Skip Navigation LinksAtletiek

​Atletiek

 

Baie welkom by Kwaggaland se atletiekwebblad. By Kwaggaland is ons baie trots op ons atletiek, want sedert 2010 is dit seer sekerlik een van die sterkste sportsoorte in die skool. Ons het ongeveer 250 atlete wat aktief aan dié sport deelneem.

'n Groot rede waarom atletiek so gewild is, is die feit dat ons soos 'n groot familie is en dat almal vir mekaar belangrik is.

Ons gaan baie op toere wat verseker dat ons nie net teen die beste skole in die land kompeteer nie, maar dat elke individu hom of haar kan meet teen die bestes in die land. Dit is juis hierdie byeenkomste wat verseker dat ons jaarliks medaljes op SA's verower en dat ons internasionale atlete oplewer. Ons neem aan die volgende byeenkomste deel, naamlik:  die HJS Uitnodigingsbyeenkoms in die Paarl, Hoërskool Punt se Top 10 byeenkoms, Bredasdorp se Top 10 byeenkoms, Moorreesburg se Top 10 byeenkoms asook die Grey-byeenkoms in Bloemfontein.

Nog 'n pluspunt vir Kwagga atletiek is dat ons 'n verskeidenheid van items afrig, bv. hekkies, naellope, middel/langafstand, hamergooi, stap, verspring, driesprong, gewigstoot, diskus en spiesgooi. Elkeen van ons afrigters is uitstekend gekwalifiseer en het reeds atlete opgelewer wat medaljes op nasionale en internasionale vlak verower het.

Ons grootste mikpunt is dat Kwagga atlete na skool sal voortgaan met hulle atletiek. Dit is daarom dat ons baie trots is op soveel van ons atlete wat nie net na skool rekords laat spat nie, maar wat op internasionale vlak hul stempels afdruk. Atlete soos bv. Anél Oosthuisen (Nasionale en SA-rekord in 20km stap, Olimpiese spele), Annemie Smith (eerste SA- vrou wat die hamer nie-amptelik oor die 60m gooi), Elroy Gelant wat puik presteer het by die Olimpiese spele.

 

Oefentye en Afrigting: 

AFRIGTERITEMDAG TYD
Me. K. Olivier
 
 

Hoogspring                       

 

Maandag
Dinsdag
Donderdag
15:00 - 16:00
15:00 - 16:00
15:00 - 16:00
Mnr. J. Wolfaardt
 
 
Mnr. J. Wolfaardt

Gewigstoot

 
Hamergooi

Maandag, Dinsdag, Donderdag

Maandag, Dinsdag, Donderdag

16:00 - 17:00

 
15:00 - 16:00

Mnr. H. SwanepoelNaellopeMaandag tot Donderdag14:30 - 16:00
Mnr. G. GibsonHekkiesMaandag tot Donderdag14:30 - 16:00
Me. L. SmitMiddelafstandeMaandag tot Donderdag14:30 - 16:00
Me. M. StronachVerspring  en DriesprongMaandag tot Donderdag15:00 - 16:00
Mnr. V. le GrangeDiskus Maandag tot Donderdag15:30 - 16:30
Mnr. V. le GrangeSpiesgooiMaandag tot Donderdag14:30 - 15:30

 


 

 

Onlangse noemenswaardige prestasies en nuus:

Atletiek prysuitdeling 2017.pdf
 

 

Atletiek SWD-span Kwaggas
 
Hoërskool Outeniqua het weereens 'n sterk groep atlete vanjaar wat ingesluit is in die SWD span, vir deelname aan die Wes-Kaapse hoërskole-atletiekkampioenskappe, tydens 18-19 Maart in die Paarl.


 

 

Opsomming van uitslae by SA's:
Marno April - 100m goue medalje - nuwe SA rekord (10.76s), goue medalje in verspring - SA rekord, goue medalje in medley aflos, goue medalje in 4x100m aflos.
Stefan van Wyk - goue medalje in 400m, goue medalje in medley aflos, goue medalje in 4x100m aflos (49s).
Meike Strydom - goue medalje in gewigstoot (16.2m) - kwalifiseer vir Afrikaspele en Wêreldkampioenskap.
Adriaan Bouwer - goue medalje in spiesgooi (62.88m).
Luné van der Westhuizen - silwer medalje in medley aflos.
Nissi Jansen - 4de plek in 100m.

Veels geluk aan almal - julle maak Kwaggaland baie trots!!!

 

 

Paarl - Januarie 2017


 
  

 


 


 

 


 

 

 

ATLETIEKVERSLAG
2017

KLEURE ATLETIEK

Eerstens kan 'n mens nie anders as om aan elke ondersteuner, deelnemer, spankaptein en dirigent  'n spesiale woord van dank te sê nie, want as dit nie vir bogenoemde was nie, sou die dag nie naastenby so 'n reuse sukses gewees het nie.

Die dag is deur die Blouspan gewen . Die Rooispan  het met die louere weggestap as die span wat die beste gees gehad het.

Daar is altesaam 18 rekords gedurende die dag verbeter (2 meer as in 2016). Daar is ook twee rekords geëwenaar.

NAAM EN VANGESLAGOUDERDOMITEMAFSTAND/TYDGEWIG
Lize MinnieDogter14Paalspring2,00m 
Lané CoertzeDogter14Spiesgooi33,38500g
JD HeynsSeun14Gewigstoot14,52m4kg
Stephny PedroDogter15800m
1500m
2:26,9
5:01,5
 
Miré ReinsoffDogter15Paalspring
90m Hekkies
2,90m
14,09
 
Meike StrydomDogter17Gewigstoot
Diskus
16,84m
40,22m
3kg
1kg
Maretha TheronDogter17Hamergooi39,03m3kg
Simonn SwanevelderDogter17Paalspring3,30m 
Marnel CoertzeSeun17Paalspring3,10m 
CJ NiemandSeuns17Hamergooi54,58m5kg
Andrée RouxDogters19100m Hekkies15,19 
Minnike van der MerweDogter19200m
400m
26,9
62,3
 
Barry BothaSeuns19Diskus
Hamergooi
44,56m
51,32m
1,75kg
6kg
Ruan NormanSeuns19Paalspring2,90m 

 

Die volgende atlete het rekords geëwenaar nl.

NAAM EN VANGESLAGOUDERDOMITEMAFSTAND/TYD
Ellen KleinshmidtDogter15100m13,00
Minnike van der MerweDogter19100m13,00

 
Beste individuele prestasies:

OUDERDOMGESLAGNAAM EN VANITEMPRESTASIE
14 jaarDogterLané Coertze90m Hekkies14,7
14 jaarSeunJD HeynsGewigstoot14,52m
15 jaarDogterMiré Reinsoff90m Hekkies14,9
15 jaarSeunHenry TrompHamergooi43,9m
17 jaarDogterMeike StrydomGewigstoot16,84m
17 jaarSeunCJ NiemandHamergooi54,58m
19 jaarDogtersAndrée Roux100m Hekkies15,19
19 jaarSeunBarry BothaHamergooi51,32m

 
Die beste individuele prestasie van die dag was Meike Strydom. Sy het 970 punte behaal  in haar gewigstoot.

 

2

Bekerwenners:
 
Junior Victrix Ludorum          : Lané Coertze
Junior Victor Ludorum           : Joshwin Botha
Senior Victrix Ludorum         : Meike Strydom
Senior Victor Ludorum          : Zander Labuschagne
 
HJS UITNODIGINGSBYEENKOMS
 
Na afloop van die Kleure-atletiekbyeenkoms het van ons atlete aan die HJS Uitnodigingsbyeenkoms wat in die Paarl plaasgevind het, deelgeneem. Die doel van die byeenkoms was om ons atlete soveel as moontlik blootstelling te gee voordat die groot byeenkomste van die jaar sou plaasvind. Hierdie besluit het vrugte afgewerp, want ons atlete het weereens skitterend gevaar.

Ons het altesaam 15 eerste, 14 tweede en 4 derde plekke behaal. Voorwaar  prestasies om op trots te wees.
Na afloop van die byeenkoms is Meike Strydom aangewys as die beste dogters veldatleet van die dag. Sy het in die gewigstoot vir dogters 17 jaar 16,68 meter gestoot. Sy het altesaam 969 punte verwerf  op die Bekker-tabelle. Twee van ons dogters het ook rekords verbeter nl. Meike Strydom in gewigstoot en Ellen Kleinsmidt in die honderd meter.

https://encrypted-tbn3.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcQ2aLDnOibrv2OmfCsiJt8JS_mn_MljH5ElLc53wpv7-5e6Muhx

LOOP- INTERSKOLE-ATLETIEKBYEENKOMS
 
Kwaggas het soos oudergewoonte weereens puik presteer by die derde Interskole-atletiekbyeenkoms. Outeniqua het nege van die tien trofeë wat op die spel was, gewen. Ons het die derde jaar in 'n ry die geesbeker gewen. Kwaggas het ook die meeste goue medaljes verower nl. 75. Na afloop van die byeenkoms is daar in elke ouderdomsgroep die beste seun en dogtersprestasie aangewys. Die volgende atlete het toekennings daarvoor ontvang nl.

OUDERDOMGESLAGNAAM EN VAN
14 jaarDogterNeline Naudé
14 jaarSeunJD Heyns
15 jaarSeunCashton Michaels
15 jaarDogterMiré Reinstorff
17 jaarSeunCJ Niemand
17 jaarDogtersMeike Strydom
19 jaarSeunBarry Botha

 
Meike Strydom se 17,55m in gewigstoot vir dogters 17 jaar was die beste prestasie van die dag. Dit was ook 'n nie amptelike SA-rekord. Sy het altesaam 988 punte op die Bekker tabelle verwerf.
 
GEORGE STREEKSBYEENKOMS
 
Kwaggas het na afloop van hierdie byeenkoms weereens gewys dat Kwagga atletiek nogsteeds van hoogstaande gehalte is, want ons het 81 eerste, 55 tweede en 25 derde plekke behaal. Kwaggas was vir 15 van die 19 rekords wat gedurende die  byeenkoms verbeter is, verantwoordelik nl.

NOOUDERDOMGESLAGNAAM EN VANITEMPRESTASIE
114 jaarDogterLize-Ann MinniePaalspring1,83m
215 jaarDogterEllen Kleinschmidt100m12,7
315 jaarDogterMiré ReinstorffPaalspring2,62m
415 jaarSeunJayden CrousePaalspring2,10m
517 jaarDogterNolene van Rensburg1500m Stap7:49,9
617 jaarDogterMeike StrydomGewigstoot
Diskus
16,79m
39,28m

 

3
 

717 jaarDogterSimonn SwanevelderPaalspring3,32m
817 jaarSeunDaniël SnymanHoogspring1,88m
917 jaarSeunCJ NiemandHamergooi51,98m
1017 jaarSeunMarnel CoertzePaalspring3,32m
1119 jaarDogterMinnike van der Merwe200m27,0
1219 jaarSeunRiaan Scorgie400m Hekkies58,3
1319 jaarSeunBarry BothaHamergooi
Diskus
50,02m
43,38m
1419 jaarSeunRuan NormanPaalspring2,62m

 

Spesiale melding moet gemaak word van Meike Strydom en Barry Botha wat beide twee rekords verbeter het en Meike Strydom wat weereens die prestasie van die dag gelewer het toe sy  in die gewigstoot item vir dogters 17 jaar 'n afstand van 16,79m gestoot het. Sy het 970 punte op die Bekkertabelle daarmee verdien.
 
ASWD-BYEENKOMS
 
Tydens die ASWD-atletiekbyeenkoms op Oudtshoorn is vier en vyftig (twee en veertig in 2016) Kwagga atlete in die SWD-atletiekspan opgeneem wat aan die Wes-Kaap Kampioenskappe in die Paarl deelgeneem het. By hierdie byeenkoms moes hulle kwalifiseer om aan die SA Kampioenskappe deel te neem.

DIE VOLGENDE ATLETE WAS ALMAL IN DIE SWD-SPAN:
Chené Adam, Jana Botha, Deàndri Boucher, Tharien Breytenbach, Klariska Broxham, Lané Coertze, Annuske Coertze, Ancois Jordaan, Ellen Kleinschmidt, Zanelle Kuyler, Anuk Maloney, Lize-Ann Minnie, Neline Naudé, Carmen Olivier, Stephany Petro, Miré Reinstorf, Andrée Roux, Lara Schlechter, Meike Strydom, Simonn Swanevelder, Maretha Theron, Nolene van Rensburg, Caylynn Victor, Kiara Wolmarans, Shané Kruger, Barry Botha, Joshwynne Botha, Marnel Coertze, Jaydan Crouse, Gerhard Doubell, JC Farmer, Darryl Solomons, Ridge Gaffley, JD Heyns, Zander Labuschagne, Caston Michaels, Joshua Mostert, CJ Niemand, Ruan Norman, Quen Olivier, Riaan Scorgie, Stefan van Wyk, Daniël Snyman, Juan Terblanche, Henry Tromp, Claude van der Schyf, Christian van Wyngaardt, Marno April, Ruben Lombard.

In 2017 het die Kwagga-atlete hierdie gesogte byeenkoms (ASWD-byeenkoms) totaal oorheers en ongeveer 150 atlete van Kwaggaland het aan die byeenkoms deelgeneem. Kwaggas het by die ASWD-byeenkoms 42 eerste, 29 tweede en 15 derde plekke behaal.
 
WES-KAAPLAND BYEENKOMS (Daljosafat, Paarl)

Ons atlete het uitstekend gevaar by die Wes-Kaapland byeenkoms en het die volgende prestasies behaal, nl.
7 goue medaljes, 3 silwer medaljes en 7 brons medaljes.

Die volgende atlete het medaljes verower nl:
 
Goud:
Meike Strydom, Carmen Olivier, Ruan Norman, Kiara Wolmarans, Annuske Coertze, Ellen Kleinschmidt, Stephany Petro (rekord).

Silwer:
Simonn Swanevelder, Andrée Roux, Nolene van Rensburg.

Brons:
Miré Reinstorf, Barry Botha, Stephany Petro, JD Heyns, Nolene van Rensburg, Stefan van Wyk, Ellen Kleinschmidt .
 
 
 
SA – BYEENKOMSTE:
 
SA - SKOLE BYEENKOMS (Durban)
 
Die volgende atlete het wel aan die SA-skole byeenkoms gaan deelneem nl. Meike Strydom, Stefan van Wyk, Kiara Wolmarans, Barry Botha, Annuske Coertze, Ruan Normen, Simonn Swanevelder, Nolene van Rensburg, Andrée Roux, Miré Reinstorf,  Stephany Petro, Carmen Olivier, Ellen Kleinschmidt, Hanno du Plessis, JD Heyns. Ons Kwagga-atlete het tien medaljes verower, nl.

Ellen Kleinschmidt                 : goud - "medly" aflos dogters o/15
                                                  silwer - 4 x 100m aflos dogters o/15
Meike Strydom                       : goud - gewigstoot dogters o/17
Hanno du Plessis                     : goud - hamergooi seuns o/17
Stefan van Wyk                      : silwer - 4 x 100m aflos seuns o/17
                                                  silwer - "medly" aflos seuns o/17
Simonn Swanevelder              : silwer - paalspring dogters o/17
Nolene van Rensburg              : silwer - 5000m stap dogters o/17
Ruan Norman                          : brons - paalspring seuns o/19
Andrée Roux                           : brons - "medly" aflos dogters o/19    
 
SA - JUNIOR BYEENKOMS (Groenpunt, Kaapstad):
 
Dit raak nou al 'n gewoonte dat ons Kwaggas medaljes by bogenoemde byeenkoms verower. Ons Kwagga-atlete het 4 medaljes verower, nl.

Meike Strydom                       : goud    - gewigstoot dogters o/17    
Hanno du Plessis                     : goud - hamergooi seuns o/17
Simonn Swanevelder              : silwer  - paalspring dogters o/17
Nolene van Rensburg              : brons - 5000m stap dogters o/17
                                     
Die volgende atlete het ook aan bogenoemde byeenkoms deelgeneem, nl. Kiara Wolmarans, Simonn Swanevelder, Nolene van Rensburg, Andrée Roux, Barry Botha, Jana Botha, Maretha Theron, Meike Strydom, Marnel Coertze, Hanno du Plessis, Annuske Coertze, Tharien Breytenbach, CJ Niemand, Daniël Snyman, Darryl Solomons.
 
 
Kwaggas het altesaam veertien medaljes tydens die SA-skole en junior byeenkomste verower. Baie geluk aan bogenoemde atlete wat gesorg het vir puik prestasies by die SA- byeenkomste.