Hoërskool Outeniqua High | Welkom by die Kwaggas!

Welkom in Kwaggaland

altDie Hoërskool Outeniqua is in 1923 gestig. Die roemryke skool bied ‘n gebalanseerde opvoeding aan elkeen van sy meer as 1600 leerders.

 

Ons wil elke leerder as totale mens laat ontwikkel en die nodige kennis en praktiese ondervinding gee om die beroepslewe met vertroue aan te pak. Ons wil ook hê dat elkeen die lewe in oorvloed moet geniet. Kwaggas bied 'n kwaliteit opvoeding vir 'n kwaliteit lewe.

 

Die skool bied ‘n wye vakkeuse, ‘n verskeidenheid kultuur- en sportaktiwiteite en hope geleentheid vir mensontwikkeling.

 

Outeniqua is bekend vir sy uitstekende akademiese onderrig, puik akademiese onderrigfasiliteite, goed opgeleide, hoogs gemotiveerde en entoesiastiese personeel, tradisieryke geskiedenis, verrykende en karaktervormende kultuurbeoefening, vele sportgeleenthede, skitterende sportuitslae en hope geleenthede vir gesonde pret!!!

Musiekblyspel 2013: Anything Goes

E-mail Print PDF
Anything Goes - definitief 'n produksie wat jy nie kan misloop nie!
Wanneer: 20 - 25 Mei
Waar: Outeniqua Skoolsaal.
Kaartjies beskikbaar by die kantoor. Volwassenes R70 ; Kinders R50

Sien jul almal daar!
 

Kwaggas vs Paarl Gim - 27 April 2013

E-mail Print PDF
Baie geluk aan al die Kwagga spanne wat so mooi gespeel het teen Paarl Gimnasium!

SWD Skaakproewe toernooi 18 Mei 2013

E-mail Print PDF
Geluk aan al die Kwaggas wat op 18 Mei 2013 by Laerskool Outeniqua aan die SWD proewe deelgeneem het en weereens Hoërskool Outeniqua se naam hoog gehou het - julle maak ons baie trots!
 
Die volgende spelers het top 10 posisies in hul onderskeie kategorieë behaal en ontvang sertifikate vir hulle prestasies:
 
 
onder 16
  • George Swart - 2de plek - telling 4.5/5. Gradering: 1322
  • Stiaan Wolfaardt - 4de plek - telling 4.0/5. Gradering: 1000

 

onder 18

  • Bitzer Havenga - 1ste plek - telling 4.0/5. Gradering: 1350
  • Nicholas de Waal - 5de plek - telling 3.5/5. Gradering: 1277
  • Stefan Fouché - 10de plek - telling 3.0/5. Gradering: 1226

 

onder 20

  • Dewald Homan - 2de plek - telling 4.0/5. Gradering: 1428

 

Hier is 'n paar van ons onder 16's in aksie Saterdag:

o/16 Kwagga skaakspelers

Naaste aan kamera, dan vlnr: Stiaan, Melissa, Christian, George en Pieter (regs agter, naaste aan muur)

Netbal skeidsregters gekies vir SA skole

E-mail Print PDF
Geluk aan M. Eygelaar en A. vd Mescht wat gekies is om as skeidsregters op te tree by SA-skole netbal tydens die Junie vakansie.

Page 1 of 2

  • «
  •  Start 
  •  Prev 
  •  1 
  •  2 
  •  Next 
  •  End 
  • »

You Tube Videos