Skip Navigation Linksskaak_nuus_argief

Skaak Nuus Argief

 

banier_sport_skaak.jpg
 

Oefentye: Alle skaakspelers oefen Vrydagmiddae direk na skool, tot ongeveer 16:00 in die skoolbiblioteek. Daar is ook 'n bykomende weeklikse skaakoefening op Dinsdae, in Mev de Beer se klas (klaskamer 36)

Afrigters: Afrigting word deur Mnr Terry Quirk behartig, en Werner Ottervanger verskaf dikwels bykomende afrigting ​tydens groot toernooie se voorbereiding.

Organiseerder: Mnr Neels Blom is die skaakorganiseerder en kan gekontak word by skaak@outeniqua.co.za vir navrae

Borge: Ons hartlike dank aan die volgende borge m.b.t. ons skool se skaak:
Willie Roux Loodgieters - vir die borg van skaakhempies vir elk van ons Topskole spelers (2 spanne van 7 spelers elk) in 2013
Tokkie Nel Juweliers - vir die borg van skaakhempies vir al die o/15 Topskole spelers in 2014.
Liberty Life (Hereford Group) - vir die borg van Sportbaadjies vir al ons o/18A Skaakspan se lede.


 

Onlangse noemenswaardige prestasies en uitslae:

Die Kwaggas het baie goed gevaar tydens die 2015 Weskaap toernooi, wat tydens 15-17 Mei by Worcester Gimnasium aangebied is. Weskaap kleure is toegeken aan:

George SwartChristian JordaanPieter DyzelDean Bown en Suné Swart. Top prestasies deur George en Dean het ook aan hulle brons medaljes besorg tydens die toernooi. Al hierdie spelers het gekwalifiseer vir deelname aan 'n Interprovinsiale toernooi wat vroeg in Julie weer in Kaapstad gehou sal word. Veels geluk aan almal - ons is trots op julle en wens julle voorspoed toe vir deelname daar, teen die top spelers van ons land se ander provinsies ook!

Na afloop van die 2015 Skoleskaak proewe is daar aan die volgende Kwaggas SWD kleure toegeken en hulle het gekwalifiseer vir deelname aan die Weskaap Skoleskaak toernooi in Worcester:

o17: George Swart, Christian Jordaan, Retief Scholtz (onttrek) en Pieter Dyzel
o15: Dean Bown, Suné Swart, Altin Scholtz, Hyrone Bown en Udo Jonck


Die o/16A SWD skaakspan het 'n welverdiende 2de posisie behaal in hul groep, tydens die 2014 SA Junior Skaakkampioenskappe ("SA's") in Kimberley, ten spyte van baie strawwe kompetisie en in uiters uitdagende omstandighede en ons is baie trots op hulle - veral op die 5 Kwaggas wat deel was van die span! Baie geluk aan Retief, George, Stiaan, Dean en Pieter. Welgedaan ook Dean, met jou 4de posisie (slegs 1 punt agter die wenner) by die Wild Card toernooi (individuele deelname) wat daarna plaasgevind het!

 

 

Wel gedaan Kwaggas, met die 2de plek by die Wes-Kaap Topskole toernooi in Saldanha!!! Retief, George, Christian, Stiaan, Jacobus, Pieter en Dean - ons is baie trots op julle! Volgende jaar wys ons vir Settlers ook wie's eintlik die beste...


 

Opkomende gebeure:

Op Saterdag 30 Mei speel 8 Kwaggas teen Oakhill in 'n vriendskaplike skaakwedstryd by OHS.

Daarna sal ons kyk na die moontlikheid om ook dalk virendskaplike wedstryde teen York High en HS Langenhoven te reel.

In die 3de kwartaal begin hierdie jaar se Topskole en ons sien baie uit daarna!


Die 2015 skoleskaak proewe is al goed aan die gang en ons trek sowaar al by die 2de SWD proewe! Voorspoed aan al die Kwaggas wat meeding vir plek in die SWD span!!​

-----

Veels geluk aan die Kwagga o/18 Topskole span, wat eerste geëndig het by die SWD proewe en deurgedring het om aan die Wes-Kaap Topskole toernooi in Saldanha deel te neem tydens 5-7 September 2014. Hulle is, in bordvolgorde:

1. Retief Scholtz
2. Bitzer Havenga
3. George Swart
4. Christian Jordaan
5. Stiaan Wolfaardt
6. Jacobus Jacobs
reserwe Pieter Dyzel.

Baie geluk aan die volgende Kwaggas met jul insluiting in die SWD span vir die 2014 SA Junior Skaakkampioenskappe:

o/20: Anneke Jordaan
o/18A: Bitzer Havenga en Christian Jordaan
o/18B: Jacobus Jacobs
o/16A: Retief Scholtz, George Swart, Stiaan Wolfaardt en Dean Bown
o/16B: Dihan Goussard, Pieter Dyzel en Johann Meyer

Die volledige o/16-o/20 spanne kan hier afgelaai word: 2014 SWD-span vir SA Junior-Skaakkampioenskappe.pdf


Hierdie jaar se Topskole George streeksproewe het op 26 Julie by George Voorbereidingskool plaasgevind en die Kwagga spanne het soos volg gevaar: Ons o/18 span het al 6 wedstryde gewen (m.a.w. die hele span was onoorwonne) en die o/15 span het slegs 'n half punt verloor, nadat een wedstryd gelykop geeindig het - hulle het 11.5 punte uit 'n moontlike 12 aangeteken. Mooi so julle, en voorspoed vir die SWD proewe wat voorlê op 2 Aug!

Op Saterdag 17 Mei is die 3de en laaste SWD Skoleskaak proewe vir 2014 gespeel - met die oog op die samestelling van 'n SWD span vir deelname aan die SA Junior Skaakkampioenskappe in Januarie 2015. Die Kwagga spelers het uitstekend gevaar daar in Calitzdorp en almal van hulle verdien gelukwensing! Hier is 'n opsomming, maar sien gerus die volledige uitslae ook.

1. Retief Scholtz - 6.0 telling! (Hy het ook gister 'n oorwinning behaal oor SWD se algehele nr. 1 speler - Krishna Hattingh - in die ouderdomsgroep en was onoorwonne regdeur die toernooi!!)
3. Stiaan Wolfaardt - 5.0 (Na Retief, was Stiaan die ENIGSTE ander speler in die o/16 groep wat ook onoorwonne was en hy het slegs 1 punt in totaal verloor a.g.v. twee wedstryde waarin hy gelykopgespeel het. Hy het op presies dieselfde totale punt geeindig as Krishna, maar op grond van 'n "tie breaker" waarde wat deur die rekenaarprogram toegeken word net-net onder hom op die lys geeindig, in 3de plek terwyl Krishna 2de geplaas is)
4. Dean Bown - 4.5 (Dean het ook SLEGS teen Krishna verloor, en het so amper gelykopgespeel in daardie wedstryd! Voorwaar 'n naelbyt stryd tot die bitter einde!!!) (Ek het die stryd voor my oë sien afspeel en hulle was heeltyd gelyk op die bord, en Dean het hierdie topspeler behoorlik laat bloed sweet!)
5. Dihan Goussard - 4.5 (Dihan het slegs teen Gershwin Lewis van York High verloor - ook 'n baie sterk speler).
9. Pieter Dyzel - 4.0 (Pieter was so ongelukkig om teen Retief te staan te kom en het daardie wedstryd verloor na 'n uiters goeie vertoning, waarin hy so byna die bordjies verhang het. Hy het soos Dihan ook sy wedstryd teen Gershwin Lewis verloor, maar verder ook alles gewen).

Ons ander drie o/16 spelers: Durand van der Hoven en Ruhann van Ginkel het albei met 'n telling van 3.0 geeindig na moeilike wedstryde (Durand moes o.a. ook teen Krishna die knie buig) en Dawid van der Vyver het sy rieme o.a. styfgeloop teen spanmaat Retief en hy't op 'n totaal van 2.0 afgesluit.


Die 2014 Wes-Kaap Skoleskaaktoernooi het tydens 1-3 Mei by ons skool plaasgevind en al die Kwaggas wat daarin deelgeneem het as lede van die SWD span het baie goed gevaar, te midde van uiters ervare opponente, onder wie ook 'n aantal Suid-Afrikaanse nasionale spelers. Sien die volledige uitslae vir o/16, o/18 en o/20 op die Skaak-Uitslae bladsy.

In 2013 het ons met silwermedaljes teruggekom van die Wes-Kaap Topskole toernooi af, maar vanjaar sal ons met niks minder as goud daarvandaan wegstap nie!

Daar is aan die begin van 2014 drie George streeksproewe gespeel, waarin die Kwaggas baie goed gevaar het en ons het 'n groot verteenwoordiging in die George span by die SWD proewe gehad. Die SWD span is daarna gekies en weereens is 'n groot persentasie daarvan van Hoërskool Outeniqua se spelers.

Baie geluk aan die volgende Kwaggas wat plekke verwerf het in die SWD span vir deelname aan die Wes-Kaap toernooi:
o/20: 2. Anneke Jordaan.
o/18: 1. Bitzer Havenga, 7. Christian Jordaan, 10. Jacobus Jacobs
o/16: 1. Retief Scholtz, 2. George Swart, 3. Stiaan Wolfaardt, 5. Dean Bown, 9. Johann Meyer.
Pieter Dyzel en Dihan Goussard is ook bo aan die reserwelys en indien spelers moontlik van die span onttrek sal hulle volgende in lyn wees vir deelname.


 

Opkomende gebeure:

Die 2014 Wes-Kaap Topskole toernooi word hierdie jaar deur die Weskus streek aangebied en sal tydens die eerste naweek van September in Saldanha plaasvind. Ons sien baie uit daarna om vir ons skool se eer te gaan veg op die skaakborde daar en plekke in die Nasionale Topskole byeenkoms wat in die Desember vakansie plaasvind te boek.