​​Atletiek

ATLETIEKVERSLAG

2023/2024

 TOP TIEN BYEENKOMSTE  2023:

Kwaggas het gedurende 2023 uitsonderlik gevaar in die top tien byeenkomste wat in Oktober en November plaasgevind het. Kwaggas het die volgende top tien byeenkomste waar die sterkste skole in die Wes- en Oos-Kaap kompeteer gewen, nl. Kwagga Top Tien, Bredasdorp Top Tien, Worpe Top Tien en Moorreesburg Top Tien. Voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees.

 

STELLENBERG UITNODIGINGSBYEENKOMS:

 Ons atlete het voor die Kleure atletiek-byeenkoms aan die Stellenberg Uitnodigingsbyeenkoms deelgeneem. Die doel van die byeenkoms was om ons atlete soveel as moontlik blootstelling te gee voordat die groot byeenkomste van die jaar sou plaasvind. Kwaggas het met sewe en sestig atlete gaan deelneem. Hierdie besluit het vrugte afgewerp, want ons atlete het weereens baie goed gevaar. Ons het altesaam 19 eerste, 13 tweede en 8 derde plekke behaal. Kwaggas het altesaam twaalf rekords laat spat. Die volgende atlete het rekords verbeter, nl. Lizaan Brand, Ashton Abels, Nicole Barnard, Johannes Brink, Ray-Jordan Schoeman, Lenka Viljoen, Zian du Plessis, Jacobus du Plessis, Thinus Erasmus, Anri Crook, Cayden Williams.

 

INTERHUIS ATLETIEK

 Eerstens kan ‘n mens nie anders as om aan elke ondersteuner, deelnemer, spankaptein en dirigent ‘n spesiale woord van dank te sê nie, want as dit nie vir bogenoemde was nie, sou die dag nie naastenby so ‘n reusesukses gewees het nie. Die dag is deur Huis Volschenk (Groenspan) gewen. Huis Swanepoel (Rooispan) het met die louere weggestap as die span wat die beste gees gehad het.

Daar is altesaam 10 rekords gedurende die dag verbeter. Daar is ook drie rekords geëwenaar.

 

NAAM EN VAN GESLAG OUD ITEM AFSTAND/TYD/HOOGTE GEWIG
Tatyana Viljoen Dogter 14 jaar Paalspring 2,70 m
Lenka Viljoen Dogter 15 jaar Gewigstoot 14,75 m 3 kg
Ray-Jordan Schoeman Seun 15 jaar 100 m

100m hekkies

11,07

13,20

Jacobus du Plessis Seun 15 jaar 800 m

1500 m

2:08.60

4:23.70

Cayden Williams Seun 15 jaar Verspring 6,55 m
Mieke Coetzee Dogter 17 jaar Hamergooi 48,49 m 3 kg
Thinus Erasmus Seun 17 jaar 1500 m 4:08.50
Zian du Plessis Seun 17 jaar Gewigstoot 17,30 m 5 kg

 Beste individuele prestasies:

OUDERDOM GESLAG NAAM EN VAN ITEM PRESTASIE
14 jaar Dogter Reece Reynecke 90 m hekkies 14,50
14 jaar Seun Keanu Keffers 100m hekkies 15,60
15 jaar Dogter Lenka Viljoen Gewigstoot 14,75 m
15 jaar Seun Cayden Williams Verspring 6,55 m
17 jaar Dogter Mieke Coetzee Hamergooi 48,49 m
17 jaar Seun Zian du Plessis Gewigstoot 19,36 m
19 jaar Dogters Chanellé Britz Hamergooi 41,16 m
19 jaar Seun Michael Cronje Hamergooi 42,92 m

 Die beste seunsprestasie van die dag was Zian du Plessis met 982 punte.

Die beste dogtersprestasie van die dag was Lenka Viljoen met 924 punte.

Die algehele beste individuele prestasie van die dag was Zian du Plessis met 982 punte.

 

Bekerwenners:

Junior Victrix Ludorum      : Lenka Viljoen

Junior Victor Ludorum       : Louis Fourie

Senior Victrix Ludorum      : Nicole Barnard

Senior Victor Ludorum      : Ashton Abels

 

LOOP- INTERSKOLE-ATLETIEKBYEENKOMS

Kwaggas het soos oudergewoonte weereens puik presteer by die negende Interskole-atletiekbyeenkoms. Outeniqua het nege van die elf trofeë wat op die spel was, gewen. Kwaggas het ook 69 goue medaljes verower. Kwaggas was ook die beste span van die dag en het sy naaste teenstander met meer as 113 punte geklop. Kwaggas het verder ook die geesbeker gewen. Daar is altesaam vyftien rekords by die byeenkoms verbeter waarvan Kwaggas dertien verbeter het. Na afloop van die byeenkoms is daar in elke ouderdomsgroep die beste seun- en dogtersprestasie aangewys. Die volgende atlete het toekennings daarvoor ontvang:

OUDERDOM GESLAG NAAM EN VAN
14 jaar Dogter Reece Reynecke
15 jaar Seun Ray-Jordan Schoeman
15 jaar Dogter Lenka Viljoen
17 jaar Dogter Nicole Barnard
17 jaar Seun Zian du Plessis
19 jaar Dogter Chenellé Britz
Beste prestasie van die dag Dogter Nicole Barnard
Beste prestasie van die dag Seun Zian du Plessis

 

GEORGE STREEKSBYEENKOMS (George)

 Kwaggas het na afloop van hierdie byeenkoms weereens gewys dat Kwagga-atletiek nogsteeds van hoogstaande gehalte is, want ons het 79 eerste, 64 tweede en 36 derde plekke behaal. Kwaggas was vir 11 van die 12 rekords wat gedurende die  byeenkoms verbeter is, verantwoordelik:

NO OUDERDOM GESLAG NAAM EN VAN ITEM PRESTASIE
1 14 jaar Dogter Tatyana Viljoen Paalspring 2,40 m
2 15 jaar Dogter Lenka Viljoen Gewigstoot 14,62 m
3 15 jaar Seun Jacobus du Plessis 1500 m 4:20,64
4 15 jaar Seun Ray-Jordan Schoeman 100m hekkies 13,73
5 15 jaar Seun Cayden Williams Verspring 6,35 m
6 17 jaar Dogter Nicole Barnard Spiesgooi 50,65 m
7 17 jaar Dogter Mieke Coetzee Hamergooi 49,43 m
8 17 jaar Seun Heinrich Goedhals Hamergooi

Diskus

55,45 m

47 m

9 17 jaar Seun Zian du Plessis Gewigstoot 18,43 m
10 19 jaar Dogter Micke Jansen van Rensburg 800 m 2:30,60

Spesiale melding moet gemaak word van Heinrich Goedhals wat twee rekords verbeter het. Nicole Barnard was die beste dogtersatleet van die byeenkoms. Zian du Plessis was die beste seunsatleet van die byeenkoms. Zian du Plessis het die prestasie van die dag gelewer toe hy in die gewigstootitem vir seuns 17 jaar ‘n afstand van 18,43 m gestoot het. Hy het 950 punte op die Bekkertabelle daarmee verdien.

 

EDEN HOЁRSKOLE BYEENKOMS (Oudtshoorn)

 In 2024 het die Kwagga-atlete hierdie gesogte byeenkoms totaal oorheers met ongeveer 150 atlete van Kwaggaland wat deelgeneem het. Kwaggas het 53 eerste, 35 tweede en 29 derde plekke behaal. Tydens die byeenkoms op Oudtshoorn is een en sestig Kwagga-atlete in die Eden-atletiekspan opgeneem wat aan die Wes-Kaap Kampioenskappe in die Paarl deelgeneem het.

 

DIE VOLGENDE ATLETE WAS ALMAL IN DIE EDENSPAN:

Elné Paulsen, Ané Vreken, Jané Tredoux, Lizaan Brand, Elri Tredoux, Lincoln Zietsman, Izania van Sandwyk, Madison O’Connell, Chanellé Britz, Henco Swanepoel, Louis Fourie, Lenka Viljoen, Miike Scholtz, Mienke Delport, Sinead Mollentze, Mieke Coetzee, Anri Crook, Walter van Rensburg, Darnell Delport, Talia van Rensburg, Ashton Abels, Cuan Wildeman, Zian du Plessis, Marco Erasmus, Mia Botha, Lizandri Koen, Thinus Erasmus, Kayla Bezuidenhout, Zoe Dixon, Lynne Walters, Roshaan Fortuin, Marco Lesch, Jacobus du Plessis, Henro Horn, Jayden Fourie, Tatyana Viljoen, Gillian Hector, Ray-Jordan Schoeman, Nicole Barnard, Dené Edwards, Micke Jansen van Rensburg, Heinrich Goedhals, Jade de Jager, Charl Swartz, Johannes van Wyk, Cayden Williams, Amoné Büser, Alexa Kohler, Helena Neethling, Mieke Prinsloo, Kayla Rabe, Reece Reynecke, Megan Stahmer, Chamonix van der Merwe, Marilie Duvenage, Alicia Prinsloo, Addison Gillespie, Johannes Brink, Daniël Els, Ulrich van Loggerenberg, Benjamin Hamman, Jordan Lindsay.

Kwaggas het soos oudergewoonte die grootste deel van die Edenspan uitgemaak. Dit bewys weereens dat Kwagga-atletiek die hartklop van SWD-atletiek is.

ASWD-BYEENKOMS (Oudtshoorn)

 Kwagga atlete kon by hierdie byeenkoms gekwalifiseer het om aan die ASA-Jeugbyeenkoms deel te neem. Die volgende 25 atlete het gekwalifiseer om by die ASA-Jeugbyeenkoms in Pretoria deel te neem, nl.  Jacobus du Plessis, Jayden Fourie, Louis Fourie, Marco Lesch, Ray-Jordan Schoeman, Charl Swartz, Johannes van Wyk, Cayden Williams, Elné Paulsen, Miike Scholtz, Lenka Viljoen, Tatyana Viljoen, Zian du Plessis, Marco Erasmus, Thinus Erasmus, Heinrich Goedhals, Henco Swanepoel, Walter van Rensburg, Nicole Barnard, Lizaan Brand, Mieke Coetzee, Jade de Jager, Madison O’Connell, Chanellé Britz, Gillian Hector.

Na afloop van die Eden Hoërskolebyeenkoms en die ASWD-byeenkoms is die volgende rekords deur Kwaggas verbeter, nl.

NO OUDERDOM GESLAG NAAM EN VAN ITEM PRESTASIE
1 o. 16 Seun Jacobus du Plessis 1500 m 4:14,71
2 o. 16 Seun Marco Lesch 100 m hekkies 13.05
3 o. 16 Seun Ray-Jordan Schoeman 300 m hekkies 37.76
4 o. 16 Seun Jayden Fourie Verspring 6,92 m
5 o. 16 Dogter Tatyana Viljoen Paalspring 3,10 m
6 o. 16 Dogter Lenka Viljoen Gewigstoot 15,19 m
7 o. 18 Seun Zian du Plessis Gewigstoot 19,09 m
8 o. 18 Dogter Mieke Coetzee Hamergooi 54,32 m

WES-KAAPLAND BYEENKOMS (Daljosafat, Paarl)

Ons atlete het uitstekend gevaar by die Wes-Kaapland byeenkoms en het die volgende prestasies behaal, nl. 8 goue medaljes, 10 silwer medaljes en 8 brons medaljes.

Die volgende atlete het medaljes verower:

Goud:

Louis Fourie (hamergooi), Gillian Hector (paalspring), Thinus Erasmus (1500 m), Zian du Plessis (gewigstoot), Dené Edwards (spiesgooi), Lenka Viljoen (gewigstoot), Ray-Jordan Schoeman

(100 m hekkies), Jayden Fourie (verspring).

Silwer:

Mieke Coetzee (hamergooi), Louis Fourie (gewigstoot), Anri Crook (hoogspring), Thinus Erasmus (800 m), Miike Scholtz (hoogspring), Walter van Rensburg (gewigstoot), Micke Jansen van Rensburg (1500 m), Nicole Barnard (spiesgooi) Ray-Jordan Schoeman (300 m hekkies), Jacobus du Plessis (1500 m).

Brons:

Mieke Coetzee (diskus), Lenka Viljoen (spiesgooi), Marco Lesch (100 m hekkies, 300m hekkies), Lizaan Brand (paalspring), Henro Horn (verspring), Chanellé Britz (hamergooi), Darnell Delport (hoogspring).

Na afloop van die byeenkoms is 20 van ons atlete in die Wes-Kaaplandspan opgeneem wat aan die SA-skole byeenkoms in die Paarl gaan deelneem het, nl. Mieke Coetzee, Walter van Rensburg, Zian du Plessis, Miike Scholtz, Izania van Sandwyk, Lenka Viljoen, Nicole Barnard, Lizaan Brand, Chanellé Britz, Anri Crook, Dené Edwards, Gillian Hector, Micke Jansen van Rensburg, Darnell Delport, Jacobus du Plessis, Louis Fourie, Marco Lesch, Ray-Jordan Schoeman, Thinus Erasmus, Henro Horn.

 

SA – BYEENKOMSTE:

SA – JUNIOR BYEENKOMS (Pretoria):

Die byeenkoms het by die Pilditchstadion in Pretoria plaasgevind. Die vyf en twintig atlete wat hierdie byeenkoms bygewoon het, het hul uitstekend van hul taak gekwyt en altesaam 10 medaljes verower. Die volgende atlete het medaljes verower, nl.

 

Lenka Viljoen                    : goud – gewigstoot – dogters o. 16

: silwer – spiesgooi – dogters o. 16

Zian du Plessis                 : goud – gewigstoot – seuns o. 18

Jayden Fourie                  : goud – verspring – seuns o. 16

Mieke Coetzee                 : silwer – hamergooi – dogters o. 18

Tatyana Viljoen                 : brons – paalspring – dogters o. 16

Ray-Jordan Schoeman     : brons – 300 m hekkies – seuns o. 16

Lizaan Brand                              : brons – paalspring – dogters o. 18

Thinus Erasmus               : brons – 1500 m – seuns o. 18

Gillian Hector                   : brons – paalspring – dogters o. 20

Spesiale melding moet gemaak word van Lenka Viljoen wat twee medaljes by hierdie prestige geleentheid verower het.

SA – SKOLE BYEENKOMS (Paarl)

Ons twintig Kwagga-atlete het uitstekend gevaar by hierdie prestige geleentheid wat by die Dal Josafatstadion in die Paarl plaasgevind het. Ons het altesaam 19 medaljes verower by hierdie byeenkoms. Die volgende atlete het medaljes verower nl.

Zian du Plessis                 : goud – gewigstoot – seuns 17 jaar

Henro Horn                      : goud – verspring – seuns 17 jaar

Thinus Erasmus               : goud – 1500 m – seuns 17 jaar

Lenka Viljoen                    : silwer – gewigstoot – dogters 15 jaar : silwer – spiesgooi – dogters 15 jaar

Jacobus du Plessis           : silwer – 1500 m – seuns 15 jaar

Marco Lesch                     : silwer – 300 m hekkies – seuns 15 jaar

Walter van Rensburg      : silwer – gewigstoot seuns 17 jaar

Mieke Coetzee                 : silwer – hamergooi dogters 17 jaar

Nicole Barnard                : silwer – spiesgooi dogters 17 jaar

Chanellé Britz                   : silwer – hamergooi dogters 19 jaar

Dené Edwards                  : silwer – spiesgooi dogters 19 jaar

Anri Crook                        : silwer – hoogspring dogters 19 jaar

Gillian Hector                   : silwer – paalspring dogters 19 jaar

Ray-Jordan Schoeman     : brons – 300 m hekkies seuns 15 jaar : brons – 100 m hekkies seuns 15 jaar

Louis Fourie                      : brons – gewigstoot seuns 15 jaar

Darnell Delport                 : brons – hoogspring – seuns 15 jaar

Lizaan Brand                     : brons – paalspring dogters 17 jaar

 

SA – SENIOR BYEENKOMS (PIETERMARITZBURG)

Baie geluk aan Henro Horn, Miike Scholtz, Lizaan Brand en Josko Dixon wat die ASWD by bogenoemde byeenkoms verteenwoordig het en onderskeidelik aan die vyf, sewe en tienkamp items deelgeneem het..

 

OUDSTUDENTE:

Baie geluk aan Miré Reinstorf en Jo-Ané van Dyk wat gekies is vir die SA-nasionalespan wat in Accra, Ghana aan die Afrika-spele gaan deelneem het. Beide hierdie atlete het eerste gekom by hierdie prestige byeenkoms en albei het die byeenkomsrekord gebreek. Jo-Ané en Miré het verder by die SA senior byeenkoms met goue medaljes weggeloop.

Elroy Gelant het by die SA senior byeenkoms ‘n silwer medalje in die 5000 m vir mans verower.

Elroy het verder ook die SA hafmarathon byeenkoms gewen.

Lloyd Bosman het tweede geëindig in die Twee Oseane byeenkoms in Kaapstad.

Baie geluk oud-Kwaggas. Ons is baie trots op julle.

Na afloop van ‘n puik seisoen kan ‘n mens nie anders as om alle rolspelers hartlik te bedank vir hul toewyding en die feit dat hulle altyd bereid was om die ekstra myl te stap nie. Baie dankie aan elke afrigter, ouer, atleet, oudstudente en beamptes wat bygedra het tot die onvergeetlike seisoen. Alle eer aan ons Hemelse Vader, want ons weet sonder Hom sou geen van bogenoemde prestasies gerealiseer het nie.