Skip Navigation LinksMuurbal

​Muurbal

 

Oefenintye (opgedateer 2017/5/25)


Maandag DinsdagWoensdagDonderdag
15:00S top 8M top 8Ligawedstryde
Beginners
15:45M top 8S top 8Ligawedstryde
Beginners
16:30S 9-16S 9-16  
*M= Meisies


*S=Seuns





Afrigters:

Mnr. Monré Swanepoel is die afrigter en is vanaf Januarie 2017 as assistent-onderwyser by die skool aangestel.  Sy kontaknommer is 082 848 8551.

Organiseerder: Mev Nicola Zandberg is verantwoordelik vir die organisasie van alle muurbalbedrywighede by die skool en is ook die skakelpersoon tussen SWD en die skool. Sy is beskikbaar in klaskamer 11 in die dubbelverdiepinggebou vir enige navrae.

Daar is ‘n Whatsappgroep vir alle spelers en enige belangrike inligting word ook daarop deurgegee.  Spelers word versoek om dit professioneel te hou en slegs vir reëlings te gebruik.


 

Eerste muurbal slaggereed vir die 2017 seisoen

Graag bedank ons die borg, Louis Terblanche, van R & S Communictions vir die pragtige klere.  Ons waardeer dit opreg.  Dit motiveer elke muurbalspeler om hul bes te doen.  Voorspoed en seën vir die seisoen

​​
 Hoërskool Outeniqua is trots op die spelers geklee in hul nuwe spandrag.  Veels geluk aan:

​Agter vlnr: Christiaan Herselmann, Botha van Greunen, Lihan Terblanche, Beate Niemand, Lloyd Landsberg
Voor vlnr: Tinus Botes, Monré Swanepoel, Chloê Landsberg, Alouise Campher, Carmen Venter
Afwesig: Hilge Halbich

 


 

 
 


 


 

Opkomende gebeure:


 

Onlangse noemenswaardige prestasies:

SA Plattelandspan Kwaggas

Hoërskool Outeniqua is baie trots op ons sewe muurbalspelers wat gekies is vir die Suid-Afrikaanse Plattelandspan.  Hulle neem van 1 tot 5 Julie 2017 deel aan die IPT-toernooi.


 

Veels geluk aan

Agter vlnr: Carmen Venter, Lihan Terblanche, Reynier van Rooyen en Lloyd Landsberg
Voor vlnr: Chloê Landsberg, Alouise Campher en Botha van Greunen

Ons beste wense vergesel julle.  Gaan speel julle harte uit!


 

SA Platteland muurbaltoernooi

Tydens die afgelope SA Plattelandtoernooi (naweek van 28 April, in Bloemfontein)) het verskeie van ons spelers pragtige prestasies behaal.  Ons is nog in afwagting van die amptelike uitslae en wil dus geen name nou al uitsonder nie.  Baie geluk aan almal wat pragtige spel en sportmangees geopenbaar het.  Julle het die Kwaggas se naam hoog gehou.​

 

 


 

Baie geluk aan die onderstaande muurbalspelers wat in die onderskeie SWD-spanne opgeneem is. 

 

ONDER 14 SEUNS
1.  Wikus Jordaan

ONDER 16 DOGTERS
1.  Alouise Campher
2.  Chloê Landsberg
3.  Carmen Venter

ONDER 16 SEUNS
1.  Lloyd Landsberg
2.  Tinus Botes
3.  Ruach Roux
4.  Reynier van Rooyen
5.  Estian de Kock
6.  Tycho van Camp
7. Stehan van der Westhuizen
Reserwe: Ruan Bath

ONDER 19 DOGTERS
1.  Hilge Halbich
2.  Biate Niemand
3.  Mardine van den Heever

ONDER 19 SEUNS
1.  Botha van Greunen
2.  Lihan Terblanche

Reserwe
1.  Dean Bown
2.  Retief Scholtz