Skip Navigation LinksBuite-Sport

Buite Sport


2017

Die volgende leerders het aan ISKA Sport Martial Arts se SA Kampioenskappe deelgeneem:

SWD A-Span
Tertius Human
Alexis Scriven
Wayne Harper
Luan Venter
Jean-Luc Adendorff
Dennis Germishuys

SWD B-Span
Keawan Williams
Divan Coetzee
Levi de Bruijn

SWD Ontwikkelingspan
Wian Westraad
Ben-Franco Havenga
Chris Anderson
James Anderson
Lawrence Victor

 


Die SA Laserrun 2017 kampioenskappe is gehou tydens die laaste naweek van April, te Dal Josafat, Paarl.
Die volgende 3 atlete van Hoërskool Outeniqua het deelgeneem aan die kampioenskappe:
AC Kleynhans – 5de in Seuns o/19 ouderdomsgroep
Suné Visser – 14de in Dogters o/19 ouderdomsgroep
Elka Scholtz – 8ste in Dogters o/17 ouderdomsgroep
AC Kleynhans het gekwalifiseer vir die SAMPA Span (SA Span) om deel te neem aan die Wêreld Kampioenskappe 4 – 7 Oktober 2017 te Kaapstad.
Ons wag tans nog op die lys van atlete wat kwalifiseer vir die President span (B-span en ontwikkelingspan).  Suné Visser en Elka Scholtz verwag ons om te kwalifiseer hier, sodra ons die finale lys van atlete ontvang het sal ons dit deurgee aan die skool.
Suné Visser en AC Kleynhans was ook die Span Kapteine tydens die SA Kampioenskappe.


 

Argief

 

Toutrek

Joléne Gous is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Wêreld Buitelug Toutrek Kampioenskappe ("World Outdoor Tug-of-War Championships"), wat tydens 8-12 September 2016 in Swede plaasvind.


 

Laser Run Eden Champs 2016 (gehou op 24 April)

Gustav Schlechter, Lara Schlechter, en Suné Visser (AC Kleynhans) het Eden Kleure verwerf en gekwalifiseer om op Woensdag 27 April aan die Wes-Kaap Kampioenskappe in Paarl te gaan deelneem.

Uitslae van die 24 April 2016 byeenkoms: Laser Run Eden Champs 2016.pdf


 

Jukskei
November 2015

Die volgende Kwaggas het volgens die Wes-kaap Jukskei Federasie hul Wes Kaap Provinsiale kleure verwerf vir jukskei: 

Amore Slabbert
Johane Jordens

 

 

Skermkuns

Bygevoeg op 25 Mei 2015

Baie geluk aan Dandre De Jong, met sy insluiting in die SA span (CFJCC 2015 Team.pdf) vir deelname aan die “Commonwealth Fencing Championships 2015 “. Hy het gekwalifiseer vir die “Junior Sabre" en "Cadet Sabre” afdelings. Daardie kompetisie vind plaas tydens 11 - 17 Julie 2015.


 

Jaggeweer Junior Suid-Kaap o/18 span


Sieg Minnie Jr. en sy span is as die nasionale kampioene gekroon!

Hulle het uitstekend gedoen en benewens hul oorwinning in die junior kategorie het hulle ook algeheel sewende geëindig uit die ses-en-vyftig spanne teenwoordig. Hy was, soos verlede jaar, die kaptein van die span en het hom onderskei op leiersvlak. Daar is ook agterna 'n onderhoud gevoer met hom deur die vervaardiger van die Kyknet program Wild en Wragtag. Dit sal later gedurende die jaar gebeeldsend word.


Op die foto is Sieg Minnie, asook die uitslae.

 

Skermkuns


Dandre de Jong het die jaar baie goed gedoen met skerm in die dissiplines van epee en sabel.  Hy het verlede jaar reeds sy WP kleure ook ontvang.  Skerm as Olimpiese sport erken nie streke nie en skermers kan net kwalifiseer as 'n erkende provinsie van die land.

3-4 Mei - Eden Ope @ George – Brons medalje in Senior mans sabel

4-5 September - KZN Ope @ Durban - 5de plek in beide Junior Mans Epee en Junior Mans sabel

4 Oktober - Junior Nasionale Kampioenskappe@ Pretoria – Brons medalje Junior Mans Sabel – 5de plek Junior Mans epee.

Dandre het ook die afgelope naweek (17-19 Okt) die trofees gekry vir WP se beste kadet epee en beste kadet sabel.  Hy het weer sy WP kleure ontvang vir die seisoen wat strek tot Oktober 2015. 

Dandre is op die oomblik 4de in die land met junior mans sabel.   ( hy kwalifiseer nou vir sy Springbok kleure maar as dit offisieel is sal ons laat weet want dit verskyn eers voor 'n kommitee.)

Eckardt Reyneke ook van Outeniqua graad 9 het agtste gekom by die Junior Nasionale Kampioenskappe met Junior Mans Epee.