Outeniqua streef daarna om die basiese kernwaardes te bevorder. Daarom fokus ons op waardes soos respek, omgee, betroubaarheid en om eties korrekte besluite te neem. Die skool streef daarna om ‘n gemeenskap te skep waar almal gerespekteer word en waar elke onderwyser en leerder beleef dat hy/sy erken en gewaardeer word. Ons glo dat die versterking van bogenoemde waardes tot die skool se uiteindelike doelwit van uitnemendheid sal bydra.
Wat bied Outeniqua?





