SWD SKOLE TENNIS Daagreëls - gedateer Februarie 2012
- Alle daagwedstryde moet afgehandel wees teen die einde van die kwartaal waarin die proewe gespeel is. Geen daagwedstryde sal na hierdie datum toegelaat word nie – slegs spelers wat van ‘n ander provinsie na die SWD verhuis het en provinsiale tennis in sy provinsie gespeel het sal nog toegelaat word om te daag.
- Speler wat nie proewe bygewoon het nie en nie ‘n vrydaag ontvang nie moet van onder af op ranglys daag.
- Speler op ranglys mag tot 2 posisies bo hom daag.
- Vrydaag:
Wat is dit? Jy kan enige persoon op ranglys daag . Indien verloor word jou naam onder aan ranglys geplaas en jy moet dan van onder af op daag – maks. 2 posisies op ‘n slag. Indien jy wen word jou naam bo uitgedaagde geplaas.
Wie kwalifiseer?
§Alle spelers wat nie proewe kon bywoon nie en ‘n mediese sertifikaat ingehandig het
§Alle top 6 spelers op die vorige jaar se ranglys wat nie proewe kon bywoon nie en wat ‘n geldige rede ingedien het . Geen ander skoolsport sal as ‘n ‘n geldige rede dien nie!
§Provinsiale spelers wat na die proewe na die SWD verhuis het.
§Geen uitsonderings gaan gemaak word nie!!!
- Beste uit 3 “tie-breaker” stelleword gespeel op uitgedaagde se tuisbaan en uitdager moet drie nuwe tennisballe verskaf.
- Uitgedaagde se tennisonderwyser of onpartydige persoon moet teenwoordig wees.
- Indien dager wen word hy in uitgedaagde se posisie geplaas en uitgedaagde skuif een posisie af.
- Indien dager verloor bly hy op sy oorspronklike posisie.
- Na ‘n speler een keer gedaag het kan ‘n speler slegs twee posisies bo hom daag.
- Indien ‘n speler teen iemand in stelle verloor het , kan hy nie weer teen daardie persoon speel nie.
- Enige persoon op die ranglys mag die persoon tot 2 posisies bo hom op die ranglys daag - indien verloor bly dager op sy posisie.
- Speler mag nie meer as een daagwedstryd per week speel nie.
- Uitgedaagde bepaal die tyd, datum en plek en uitdager moet daarby aanpas. Die uitgedaagde moet 2 moontlike datums verskaf . Altwee hierdie dae mag nie val op godsdienstige dae nie.
- Wanneer die dager/uitgedaagde verloor het mag hy nie verder iemand daag wat hoër op die ranglys is as die een waarteen hy verloor het nie.
- Die uitgedaagde moet bereid wees om binne ‘n week na versoek om te daag teen dager te speel anders kan uitgedaagde sy posisie verloor. Versoek om te daag moet ingedien word op die laaste ‘n week voor die afsny datum.
- Indien ‘n speler ‘n dr.sertifikaat inhandig om nie aan die proewe deel te neem nie , maar hy speel wel op die betrokke 2 dae van die proewe ‘n ander sport – word dit as oneties beskou. So ‘n speler sal nie toegelaat word om die jaar vir SWD te speel nie. Sulke gevalle moet asb. onmiddelik by die bestuur aangemeld word!
- Daagwedstryde wat nie gespeel kan word a.g.v. swak weersomstandighede nie , moet binne ‘n week geherskeduleer word indien daar genoeg tyd voor die afsnydatum is , anders verloor uitdager sy kans om te daag. Spelers moet dus nie op die nippertjie wag om te daag nie , want dit kan sy kans benadeel om in die span te kom.
- Uitslae van daagwedstryde moet asb. binne 24 –uur aan die voorsitter gestuur word.
- Alle daagwedstryde moet deur die voorsitter gereël word.
- Spelers wat aan die proewe deelgeneem het en daarna beseer of siek is moet ‘n dr.sertifikaat indien as hul gedaag word. So ‘n speler sal dus nie gedaag kan word nie.
- Indien proewe nie op geskeduleerde datum kan plaasvind nie a.g.v. reën word dit na die daaropvolgende naweek geskuif totdat dit afgehandel is. Daagreels bly geld.





