Hoërskool Outeniqua High | Welkom by die Kwaggas!

Akademie

Speloplimpiade

E-mail Print PDF
Die spelolimpiade word in 2012 vir die vierde keer gehou.  Dit bied aan leerders nog ‘n geleentheid om op akademiese gebied te presteer en te verbeter.
 
DOEL:  Aangesien ons jong geslag se spelvaardighede die afgelope dekade of twee drasties agteruit gegaan het as gevolg van onder andere sms-taal en die feit dat hulle al hoe meer tyd voor die TV en rekenaar deurbring, het die skool dit goed gedink om leerders se spelvaardighede in beide Engels en Afrikaans deur die spelkompetisie te probeer verbeter.  Sodoende word hulle uitslae in die tale verbeter en boonop word  hul gereedheid vir die wêreld van werk verhoog.
 
WERKSWYSE:
Leerders ontvang aan die begin van die akademiese jaar ‘n lys met die woorde wat dikwels verkeerd gespel word.  Taalonderwysers begelei leerders om die woorde te leer.
 
Teen die einde van die tweede termyn word alle leerders in albei tale getoets tydens die eerste rondte van die spelolimpiade.  Alle leerders wat in die rondte kwalifiseer deur 80% en meer te behaal, gaan deur na die finale rondte wat aan die einde van die derde termyn geskryf word.
Na die finale rondte word ‘n graadwenner in elke taal asook ‘n algehele junior (grade 8 & 9) en algehele senior wenner (grade 10-12) aangewys.  Die leerders ontvang dan almal toekennings en pryse by die onderskeie prysuitdelings.
 
Die datum van die eerste rondte is Donderdag, 17 Mei 2012.  Die volledige lys woorde word dan reeds getoets.
 
Opvoeders verantwoordelik:  N Zandberg (Engels) en H Nel (Afrikaans)

Matriekuitslae vanaf 1995-2011

E-mail Print PDF
JAAR
AANTAL KANDIDATE
AANTAL GESLAAG
GEMIDDDELDE
A-SIMBOOL
1995
209
208
19
1996
180
179
18
1997
178
177
20
1998
206
206
27
1999
210
210
29
2000
232
232
30
2001
233
233
30
2002
265
265
50
2003
282
282
59
2004
254
254
49
2005
284
284
67
2006
265
264
46
2007
286
286
58
2008
322
320
41
2009
353
350
44
2010
348
346
51
2011 303 303 45
TOTAAL
4410
4399
676

Vakkeuse vir 2012

E-mail Print PDF

Graad 10, 11 en 12

 
Vier vakke sal verpligtend wees:
  • Huistaal
  • Eerste Addisionele Taal (op ten minste tweede taalvlak)
  • Wiskunde Geletterdheid of Wiskunde
  • Lewensoriëntering
Drie verdere vakke moet nog gekies word
 
(Een vak uit elkeen van die onderstaande groepe)
 
 
1 2 3
Fisiese Wetenskappe
Lewenswetenskappe
Besigheidstudies
Geskiedenis
Ontwerp
Musiek
Lewenswetenskappe
Rekeningkunde
Ekonomie
Toerisme
Visuele Kunste
Ingenieursgrafika
Gasvryheidstudies
Musiek
Geografie
Gasvryheidstudies
Drama Kunste
Visuele Kunste
Verbruikerstudies
Inligtingstegnologie
Rekenaartoepassingstegnologie
Rekeningkunde
Musiek
 
Dus ‘n Totaal van Sewe Vakke
 

Graad 8 en 9:

 
TGK
WGWWW
NW
MSW
Afr
Eng
Wisk
N/S
Bio
Gesk
Aard
 
 
EBW
KK
TEG
LO
Rek/Eko Bedryfs Kuns Kultuur IT Teg LO
 
 

Visie En Missie

E-mail Print PDF
Die visie, missie en kernwaardes wat deur die skool in die algemeen nagestreef word, word sterk onderskryf. Die gedragskode vir onderwysers word onvoorvaardelik aanvaar.
 
Ons  missie  is onderwys- en onderrigbeoefening soos dit neerslag vind in die skepping, toepassing en oordrag van kennis en vaardighede deur:
  • die bevordering van ‘n akademiese kultuur binne die skoolgemeenskap
  • die ontwikkeling van die vermoë tot krities-wetenskaplike denke
  • die aanbieding van relevante wetenskaplike onderwys
  • die omvattende ontwikkeling van die kind in sy totaliteit vanuit die akademiese kultuur
Om die visie na te streef om as akademiese instelling die prestasies en geluk van leerders en onderwysers te handhaaf en verder uit te bou;
 
In die uitvoering van die handelinge op grond van die missie en visie die volgende waardes te handhaaf as basis van die skool se breë Leerprogram:
  • ‘n Volgehoue strewe na voortreflikheid;
  • Akademiese vryheid, met inagneming van die subjektiwiteit en feilbaarheid  van alle kennis en insig;
  • Die reg op vryheid van spraak en meningsverskil binne die raamwerk van verantwoordelikheid;
  • Eerbied vir alle lewe;
  • Die uitbouing van sosiale geregtigheid;
  • Die ontwikkeling van respek en waardering vir kultuurverskeidenheid; Daar moet voortdurend op relevante transformasie gefokus word - ook binne die onderrigsituasie in die klas.
  • Die handhawing van ‘n geordende omgewing wat aan die eise van billikheid en menswaardigheid voldoen;
  • Die vereiste om alle besluite en handelinge op akademiese gebied op betekenisvolle inligting te baseer;
  • Die waardering vir en ontwikkeling van personeel op posvlakke 1 en 2;
  • Die bevordering van demokratiese prosesse in die akademiese opset;
  • Christelike waardes en beginsels.