OHS HOKKIE 2012
‘n Droom het waarheid geword… Op 6 Februarie is die eerste amptelike hokkiebal op die nuwe astro-baan geslaan! Groot was die opgewondenheid onder die spelers, ouers en toeskouers. ‘n Wonderlike manier om ‘n opwindende, uitdagende hokkiejaar te begin.
Nog ‘n nuwe toevoeging tot Kwaggaokkie is Sheldon Erasmus, die nuwe astro- en seunshokkiebestuurder. Sheldon het reg van die begin skouer aan die wiel gesit en reeds vele organisatoriese verbeteringe in plek gestel.
Beide die seuns- en dogtersproewe het reeds ‘n aanvang geneem. Alle proewe vind op die astrobaan plaas en alle spelers kry geleentheid om op die astro te speel. Die voordeel van die astro is dat die baan beide nat en droog gespeel kan word.
Groot dank aan mnr. Vorster en die astro-komitee wat die bou van die astro gedryf het. Kwaggas gaan nog baie jare goeie hokkie op die astro kan speel. Die baan word amptelik op 3 Maart geopen.
Neem asb. kennis van die wedstryddatums en die oefenrooster vanaf Maart-maand. Die eerste interskole is op 17 Maart teen De Kuilen in Kuilsrivier.
Vir enige hokkie navrae kontak asb.:
Dogters –
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Seuns –
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it





