Skip Navigation LinksOud-Kwaggas-in-die-Nuus

Oud-Kwaggas in die Nuus​

 

2016

Baie geluk aan Elroy Galant, 'n oud-Kwagga, wat op 22 Mei 2016 op die Fanny Blankers-Koen-byeenkoms in Nederland 'n nuwe SA rekord van 13:04.88 in die 5000m vir mans, opgestel het.


Die volgende twee oud-kwaggas is ingesluit in die SA o/20 rugbyspan:

Eduard Zandberg (matriek 2014)
Manie Libbok (matriek 2015)


Baie geluk aan Sue Pyler (matriek 2008) wat 'n ATKV Veertjie-toekenning ontvang het vir die beste aanbieder en onderhoudvoerder van 'n joernaalprogram.

​Kwaggaland is baie trots op jou!!!








2015

Abrie de Swart, Lektor in Opvoedkunde: NMMU, George Kampus is vanjaar opgeneem in die "Hall of Fame" van Suid-Afrikaanse Atletiek se Afrigtersafdeling. Hy is slegs die 21ste afrigter in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse atletiek om opgeneem te word. Dit maak hom deel van 'n groep mense soos Ivor Potgieter, Wium (Mossie) Mostert, Kaai Preller, Steve Rautenbach, Tersius Liebenberg - almal oudonderwysers en dosente, in die geledere van ons land se afrigters wat die sport help ontwikkel het en derduisende jong mense help slyp het. Abrie is boonop ’n oud-Kwagga, en jarelange SAOU-lid.