Die Kwagga Cuisine is ons skool se eie nuutgeboude en ten volle toegeruste opleidingskombuis en funksielokaal.

In die opleidingskombuis word leerders tot volwaardige sjefs opgelei onder leiding van mnr. Tertius Nel , wat al etlike jare self in die bedryf was en kombuise in groot hotelle, restaurante en gastehuise bestuur het. Leerders word ook aan al die fasette van die gasvryheidsbedryf blootgestel.
Dit sluit die volgende in:
- Opstel van die funksielokaal vir konferensies, verjaarsdae, besigheidsfunksies en troues.
- Uitwerk en opstel van spyskaarte vir funksies, sowel as die voorbereiding van voedsel.
- Blommerangskikking en tafeldekor.
- Bestuur van die kombuis by funksies.
- Tafelbediening van voedsel en drank.
Ons funksielokaal, Kwagga Cuisine, kan bespreek word vir konferensies, troues en ander spesiale geleenthede.
Ons dienste sluit in:
- Funksiekoördinering
- Blommerangskikking
- Spyseniering
- Dekor
Kontak Tertius: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it





