Skip Navigation LinksSkaak

​​Skaak

banier_sport_skaak.jpg
 

Oefentye: Alle skaakspelers oefen Vrydagmiddae direk na skool, tot ongeveer 16:00 in die skoolbiblioteek. Daar is ook 'n bykomende weeklikse skaakoefening op Dinsdae, in klaskamer 36 (Mev de Beer se klas)

Toerusting en hulpmiddels: Ons skool beskik oor 30 volledige skaakstelle, asook 10 FIDE-goedgekeurde DGT 2010 skaakhorlosies, wat tydens oefeninge en toernooie gebruik word deur ons skool se spelers. 'n Aantal hoog aangeskrewe skaakonderrig boeke is onlangs vir ons spelers se gebruik aangekoop deur die skool. Uitstekende skaak sagteware is ook tot ons spelers se beskikking.

Afrigters: Afrigting word deur oom Terry Quirk behartig op Vrydagmiddae, en bykomende afrigting word ​gewoonlik tydens groot toernooie se voorbereiding gereël.

Organiseerder: Mnr Neels Blom is die skaakorganiseerder en kan gekontak word by skaak@outeniqua.co.za vir navrae

Borge: Ons hartlike dank aan die volgende borge m.b.t. ons skool se skaak:
Willie Roux Loodgieters - vir die borg van skaakhempies vir elk van ons Topskole spelers (2 spanne van 7 spelers elk) in 2013
Tokkie Nel Juweliers - vir die borg van skaakhempies vir al die o/15 Topskole spelers in 2014.
Liberty Life (Hereford Group) - vir die borg van Sportbaadjies vir al ons o/18A Skaakspan se lede.


Onlangse noemenswaardige prestasies en uitslae:


SA Skolesport Skaakkampioenskappe

Tydens die Julie skoolvakansie het George Swart en Suné Swart as deel van die Wes-Kaap span aan die SA Skolesport Skaakkampioenskappe in Durban deelgeneem by die Glenwood High School. Hulle het individueel deelgeneem en die punte is dan gebruik vir jou span se totale punte.

George Swart was 'n lid van die Wes-Kaap onder 18 seunsspan, wat die goue medalje verower het uit die 9 provinsies wat verteenwoordig was. George het ook algeheel 13de geëindig uit 63 spelers.

Sune Swart was lid van die onder 15 Wes-Kaap meisiespan wat ook met die goud weggestap het uit die 9 provinsies wat verteenwoordig is.  Suné het 5de geëindig in haar groep.

Wat merkwaardig was van beide hierdie 2 Skwaggas is dat hulle albei net 1 wedstryd verloor het uit die totaal van 9 wat hulle gespeel het!

Baie geluk, julle maak ons baie trots!!!


Eden spanne vir 2016 SAJSK

Die volgende Skaak Kwaggas is ingesluit in die Eden skoleskaak spanne vir vanjaar sa SA Junior Skaakkampioenskappe, wat tydens Desember 2016 in Boksburg plaasvind:

Eden Skoleskaakpanne vir SAJSK 2016 - Skwaggas gemerk.pdf

o18 ope:
George Swart
Pieter Dyzel

o16 ope:
Altin Scholtz
Claude van der Schyf
Eben Spangenberg
Kerwin Albertus
Kyle Beukes
Marcelle Pretorius
Michael Caie
Stephan Diedericks
Suné Swart
Wynand van der Vyver

o18 dogters:
Amoré Reynecke

o16 dogters:
Abby Daniel
Luzaan van Rensburg

Baie geluk aan hierdie 15 leerders en welgedaan met al die harde werk wat vrugte afgewerp het.

Die volgende inligting is van toepassing op hierdie spelers:

SAJSK - Eden Skole Skaakbrief 2016 (3).pdf
SAJSK 2016 Besonderhede mbt onduidelikhede.pdf
SAJSK 2016 Borgvorm.pdf

Let veral op die afsnydatums vir betalings, soos in hierdie inligting uiteengesit.

Verdere inligting sal deurgegee word soos ons dit ontvang.


Ooskaap toernooi

Ons 1ste skaakspan het tydens 17-20 Maart die Weskaap in 'n Interprovinsiale toernooi in die Ooskaap gaan verteenwoordig, en met die uiters sterk Ooskaap kampioene van die afgelope 4 jaar, Hoërskool Brandwag, kragte gemeet (hulle bord 1 speler het tans 'n CHESSA gradering van omtrent 1800, wat blykbaar al rondom 1900 was, terwyl ons nr1 speler se gradering net bokant 1500 is). In die eerste rondte op Vrydag 17 Maart in Uitenhage, het Brandwag die Skwaggas (Skaak Kwaggas) behoorlik laat klippe kou met 'n 4.5-1.5 oorwinning, ten spyte van moedige pogings deur die manne van Outeniqua. Dit was nogal 'n vreemde gesig om die hele Kwagga skaakspan in blou (Weskaap kleure) te sien, maar hulle het regtig baie goed gelyk daarin! 'n Kombinasie van die erge nederlaag, Kwagga trots, en die groot geleentheid om Weskaap kleure te dra het ons spelers egter gemotiveer om Saterdag nog harder te veg en vir die Ooskaap kampioene te wys wie's die beste. Dit was toe inderdaad 'n tentoonstelling van Kwaggas vir Kwaliteit, toe Brandwag op hul neuse moes kyk na twee reuse opeenvolgende nederlae van 5-1 en 4-2 teen ons bestes! So het ons 1ste span dus 'n 0-1 agterstand uitgewis, om 2-1 te wen in die toernooi! Welgedaan Skwaggas – ons is baie trots op julle, Retief, George, Dean, Pieter, kaptein Christian en Kerwin!!!


Op die foto is Vlnr: George Swart senior (ondersteuner en assistent), Retief Scholtz, George Swart, Dean Bown, Kerwin Albertus, Christian Jordaan (kaptein), Pieter Dyzel, Neels Blom (spanbestuurder)

 

 

Skwaggas het tydens die 2015 SAJSK wat in Januarie 2016 by UCT in Kaapstad gehou is baie hard geveg en goeie vertonings gelewer.

 

 

Wel gedaan Skwaggas A-span, met nog 'n 2de plek by die Wes-Kaap Topskole toernooi in 2015, in Kuilsrivier!!! Retief, George, Dean, Pieter, Christian, Kerwin en Durandt - ons is baie trots op julle! Volgende jaar wys ons vir WP wie's eintlik die beste...


 

Opkomende gebeure:


Die George Topskole uitdunne word beplan vir 23 Julie 2016 - die eerste Saterdag nadat die skole vir die 3de kwartaal begin. Ons poog om dit te reel vir by ons eie skool.


Op Saterdag 30 Januarie vind die 2016 Skoleskaak se eerste George proewe by LS George-Suid plaas. Voorspoed daarmee.

Die Saterdag daarna is dit die 2de George proewe en op 5 Maart is George proewe 3.


 

 

Reels:

Die FIDE Wêreld-skaakfederasie se amptelike skaakreëls is op die volgende webblad gepubliseer: http://www.fide.com/fide/handbook.html?id=171&view=article
Die reëls kan ook in PDF formaat afgelaai word vanaf http://rules.fide.com/laws-of-chess.html (sien Laws of Chess 1 July 2014)

Sien gerus ook die http://www.chessa.co.za/ webwerf vir verdere SA skaak nuus en inligting & uitslae van toernooie wat nie hier ingesluit word nie, asook die WP Schools Chess webwerf by http://wepsso.co.za/chess/.