Skip Navigation LinksRugby

Rugby

banier_sport_rugby.jpg 

Oefentye:

         SPAN            VELDDAGTYD
O/14CMa, Di, Do.15:00 – 16:30
O/15CMa, Di, Do.16:00 – 17:30
O/16BMa, Di, Do.16:00 – 17:30
O/19C EN DBMa, Di, Do.16:00 – 17:30
O/19A EN BAMa, Di, Do.15:30 – 17:30

Alle voorrye oefen op Wo. by IH vanaf 15:30 – 16:30.

O/14 en O/15-skoppers oefen op Wo. by RvA op B-veld vanaf 15:00 – 16:00.
O/16 en o/19-skoppers oefen op Wo. op A-veld vanaf 16:00 – 17:00.(RvA)

Somer: Ma, Di en Do vanaf 17:00 tot 18:00.

Afrigters: Sien dieOHS Rugbystruktuur.pdf

Organiseerder: Mnr Deon Minnie is die rugby-organiseerder en kan gekontak word by rugby@outeniqua.co.za vir navrae.

 

Onlangse noemenswaardige prestasies:

Die volgende seuns is opgeneem in die SWD 2017 Rugbyspanne:
 
PROVINSIAAL:
RUGBY o/18 Cravenweek:                                                                                    
Darren Fortuin                                                                                                 
Emileo Otto                                                                                                       
Dillon Pieterse                                                                                                 
Ruben Coetzee                                                                                                
Louis Meiring                                                                                                    
Sylvester Hassien                                                                                            
James Mollentze
 
o/18 Akademie:
Herchell Otto
Aylen Schabort
Braam van Huysteen
Conrad Ackerman
Stephan Leonard
Alexander van Biljon
 
Grant Khomo o/16:
Leon Volschenk
Zander Botha
Curtley Smith
Hendrik Hattingh
Auburn Bezuidenhout
Matthew Thorne
Liam Samaai
Devon Frans
Tiaan Burger
Jandre le Roux


 


 

Die 1ste XV wen in 2012 die Burger Trofee Finaal. Hulle beklee ook in 2013 die tweede plek op www.rugby365.co.za se ranglys. Dertien o/18-spelers kry plek in die SWD Cravenweekspan. Ag van ons o/16-spelers kry plek in die SWD Grant Khomo span.
By die Kearsney Rugbyfees wen ons ook vir Grey Kollege van Bloemfontein met 22–20.
Die hoogtepunt was toe 4 van ons spelers die SA-skole se o/18-span haal en ook 4 spelers in die SA-skole se 7’s span opgeneem word.
Ons het ook gedurende die Oktobervakansie in Mauritius met ‘n 7’s span aan die eerste Afrasia Bank Internasionale Toernooi gaan deelneem. Ons wen hierdie toernooi en Niven Langdown word deur Paul Treu as die speler van die toernooi aangewys.

 

Opkomende gebeure:


 

 

Argief:

 

Noord-Suid Rugbytoernooi


 

Die wedstryde by Noord-Suid gaan lewendig “gestream” word. Sien die inligting hieronder.

Saterdag  1 April
A-VELD HOERSKOOL WATERKLOOF
12:30  Eerste span:  EG Jansen vs Boland Landbou          https://www.youtube.com/watch?v=oix5wIZDyj4
14:00  Eerste span:  Garsfontein vs Paarl Gimnasium       https://www.youtube.com/watch?v=RoyzhTF_djc
15:30  Eerste span:  Menlopark vs Outeniqua                  https://www.youtube.com/watch?v=EBJ2D8m0uyk
17:00  Eerste span:  Waterkloof  vs Stellenberg               https://www.youtube.com/watch?v=yPZlpuwd7NM
 
Dinsdag  4 April
A-VELD HOERSKOOL WATERKLOOF
11:30  Eerste span:  Menlopark vs Stellenberg                 https://www.youtube.com/watch?v=YEbzds5Vbog
13:00  Eerste span:  EG Jansen vs Paarl Gimnasium          https://www.youtube.com/watch?v=6L8ZpqAReSk
14:30  Eerste span:  Garsfontein vs Boland Landbou        https://www.youtube.com/watch?v=znSL8V9KDtw
16:00  Eerste span:  Waterkloof  vs Outeniqua                 https://www.youtube.com/watch?v=VY9aiugJovc
 


 


Spanne en ouderdomsgroepe:
Ligas
Ons skool skakel in by die SWD Hoërskole Rugbyunie se grootskole liga. Ons behou die reg voor om te besluit teen watter skole ons wil speel en of ons teen hulle onderskeie A, B of C -spanne gaan speel ten einde opvoedkundig verantwoordbaar te wees.
Die getalle van beskikbare spelers asook beskikbare afrigters sal bepaal hoeveel spanne ingeskryf word. Die spanne wat vir 2014 ingeskryf word, sal soos volg wees : o/14A, B, C; o/15A, B, C; o/16A, B, C; o/19A, B, C en D.


 

0/16 GRANT KHOMO SPAN:
Bradley Kiewitz
Lance Lamprecht
Leighton Smart
Wilco du Preez
JP Stopforth
Sean Swart
Joshua Reid
Byron Booysen (Reserwe)
Franco Boshoff (Reserwe)
Justin Levendal (Reserwe)

AKADEMIEWEEK SPAN:
Logan Stoffels
JP Duvenhage
Clayton Kiewitz
Neil Otto
Riaan Kleyn

CRAVENWEEK SPAN:
Le Roux Baard (Kaptein)
Corné de Klerk
Curtley Prins
Christopher Roelofse
Eduan Zandberg
Anton Smit
Wynand de Necker
Andrew Kuhn (Reserwe)
Roux Swart (Reserwe)
Levuju Ndevu (Reserwe)
Niven Langdown (Reserwe)
Manie Libbok (Reserwe)


 

Die aktiwiteitsspyskaart in Kwaggaland is oneindig groot en streef daarna om selfs die vreemdste sportsmake te bevredig.  Een van die bekendste disse op die Kwagga spyskaart en wat selfs die fynproewer na sy asem laat snak, is rugby.  Kwaggaland spog met 'n roemryke en kleurvolle rugbygeskiedenis.

Kwaggas is ongetwyfeld een van die beste rugbyskole in die land.  Ons eerstespan tel reeds sedert 2000 onder die TOP 20 skole in die land.  Ons word ook elke jaar na al die prestige rugbytoernooie in die land uitgenooi.  Elke jaar bestaan die kern van al die SWD-verteenwoordigende spanne in alle ouderdomsgroepe uit spelers van Kwaggaland.  Ons bied ook jaarliks tydens die Aprilvakansie 'n uiters geslaagde O/14 en O/15-rugbytoernooi aan waar al die top skole in die land ons skool besoek. 

Dit is ons skool se beleid om onsself teen die beste skole in die land te meet.  In hierdie wedstryde gee ons spanne deeglik rekenskap van hulle talente en hardwerkendheid.  Gedrag op en van die veld af geniet 'n baie hoë prioriteit.

Verder is ons skool ook geseën met entoesiastiese, passievolle afrigters en puik fasiliteite.  Ons beskik oor 'n puik toegeruste gimnasium en biokinetiese sentrum met 3 biokinetici wat werk van onskatbare waarde verrig.

Mnr Abré Minnie, afrigter van Griekwas, is ook van die begin van die jaar by ons skool aangestel as hoof van sportontwikkeling. 

Ons kan tans 13 rugbyspanne in die veld stoot.  Ons mikpunt is om teen 2016 16 spanne in die veld te stoot.

Kwagga rugby is trots op prestasie en erken uitnemendheid.  Wen ten alle koste word egter nie geduld nie.  Die rugbyveld is vir elke onderwyser van ons skool 'n baie besondere opvoedingsterrein.  Puik sportmangees, netjiese en korrekte kleredrag is deel van die goeie dissipline wat van elke sportman vereis word.

"Ability will get you to the top, character will keep you there" - John Wooden

 

Algemeen

Die skool as opvoedkundige instelling behoort die plek te wees waar sportetiek en moraliteit ontwikkel word as deel van die groter opvoedingsdoel: om die kind voor te berei vir die volwasse lewe. Rugby bied aan die afrigter en die deelnemer veelvuldige opvoedkundige waardes soos:

  • Respek vir jou eie liggaam en die opponent se liggaam
  • Respek vir die reëls van die spel
  • Respek vir die skeidsregter se beslissings
  • Wen met trots, maar verloor met waardigheid sonder verskonings
  • Hou jou liggaam, houding, gedagtes rein as voorbeeld vir ander
  • Strewe na liggaamlike fiksheid en vermy selfsugtigheid en egoïsme
  • Deel jou sukses met ander
  • Dank die Skepper vir jou talente
  • Om jou medemens by te staan of op te hef.


    Die belangrikste saak is nie om te wen nie, maar om deel te neem met eerlike spel en dit met oorgawe te geniet.


Visie
'N TOP TIEN RUGBYSKOOL WAAR ALLE SPELERS DIE GELEENTHEID GEGUN WORD OM LEWENSVAARDIGHEDE AAN TE LEER WAT HULLE IN STAAT STEL OM ONAFHANKLIKE, SELFSTANDIGE EN VERANTWOORDELIKE ROLMODELLE IN ONS SAMELEWING TE WORD EN SO HULLE VOLLE POTENSIAAL AS MENSE TE VERWESENLIK.