Hoërskool Outeniqua High | Welkom by die Kwaggas!

Nuus vanuit die Kantoor 1

E-mail Print PDF
Uit die skoolhoof se kantoor (Januarie 2012)
Baie welkom terug na die lekker somervakansie. My wens is dat elkeen ‘n geseënde nuwe jaar sal hê en dat baie drome sal waar word. My gebed is dat elkeen die liefde en vrede van Jesus sal ervaar.
Dissipline is een van die belangrikste aspekte in die lewe en daar sal nie sukses wees as mense nie gedissiplineerd werk om by dié sukses uit te kom nie. Selfs in ons verhoudings moet daar dissipline wees. As dit nie gebeur nie, is die gevolg dat ons konflik verkeerd hanteer en dit lei tot groter konflik. Daarom is dit in Kwaggaland van uiterste belang om die waardestelsel wat ons gevestig het, nie net te handhaaf nie, maar ook uit te bou. Gedurende die derde kwartaal van 2011 het die skoolbestuur die Visie en Missie van die skool hersien en is dit deur die beheerliggaam goedgekeur. Graag versoek ons die ouers, personeel, leerders en ondersteuners van Hoërskool Outeniqua om die julle te vergewis van die Visie en Missie van die skool:
Visie:
Hoërskool Outeniqua is ‘n openbare skool wat daarna streef om:
waardegedrewe, gebalanseerde en kwaliteit opvoeding aan leerders te bied en
hulle as verantwoordelike en trotse landsburgers voor te berei.
Missie:
Ten einde ons visie te realiseer, sal die volgende uitgevoer word:
  • Die  volgende waardes moet  in die saal, in die klas, op die sportveld en op die kultuurakker beskerm en gekweek word en deur opvoeders voorgeleef word: integriteit, lojaliteit, respek, eerlikheid, diensbaarheid, vriendelikheid en betroubaarheid.
  • Ten einde gebalanseerde opvoeding aan leerders te bied, sal  akademie, soos in alle openbare skole, die hooffokus dra. Daarnaas sal daar ewe veel ontwikkeling- en prestasiegeleenthede in kultuur en sport aangebied word. Geestelike, fisiese en emosionele versorging sal beskikbaar wees vir leerders en opvoeders.
  • Die skool se opvoeders sal professioneel optree en aantrek, voorbereid klas toe kom, kwaliteit lesse, take, toetse en vraestelle aanbied en hul buitemuurse en administratiewe verpligtinge stiptelik en met toewyding afhandel. Hulle sal buitemuurse aktiwiteite gebruik vir die holistiese ontwikkeling van die kind. Deugde, waardes en lewensvaardighede sal daar gekeek word.
  • Daar sal van leerders verwag word om verantwoordelikheid te neem vir hulle akademiese werk terwyl selfwerksaamheid en selfbestuur aangemoedig sal word. Leerders sal deur buitemuurse aktiwiteite holisties opgevoed word in deugde soos spanwerk, deursettingsvermoë, mededeelsaamheid, sportiewe gedrag en die kuns van wen en verloor.
  • Bybelse waardesen ‘n Christelike etos sal gehandhaaf word. Die waardes van die grondwet sal beskerm word en in die gedragskode van die skool vervat word. Die gedragskode sal berus op die waardes wat deur ons skool hoog geag word. Dit sal berus op die grondbeginsel en lewensreël dat die individu verantwoordelikheid vir sy eie gedrag aanvaar en dat sy vryheid en regte gepaard gaan met verantwoordelikhede en die inagneming van ander se regte. Sodoende wil ons verantwoordelike landsburgers kweek.
KWAGGAS VIR KWALITEIT!
 
Matriekuitslae
Baie geluk aan die Kwaggas se matrieks van 2011. Hulle het puik presteer. 303 leerders het geskryf en 303 het geslaag. Baie geluk met die 100% slaagsyfer.   82% van die kandidate het vir graadstudies gekwalifiseer en 18% vir diplomastudies.
Onderskeidings
Een  kandidaat het 8 onderskeidings, dertien kandidate het 7 onderskeidings, veertien kandidate 6 onderskeidings, tien  kandidate het 5 onderskeidings en vyftien kandidate het 4 onderskeidings behaal.
Vakgemiddeldes:
Vakke wat goed presteer het:
Afrikaans Huistaal                                            68,9 (Ontvang ‘n toekenning by die WKOD)
Rekeningkunde                                                                73%
Dramatiese Kunste                                         80,1%
Ingenieursgrafika                                             76,3%
Engels Huistaal                                                  71,5%
Engels Eerste Addisionele Taal                   72%
Wiskunde                                                            62,4 %
Fisiese Wetenskap                                          72%
 
Aantal A-gemiddeldes:
51 kandidate (14,87%)  het in 2010 A-gemiddeldes gekry  en in 2011 het  45 (15%) kandidate ‘n  A-gemiddeld verwerf.
Graadgemiddeld
In 2009 was die gemiddeld vir die graadgroep 67.2% in 2010 was dit 67,2% en in 2011 is dit 68,9%. 
Leerders wat onder die top tien (Wes-Kaap) in hulle onderskeie vakke was.
Fisiese wetenskappe                               Danéll Visser           4e
Lewenswetenskappe                               Charné de Klerk      8e
Ingenieursgrafika- en Ontwerp               Rohan Hattingh       6e
Rekeningkunde                                         Bianca Buitendag    8e
Wiskunde                                                   Jana Taljaard            4e
Wiskundige Geletterdheid                      Annalize Fourie         7e          
                                                                     Daniel Barnard         9e
RTT                                                             Marigen Botha           6e
                                                                     JP de Lange              8e
                                                                    Sharnu Snijman        10e
Dramatiese Kunste                                Catherine Peake        4e
Verbruikerstudie                                      Rozelle Zamudio       4e
                                                                    Gestél Kuyler              8e
                                                                    Jana Vorster               10e
 
 
 
Leerders wat A-gemiddeldes verwerf het.
Elretha Campher 80,1%, Benita Vermaak 80,1%,Monique Stemmet 80,4%, Donné de Klerk 80,6%, Linda Joubert  80,6%, Shudete Kolbé 80,7%, Ludwig Boshoff 80,9%, Marli Taljaard 81%, Minette Pienaar 81%, Sharnu Snijman 81,4%, Jacobus Gerber 81,4%, Kari de Villiers 82,4%,
Cathrine Peake 82,6%, Bart Venter 82,6%, Carli Louw 82,9%, Conrad de Lange 82,9%, Jana Vorster 82,9%, Gert Heyns  83,1%, Mitchelle Pretorius 83,3%, Thiaan Lategan 83,4%, Jan-Hendrik Els 83,4%, PC Oosthuizen              83,7%, Marlouise Botes 84,0%, Suné Burger 84,1%, Annalize Fourie 85%, Elza van Niekerk 85%, Bea Esterhuizen 85,1%, Clausanne Esterhuizen 85,1%, Nellis Sauerman 85,3%, Rickus Cronjé 85,7%, Lani van Niekerk 85,9%, Rozelle Zamudio 86,4%, Marigen Botha 86,6%, Bianca Buitendag 86,7%, Kaylene Erasmus 86,7%, Jacomine Pienaar 86,9%, Jannie Pienaar 87,1%, Daniella Violante 87,1%, Katrien Smuts 88%, Gestél Kuyler 88,1%, Jana Taljaard 88,3%, Johan Snyman 89,1%,
Rohan Hattingh 90,6%, Danéll Visser 90,7% en die Dux-leerder is Charné de Klerk met 90,9%
 
Nuwe personeel
Baie welkom aan die volgende nuwe personeel: me. Anne-marie Naude (bestuurder: Kwagga Opvoedkundige Sentrum), me. Nelia Jefferies (Eng), me. Christa Steyl (Eng) en mnr. Sheldon Erasmus (bestuurder van die astro en sport). Ons hoop hulle sal baie gelukkig by die skool wees.
 
C. P. Vorster
Skoolhoof
16 Januarie 2012