Skip Navigation LinksTweekamp

​Tweekamp en Biathle

 

Die volgende Tweekamp datums is belangrik vir Kwaggaland:

24 Januarie skop ons Tweekamp af met die SWD Proewe-byeenkoms in Oudtshoorn 17:00.

4. Febr is dit die jaarlikse Highgate byeenkoms vanaf 7am tot laat die middag ook in Oudtshoorn.

7 Febr is dit SWD-Liga 1 in Mosselbaai.

14 Febr is dit SWD-Liga 2 in George.

21 Febr SWD-Liga 3 in Oudtshoorn.

 

Atlete moet aan al drie Liga-byeenkomste deelneem om te kwalifiseer vir die Tweekamp kampioenskappe wat op die 7de Maart in Oudtshoorn sal plaasvind.

 

Daarna, as jy gekies word vir die span, is die SA Kampioenskappe hierdie jaar op die 8ste April in Paarl.

 

Vir verdere inligting kom sien asb Mnr Naas Gibson in kamer 51.

 

Onlangse noemenswaardige prestasies

 
Tweekamp SA's 2017
 
Outeniqua het weereens gewys wat in hul steek toe ons Tweekamp atlete aan die Suid-Afrikaanse kompitisie deelgeneem het wat op 8 April in die Paarl plaasgevind het.
Ons is veral trots op die volgende atlete wat puik presteer het:
Gustav Schlechter – Goud vir seuns o/15
Yvonne du Plessis – Goud vir dogters o/19
Lara Schlechter – Silwer vir dogters o/17
Sune Visser het as spankaptein opgetree

  

16 van ons Tweekamp atlete is gekies om SWD by die 2017 S.A’s te verteenwoordig.
Baie geluk aan:
Lara Schlechter
Yvonne du Plessis
Gustav Schlechter
Elize Smook
Cara Bergh
Rigert Beukes
Mia Bester
Jade Borrett
Larize Goosen
Reynard Janse van Rensburg
Andre Kleynhans
Armand Kritzinger
Marine Kruger
Sune Visser
Lisha Collins
Kristen Sonnekus
 
  

Prestasietoekennings 2017

Baie geluk aan al ons Tweekamp atlete wat hierdie jaar Prestasietoekennings ontvang het. Hulle is:
Gustav Schlechter – Nobilitat Labor
Yvonne du Plessis – Nobilitat Labor
Sune Visser – Volkleure met Lourier
Lara Schlechter – Erekleure
Elize Smook – Junior Kleure
Cara Bergh – Junior Kleure
Mia Bester – Volkleure
Jade Borrett – Volkleure
Larize Goosen – Volkleure
Reynard Janse van Rensburg – Volkleure
Andre Kleynhans – Volkleure
Armand Kritzinger – Volkleure
Marine Kruger – Volkleure
Rigert Beukes – Volkleure
Lisha Collins – Volkleure
Kristen Sonnekus - Volkleure
 

 
Highgate 2017

Hierdie jaar het Outeniqua weereens gewys wat in hulle steek by die 26ste Highgate Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms wat in Oudtshoorn gehou is op die 4de Februarie 2017.

6 Provinsies het hierdie jaar deelgeneem en SWD het met ‘n stewige 3de plek geëindig.

Baie geluk aan die OHS atlete met hul pragtige prestasies.

Met temperature wat so hoog soos 32°C op die baan aangeteken is, het ons atlete pragtig presteer.

Spesiaale melding moet aan die volgende atlete gaan:

·         Seuns 0/15 het Gustav Schlechter 1ste geïendig met 2430 punte en verower so die goue medalje. Hy breek die Highgate rekkord met sy tye en word as die Victor Ledorem van die byeenkoms aangewys.

·         Lara Schlechter kom met haar total van 2293 3de in die dogters 0/17 afdeling en verower so ‘n Brons medalje.

·         In die seuns 0/17 kry André Kleynhans met sy total van 2185 4de plek.

·         En Yvonne du Plessis, met haar uitstekende total van 2334 verower die goue medalje in die dogters 0/19 afdeling.


 
OHS Tweekamp Highgate Inter skole bronsmedalje wenners 2017
 

Van links na regs: Voor = Mnr Naas Gibson (Organiseerder); Suné Visser; Lara Schlechter
Agter = André Kleynhans; Yvonne du Plessis; Gustav Schlechter

 
Die foto hieronder is van al die atlete wat aan die Highgate kompitisie deelgeneem het:
 

Voor van Links na regs:      Lara Schlechter; Mia Bester; Jade Borrett; Mariné Kruger; Suné Visser
Agter van links na regs:      Gustav Schlechter; André Kleynhans; Armand Kritzinger; Reynard J.v. Rensburg; Yvonne Du Plessis.
Afwesig:                                 Reghard Beukes

Die Highgate byeenkoms het hierdie jaar ‘n nuwe afdeling begin waar skoolspanne die geleentheid gekry het om teen mekaar deel te neem. 9 Skole, insluitend Oakdale (wat 8ste geëindig het), Framesby en Stellenberg het elk 6 atlete in hierdie kompitiesie ingeskryf. Outeniqua kon met net 5 atlete deelneem weens ‘n laat onttrekking, maar het steeds ‘n ongelooflike 3de plek verower in hierdie landswye kompitisie. Voorwaar iets om op trots te wees!

So slaan hulle ook ‘n R1000 se prysgeld vir hul Tweekamp span weg wat deur Sportsmans Warehouse geborg word.