sportprogram Framesby 20170804-05.pdf Gholf, Hokkie, Netbal, Rugby, Skaak en Tennis in P.E., 4-5 Aug


 

 

Mnr & Mej Kwagga

LW die tyd vir vanaand se Mnr & Mej Kwagga is eintlik 18:00 vir 18:30 en nie soos op die plakkaat aangedui nie.

 

Koste - R60
Kaartjies beskikbaar by kassiere en enige IMPAK portefeulje lid.

Maak seker jy kry betyds jou kaartjie vir die geleentheid van die jaar.

  

 
Vrydag 16 Junie 2017 eksamentye
 
 
 

Skool gesluit op Woensdag 7 Junie 2017 a.g.v. WKOD besluit, na stormweer waarskuwings

LW: Ons skool sal NIE môre oop wees nie, omdat die Wes-Kaap regering besluit het om alle skole in ons provinsie môre te sluit, weens waarskuwings van baie swaar weer. Vakke wat môre (7 Junie) geskryf sou word, sal op Vrydag 16 Junie geskryf word vanaf half 8, totdat die vraestel klaar is.
Ons vra dat almal asb. versigtig sal wees, ten opsigte van swaar weer en die nodige voorsorg sal tref daarvoor.
  



 
Psigometriese assessering strokies (Graad 9s)
Graad 9 leerders het kans tot 6 Junie 2017 om hul afskeurstrokies rakende die Psigometriese assessering terug te bring

  
Au Pair in Nederland

Leerders wat belangstel om in Nederland te gaan Au Pair is welkom om die inligtingsaand van Woensdag 31 Mei om 18:00 by die skool (in klaskamer 16) by te woon.

Daar sal ook 'n vinnige inligtingsessie die 29ste Mei gedurende eerstepouse in Mevrou Naude se kantoor wees.


 
Sport teen Oakdale

 

Game on! Go team!.

Proudly sponsored by @ramblebag! 

​#Ramble #BestBagsEver 




 

AWSUM koerant
 
  
Hokkie
 



Lewensredders

Byeenkoms vir alle voornemende Lewensredders (16 jaar +) : 25 April : 18:00 by Die Loerie, Laerskool George-Suid. Ouers ook welkom. Navrae : Annalie 082 459 1919

 ​

​Paarl sportprogram

Parking plan for Brug Street Sports communicator.pdf

Sportprogram teen Paarl Boys en Girls 2017.pdf - Rugby, netbal, hokkie en skaak

 

Vrydag 21 April

Let daarop dat ons skool eerskomende Vrydag, 21 April, om 12:30 sal sluit, vir die sportspanne se vertrek na Paarl.

 

Boland Oud-Kwagga Geselligheid

 

 

Wear Art vertoning

 

  

 

Nuusbrief vir Maart


 


 


 

Junior Rugbyweek
Canon Kwagga Junior Rugbyweek 2017 Wedstrydbepalings.pdf

 

Junior Hokkieweek

Kom ondersteun gerus ons jong hokkiespelers tydens die The Grocery Express Kwagga Junior Hokkieweek, in die skoolvakansie! (Kliek onderstaande plakkaat vir die brosjure van die toernooi, insluitend die wedstrydbepalings, ens.)

 

  


Mej Suid-Afrika 2017... Demi-Leigh Nel-Peters!


Demi-Leigh se droom is bewaarheid, toe sy vanaand - Sondag 26 Maart - by Sun City Superbowl as Mej SA gekroon is! Weer 'n bewys dat drome kan waar word as mens glo en hard werk daarvoor...

Demi, ons is baie trots op jou!

 
 

 

Kwagga Cuisine etes
Let daarop dat die Kwagga Cuisine middagetes vir hierdie kwartaal eindig op Donderdag 16 Maart en geen etes volgende week beskikbaar sal wees nie.

 
Karate
Jean Oelofsen (Gr 12) het ‘n silwermedalje in karate verower by die SA Kampioenskappe. Hy was lid van die Wes-Kaap span en het ook hiermee gekwalifiseer om SA te verteenwoordig by die Common Wealth Youth Games in die Bahamas gedurende September.
Baie geluk aan Jean!
 


 
 
Rugby: Noord-Suid toernooi by HS Waterkloof (1 & 4 April 2017)
 
 
 
Sien ons Rugby webblad vir verdere inligting, asook skakels na die lewendige uitsendings van die wedstryde.

 
 
Atletiek SWD-span Kwaggas
 
Hoërskool Outeniqua het weereens 'n sterk groep atlete vanjaar wat ingesluit is in die SWD span, vir deelname aan die Wes-Kaapse hoërskole-atletiekkampioenskappe, tydens 18-19 Maart in die Paarl.
 

Muurbal prestasie

Hoërskool Outeniqua is baie trots op Alouise Campher (o/16) wat onlangs die besonderse prestasie behaal het om in die semi-finaal van die Bloemfontein Opetoernooi af te reken met die nommer 2 speler in Suid-Afrika, deur haar 3-0 te klop.  Welgedaan!

Muurbal SWD spanne
Baie geluk aan die onderstaande muurbalspelers wat in die onderskeie SWD-spanne opgeneem is. Sien ons Muurbal webblad vir die volledige lys en foto.

Kwagga Portefeuljes werk hard

Groen
Lede van Outeniqua se GROEN PORTEFEULJE het die week 150 Spekboomsteggies gemaak. Die portefeulje het die afgelope jare spekboompies gekweek wat deur leerders en ouers in George omgewing geplant is.

Een hektaar spekbome kan gemiddeld 4.2 ton koolstofdioksied na suurstof omskakel wat beteken dat die spekboom tot 10 keer meer effektief is as ‘n tropiese reënwoud.  Die portefeulje beplan om die nuwe boompies in Augustus aan plaaslike skole te skenk.



Uitreik
Die UITREIK portefeulje van Hoërskool Outeniqua het die jaar afgeskop toe 25 leerders Bethesda Kliniek besoek het. Die kleintjies in die kindersaal het almal se harte gesteel.
Maar toe die leerders by die huise kom en die kinders is besig om met 'n bal te speel, het hulle sommer ingeval en saamgespeel.
Die Kwagga leerders beoog om op 'n gereelde basis te gaan kuier.


TANK
Ons TANK portefeulje werk reeds sedert voor die skool in Januarie begin het hard aan verskeie projekte om tegnologie beter tot voordeel van leerders - veral m.b.t. akademie - aan te wend. Een projek waarmee TANK lede reeds vêr gevorder het die afgelope paar weke, is om ou rekenaars wat nie meer geskik is om in klaskamers te gebruik nie, met die oopbron (gratis), liggewig Linux stelsel op te stel, vir leerders om in die beoogde Mediasentrum gedeelte van ons skoolbiblioteek te gebruik, vir navors van inligting vir skoolwerk- en take. Op die foto is Anrich Schrade, Zandré Keyser en Lucian Rossouw besig met die opstel van 3 sulke rekenaars. In die proses leer die portefeuljelede ook baie van sulke stelsels en toepassings. Linux het bv. ook baie beter sekuriteit as Windows, en gebruikers daarvan word beter beskerm.


 
 

Beheerliggaam 

Baie geluk aan die volgende ouers wat in 2017 as beheerliggaam dien:

  • Voorsitter:  Mnr. Nelius van Greuenen
  • Onder-voorsitter:  Mnr. Eckert Brand
  • Tesourier:  Mnr. Andre Keyser
  • Dissipline:  Mnr. Eckert Brand
  • Sport:  Dr. Tommy Smook
  • Klere:  Me. Celeste Africa
  • Geriewe:  Mnr. Attie Bedeker
  • Ouerbetrokkenheid:  Mnr. Gerhard Ackerman
  • OOV:  Mnr. Attie Bedeker
  • Koshuise:  Mnr Zane Fouché

 
Mej SA Finalis besoek Kwaggaland

Demi-Leigh het ons skool op Vrydag 3 Maart besoek en die leerders toegespreek. Hier is ons huidige hoofleiers, Thomas Fouché en Emma Engelbrecht, by haar.

 
 


 

OHS Eksamenrooster - 2017-03 - Gr 8-12.pdf

LW: A.g.v. departementele regulasies, sal ons skool tydens die eksamen ook normale tyd uitkom en nie 13:00 soos op die eksamenrooster aangedui nie.


 
Vrydag 31 Maart
Ons skool sal eerskomende Vrydag om 10:30 sluit vir die vakansie.


 

 


 
Vertoning van die fliek HIDDEN FIGURES (ware verhaal) op 29 Maart
Masala Filmworks doen - met die Onderwysdepartement se goedkeuring (veral aanbeveel vir Wiskunde en Fisiese Wetenskap leerders) 'n vertoning van die film  HIDDEN FIGURES wat op 6 Januarie 2017 vrygestel is. Die vertoning is reeds môre (Woensdag 29 Maart 2017) om 14:30 by Ster-Kinekor in die Garden Route Mall. Kaartjies vir leerders, ouers en opvoeders is R36. Geen kaartjies is egter by die deure beskikbaar nie - slegs blokbesprekings vir skole. Die film - 'n ware verhaal - handel oor die 3 "African American" dames wat dit vir NASA moontlik gemaak het om die eerste man in die ruimte in te stuur. Hulle het die Wiskundige probleem opgelos wat die NASA-span lamgelê het.

Belangstellendes: bring naam en geld vir Mev de Waal.
 

Burgerhek toe op Woensdag 29 Maart
Die Burgerhek sal môre vanaf 09:00 toe wees vir herstelwerk aan die pad. Gebruik asb. die hekke by BTH en Mitchellstr. Baie dankie
 
 

 

Vakverandering in Graad 11:  Alle graad 11-leerders word daaraan herinner dat alle vakveranderinge teen die 30ste Maart ingedien moet wees.  Leerders mag ’n maksimum van twee vakke in graad 11 verander.  Kontak Mev. Naude vir enige verdere navrae.

 


 


Vrydag 24 Maart
Ons skool sal eerskomende Vrydag om 13:00 verdaag.

 


Brackenfell sport naweek 24-25 Maart
Brackenfell sport naweek 20170324-25 program.pdf (Netbal, Rugby, Hokkie)
 
 
Demi vir Mej SA 2017

Stem gerus vir ons hoofdogter van 2013 (asook hoofdogter van Oompie-Meyerkoshuis) - Demi-Leigh Nel-Peters - vir Mej SA 2017!

 
 

Demi-Leigh vir Mej SA


Demi-Leigh Nel-Peters, hoofdogter van 2013 van Hoërskool Outeniqua en Oompie Meyerkoshuis, is 'n finalis vir die Mej Suid-Afrika kompetisie in Maart 2017. Kom ons stem vir haar en maak 'n Kwagga Mej Suid-Afrika. SMS 45791 en stem vir Demi met die nommer 3. Dankie vir u stem.

 

Ramble rugsakke

​Graag wil ons dit onder almal se aandag bring wie Ramble rugsakke gekoop het, dat daar op sommige van die sakke 'n fabrieksfout is. U is baie welkom om 'n nuwe een by die klerebank te kom kry en die foutiewe een in te gee. Ons is jammer vir die ongerief.


 

VRL 2017 Graad 8s


Veels geluk aan die drie Graad 8 leerders wat tot die VRL vir 2017 verkies is (alfabeties volgens name):
Elize Smook
Lise Norman
Ruben Lombard
Baie sterkte met die taak wat vir julle voorlê.


 

 
Vrydag 17 Maart
Ons skool sal eerskomende Vrydag om 12:00 verdaag.


 

 
Ope aand

 


 


 
 
 
Nuusbrief vir Februarie


 
 

Kwagga Lang Tafel


Net 'n herinnering aan die Grocery Express Kwagga Lang Tafel op Vrydag 3 Maart in die Laan (om 18:00 vir 18:30)! Bring gerus 'n speelding vir Up with Down's saam.

 

 

Laan gesluit op 2-3 Maart

Sal ALMAL asseblief daarop let dat die Laan, vanaf die Sekuriteit by die BeyersTehuis ingang, op Donderdag 2 Maart om 14:30 asook Vrydag 3 Maart heeldag gesluit sal wees vir die voorbereidings en aanbieding van die 3 de Kwagga Lang Tafel van Hoërskool Outeniqua.

Die Burgerhek sal oop wees vir toegang tot die skool.

U samewerking en ondersteuning word opreg waardeer.


 

Kwagga Cuisine ligte middagetes
Ligte maaltye is elke Maandag- tot Donderdagmiddag 14:20-14:45, op die Cuisine se dek beskikbaar aan leerders van ons skool. ‘n Maaltyd kos R35 en sluit ‘n 250 ml vrugtesap in. Bestellings word weekliks teen Donderdag geplaas op vorms by die kassiere beskikbaar. Betalingsbewys nodig by afhaal van die ete!
OHS Cuisine middagetes 20170227-20170323.pdf


 

Kwagga Lang Tafel bedankings

Die Ouerkomitee van die 2017 Grocery Express Kwagga Lang Tafel, bedank ook alle ouers wat gehelp het met die maak van dekor, voorbereidings en reëlings, skenkings en besprekings van tafels. Julle is ware Kwaggas – ouers en ondersteuners!

Enige ouers wat nog bereid is om Donderdag 2 Maart of Vrydag 3 Maart te help, kan gerus vir Ronel Lamprecht by bemarking@outeniqua.co.za kontak.


 

 

Kwagga Lang Tafel

 
Die Grocery Express Kwagga Lang Tafel vind op 3 Maart 2017 in die Plataanlaan by HS Outeniqua plaas.
Tafels van 12 teen R960 verkoop reeds. Die tema is Wonderland!
Navrae en besprekings: Ronel Lamprecht : 083 632 6657 / 044 874 4156 / bemarking@outeniqua.co.za .
Sien jou daar!
 

 


 


 


 

Beheerliggaamtussenverkiesing
Alle ouers word herinner aan die skoolbeheerliggaamverkiesing eerskomende Donderdag (23 Feb) vanaf 07:00 tot 17:00 in sysaal en op die terrein. Baie dankie.

Hokkie: Algemene vergadering
Alle seuns- en dogtershokkiespelers: o14, o16 en o18, sowel as hul ouers, word gevra om die Algemene Hokkievergadering op Donderdag 23 Februarie 2017 om 18:30 in die saal by te woon, vir belangrike inligting m.b.t. 2017 se hokkie.

 

Loopbaanuitstalling vir Graad 11 en 12 ALLE leerders
ALLE leerders is welkom by die Loopbaanuitstalling volgende Dinsdag - 21 Februarie
14:00 - 15:00 en 17:00 - 19:00 in ons skoolsaal.

 
Kuierkonsert in die tuin
 

Outeniqua HS bied op die 22ste Februarie 2017 hul tweede Kuierkonsert in die Tuin aan.  Hierdie buitelug musiek, dans en sang aand word in hul opelugteater aangebied. Die aand sluit ook ‘n kosmark in en talentvolle kunstenaars gaan sorg vir wonderlike musiek. ‘n Verskeidenheid smullekker kosse en soetgoed sal te koop wees en die aand word afgesluit met ‘n sokkie in die saal.

Kaartjies vir volwassenes is R30 en kinders R15.  Die vertoning begin 18.30.  Kaartjies is te koop by die kassiere by Hoërskool Outeniqua.  Navrae kan gerig word aan Christine Botha 044 8744156.

​​

Psigometriese toetse vir gr 11 en 12 leerders
Gr 11 & 12 leerders wat belangstel, kan Psigometriese toets vorms van Maandag af by Mev Naude se kantoor gaan haal. Die toetse vind plaas op Woensdag 1 Feb om 15:00

 

 

Biennale


 


Nasionale Wetenskap Olimpiades 2016


Baie geluk aan die volgende leerders met hul uitsonderlike prestasie tydens die Nasionale Wetenskapolimpiades van 2016!

 
Nasionale Natuurwetenskappe Olimpiade 2016:
Anje Strobos – 9de in Suid-Afrika, 5e in die Wes-Kaap
Ivan Badenhorst – 17de in Suid-Afrika, 13e in die Wes-Kaap
Reynhardt Janse van Rensburg – 18de in Suid-Afrika, 14de in die Wes-Kaap,
Christian Viljoen en Danielle Nothnagel gesamentlik 16de in die Wes-Kaap
Nelis Smit 19de in die Wes-Kaap
Ester Jansen en Liam van den Bergh gesamentlik 21ste in die Wes-Kaap

Nasionale Fisiese Wetenskappe Olimpiade:
Tiaan Swart – 16de in Suid-Afrika, 7de in die Wes-Kaap


Swem

Die vo​lgende swemmers het die naweek aan die Weskaap proewe in Belville deelgeneem en die volgende plekke behaal:

Eugene vd Merwe:      4 X 1 ste plekke en een nuwe rekord.
Lune vd Westhuizen : 2 x 1ste plekke , 1 x 2 de plek en 1x 4de plek
Andre Kleynhans       : 2 x 1ste plekke , 1 x7de plek en 1 x 8 ste plek
Wehan Human          : 1x 2de Plek , 2x 5de plekke

 

Woensdag 18 Januarie
Ons skool sal op Woensdag 18 Januarie om 14:10 verdaag vir alle leerders, aangesien daar nog nie hierdie week VCSV is nie.

Kushengel

Marius Baard, Leon van der Mescht en Tersius Baard is gekies om Eden by die nasionale o/21 toernooi te verteenwoordig. (30 Januarie tot 2 Februarie 2017)

Marius Baard het SA (o/16) in Desember 2016 verteenwoordig. Hulle het teen Namibië meegeding. SA het gewen en Marius het algeheel derde geëindig.

​Baie geluk aan die drie leerders ons is trots op julle.

 

Krieket
Graad 8s let daarop: o15 oefening op Woensdag 11 Januarie 15:00-17:00 by die nette

Muurbal
ALLE muurbalspelers vergader op Dinsdag 17 Januarie 2017 om 15:00 op baan een vir vanjaar se oefentye, datums en ander belangrike inligting i.v.m. vanjaar se muurbal by HS Outeniqua

Nuwe spelers MOET ook asb. hul name op die lys op klaskamer 11 se deur gaan skryf VOOR Maandag 16 Januarie se laaste periode!

 

2017 Skooljaar begin vir hele skool
Ons 2017 skooljaar begin op Woensdag 11 Januarie 2017 vir die hele skool om 07:30. Volle skooluniform MET baadjie. Skool sal gewone tyd - om 14:10 verdaag. 

Graad 8s
Skool begin vir ons 2017 Graad 8's op Dinsdag 10 Januarie 2017 om 08:00. Skooluniform sonder baadjie. Bring pennesak, huiswerkboek en notaboek/skryfblok in jou tas. Julle sal handboeke ontvang. Skool sluit 13:50 op Dinsdag vir julle.
Die graad 8 oueraand is op Dinsdag 10 Januarie 2017 om 18:00 vir 18:30 in ons skoolsaal (slegs ouers)

 

Matrieks

Veels geluk aan ons 2016 matrieks met die wonderlike uitslae! Ons is baie trots op julle!!!

Matrieks van 2016 kry Donderdag 5 Jan om 12:00 hul uitslae in ons skoolsaal.


 

4x4 dag


Mahindra Kwagga 4 x 4 2017 Inskrywings- en Ondersteuningsvorm.pdf


 


 

Terreinpersoneel sê dankie!

Baie dankie aan al die ouers en leerders wat 'n bydrae tot 'n lekkerder feestyd aan ons terreinpersoneel gemaak het.
Waardeer dit opreg!
Chinese Scriven.



 


 

Ramble rugsakke vanaf Jan 2017 vir HS Outeniqua leerders beskikbaar


 

#Ramble #BestBagsEver #ProudSponsor​


 

 

Knysna-hulpfonds
Die Eden Distrik munisipaliteit koordineer insameling vir mense in Knysna. Ons doen 'n beroep op leerders en ouers om enige produkte môre (Vrydag 9 Junie) en volgende week na die skool te stuur. Ons sal sorg dat dit by die versamelpunte uitkom.