Hoërskool Outeniqua High | Welkom by die Kwaggas!

Die Nuus

Kwaggakrieket aan die brand

E-mail Print PDF
Die Eerste Krieketspan het Woensdag, 1 Februarie, hul titel in die T20 kompetisie suksesvol verdedig deur Oakdale in die finaal met een lopie te wen. Hier onder is die span saam met hul afrigters, mnr du Plessis en mnr Els, asook die skoolhoof, mnr Vorster.
alt

Seuns op wenpad

E-mail Print PDF
Hoërskool Outeniqua se eerste seunstennisspan het onlangs gemaklik met 6 wedstryde teenoor  0 met Hoërskool Punt afgereken. Hier koel die Kwagga-manne by die see af na hul na kookwatervertoning op die tennisbaan.
 
Lnr : Jeandré Joubert, Bruwer Ackermann, Dewald Human en Albert Eybers.
alt

Branden Grace doen dit weer

E-mail Print PDF
alt
 
Slegs 'n week na sy ongelooflike prestasie, waarin Branden die Joburg Ope gewen het, doen hy dit weer deur die Volvo Championship te wen. Op dramatiese wyse moes hy met sy ikone, Ernie Els en Retief Goosen, afreken in 'n uitklophou. Baie geluk Branden. Al die Kwaggas is trots op jou.

Branden Grace wen Joburg Open

E-mail Print PDF
 
 
alt
 
Branden Grace het die Joburg Ope gewen met een hou voor Jamie Ohlson van VK. Ons is werklik trots op die oud-kwagga met sy groot prestasie.

Sooispitseremonie Vir Die Nuwe Astrohokkiebaan

E-mail Print PDF
Dit was voorwaar ‘n geskiedkundige oomblik!  Na baie jare se droom en maande se beplanning het die groot dag aangebreek!  Outeniqua Hoërskool kry ‘n astrohokkiebaan!  Dr. JS de la Bat (Voorsitter van die Astro-ouerkomitee) het almal betrokke by die beplanning bedank, waarna mnr. Vorster (links) amptelik die bou van die astrohokkiebaan aangekondig het. 
 
Adriaan Louw het die laaste taptoe gespeel, terwyl mnr. Vorster die eerste sooi vir die nuwe astrohokkiebaan met ‘n laaigraag uitgespit het.  Daarna het mnr. Johan Venter, Voorsitter van die Beheerliggaam, die tweede sooi gespit. Leerders van Outeniqua het met trots toegekyk (onder).  Grondwerke vir die nuwe astro begin 22 Augustus 2011.  Die hokkieleerders en –afrigters glo dat die astrobaan Kwaggahokkie een trappie hoër sal neem en  sien uit na ‘n groot hokkiejaar in 2012.
 
Adriaan Louw speel die laaste taptoe vir die grashokkieveld.
 
    
 
Mnr. Vorster beweeg in met die laaigraaf om die eerste sooi vir die astrobaan te spit.
 
    
 
Mnr. Johan Venter (Voorsitter van die Beheerliggaam) en Mnr. Christo Vorster (skoolhoof) skud hand op die vooruitsig dat Kwaggas op Kwaggadag 2013 Struisies op die astrobaan gaan aanvat.  
 
  
Last Updated on Wednesday, 18 January 2012 00:07