Skip Navigation LinksDogters

​Hokkie: Dogters


 

Kwagga dogtershokkie toon ‘n konstante getal deelnemers oor die laaste sewe jaar. Die volgende spanne kon saamgestel word:  o/18 A-D, o/16 A-E, o/14 A-C.  Reeds vanaf die kondisionering het die speelsters groot potensiaal getoon. Dit is lekker om te sien hoe die meisies se hokkievaardighede en spel groei.  Ons dogters se gedrag op en van die veld af was prysenswaardig.  Baie dankie aan elke speelster wat betyds, netjies en korrek geklee en met entoesiasme by oefeninge en wedstryde opgedaag het.  Onthou:  ons speel hokkie omdat dit lekker is.

 

2017 Afrigters:  Dogtershokkie(opgedateer 20170518)

o/18

o/16

o/14

A :  N. Olivier

A:  M. Potgieter

A:  B. Gibson

B:  T. de Swart

B:  C. Russouw

B:  V. du Toit

C:  M. Basson

C:  G. Falck

C:  B Banfield

D:  M. Smith



  

Hokkie: DF Malan kursus

Die o16A en o18A Dogters het tydens 17-21 Maart 2017 deelgeneem aan die jaarlikse DF Malan Hokkie Kursus. Beide spanne het baie geleer en uitstekend gevaar. Ons sien uit na 'n opwindende seisoen langs die hokkieveld.

Verder wil ons graag dankie sê vir Michael du Plessis (gr 11) en Alexander Laubscher (gr 10) wat saam gegaan het om as skeidsregters op te tree. Beidie hierdie leerders het baie goeie terugvoer oor hul skeidsregtingsvermoeë gekry. Ons weet dit is nie altyd maklik om die skeidsregter te wees nie, maar ons is dankbaar vir leerders wat bereid is om te leer en te help. Julle hou die Kwaggas se naam hoog!

 

Dogtershokkie: Eerstespan se oefenwedstryd teen Stellenberg 2017

Dit is vir Stellenberg 'n jaarlikse gebruik om 'n oefenwedstryd teen die Kwaggas te kom speel op pad na hul toernooi in PE. Hierdie jaar het die Kwaggas hul uitstekend van hul taak gekwyt. Stellenberg het weg gestap met 'n 3-1 oorwinning. Die Kwaggas het goeie hokkie gespeel en tenspyte van baie sterk opponent nie 'n oomblik moed op gegee nie. Dankie vir julle mooi spangees en uithouvermoeë. Ons sien uit om te kyk wat gebeur wanneer ons later in die jaar weer teen Stellenberg speel.​