Skip Navigation LinksGholf

Gholf


 

Afrigting: Die meeste van die leerders het hul eie afrigters.  Hulle speel op ‘n gereelde basis op die groot verskeidenheid bane in die Suid-Kaap.

Oefentye: Met baie groot dank aan Oubaai wat hulle fasiliteite beskikbaar stel vir afrigting aan leerders van Outeniqua.  Die skool vervoer die leerders Dinsdae en Donderdag middae vir afrigting na Oubaai.


 

Onlangse noemenswaardige prestasies:

2017

Tydens die April skoolvakansie het Christo Lamprecht en Eben Spangenberg van 3-5 April aan die SA Boys u19 Strokeplay Kampioenskappe te Langebaan deelgeneem. Eben het T32 met 'n telling van +8 geeindig. Christo het met 'n telling van -14 in die "Play-off" 2de geeindig. Hy het ook in die "Matchplay" 'n 2de plek verwerf.
Christo het tydens die All Africa Junior Golf Championship by die Royal Harare Golf Club (26-31 Maart) in Zimbabwe sy Junior Proteakleure in Gholf verwerf. Die SA Junior span het die kampioenskap gewen en neem 9-17 Junie deel aan die World Junior Golf Championship wat in Japan gaan plaasvind.
Christo het ook 10-14 April aan die 2017 Africa Region 5 Golf Championship te Nkana Golf Club, Kitwe , in Zambia deelgeneem en sy Senior Proteakleure verwerf.

 

Argief


 

Op die foto is drie Kwagga gholfers, Eben Spangenberg (o/19 B), Carlo Heunis (o/19 A) en Christo Lamprecht (o/19 A) wat deur die Suid Kaap Golf Unie gekies is vir die O/19 Spanne van die Nomads, Imperial Auto/MFC Heptangular 2016. Die toernooi gaan gedurende 1 – 4 Oktober 2016 te Kingswood Golf Estate plaasvind.


 


Christo Lamprecht van HS Outeniqua en lid van die Louis Oosthuizen 57 Junior Akademie, het vanaf 7-9 Januarie aan die Nomads SA Seuns o/15 Nasionale Golf Kampioenskappe te Fish River Sun deelgeneem.

Hy het uitstekend gevaar en 'n brons medalje vir 'n gesamentlike derde plek ontvang. Christo was ook die top speler van die Suid-Kaap.  


 

2015:

Baie geluk aan Jovan Rebula wat Suid-Afrika verteenwoordig het.  Die jong seuns wat die skool se naam hoog hou in toernooie wat hulle speel.


 

'n Order of Merit (OOM) kompetisie is op 9 Maart 2015 by Kingswood Gholfklub gespeel en die volgende Kwaggas het presteer:

A-afdeling: Christo Lamprecht eindig 1ste, NJ Botha behaal die beste net

B-afdeling: Brandon van der Walt eindig 1ste