Dit was ‘n groot voorreg vir die Skoolhoof, Mnr Christo Vorster en personeel, om Oom George Pio op 85-jarige leeftyd weer te verwelkom in Kwaggaland.
Oom George besoek onder andere die skool se hoeksteen wat vanjaar op 15 September 100 jaar gelede gelê is, sy klaskamer van 1955 asook die nuwe Navorsingsentrum en Akwaponiese tonnel, een van die Eeufees projekte van die skool.
Ons opregte dank aan hierdie lojale oud-Kwagga wat sy huisboot op die Kariba meer, die P-10, reeds drie maal as ‘n vakansie prys vir die veiling aan die Kwagga Wynveiling geskenk het.
Oom George Pio en sy vrou, Olive, is tans woonagtig in Harare, Zimbabwe.
“Die Kwaggas is baie trots op hul oud-Kwaggas en ons hoop om hulle almal in 2023 by Hoërskool Outeniqua se Eeufees te kan sien”, sê die mede-Kwagga, Heinrich Goedhals.
Op die foto’s verskyn Oom George saam met Mnre. Vorster en Hattingh (Adjunkhoof) en Heinrich Goedhals (Kwagga leerder).
Comments are closed.