Skip Navigation LinksOOV

OOV

 

Namens die OOV wil ons almal terugverwelkom en vertrou dat 2017 'n geseënde jaar vir elkeen sal wees. 

Ons wil graag ook elkeen van u uitnooi om met die OOV se Bestuur (Attie Bedeker - 082 896 4382, Alet Fourie - 072 582 9235) in verbinding te tree indien u beskikbaar is om saam met 'n groep wonderlike en entoesiastiese mense op 'n Saterdag te kom saamspan en deel te wees van ‘n spanpoging om die sportdae wat op die gronde van Outeniqua Hoërskool aangebied word, ‘n groot sukses te maak.  Met groot pret, lag, gesels en werk vlieg die tyd in die Hommel Trommel in 'n japtrap verby. Kom wees betrokke en ontmoet nuwe vriende en selfs ou kennisse deur jou beskikbaar te stel om te kom help by die Hommel Trommel op ‘n Saterdagoggend wanneer daar ‘n sportgeleentheid aangebied word by die skool.  Ons het elkeen van u nodig, al is dit net om 'n broodjie te smeer, sout op die chips te gooi of te help braai.  Ons sien daarna uit om van u te hoor.

Groete uit die Hommel Trommel.