Ons 1ste Hokkiespanne het verlede week aan die Cape Town International Hockey Tournament deelgeneem
Met n groot geveg het die dogters die top 8 en kwartfinaal met 1 punt gemis.
Hulle speel toe in die plaat Semi-finaal teen Curro Durbanvile in ‘n naelbyt wedstryd waar hulle die wedstryd wen nadat hulle 1-0 agter was.
Ongelukkig buig hulle die knie teen Fairmont en verloor die Plaat Finaal 3-0.
Hulle eindig 10de uit 24 spanne in die toernooi.
Die seuns het stadig begin maar deur die loop van die toernooi net van krag na krag gegroei. Die hoogte punt is die ongelooflike oorwinning teen Fairmont.
Die seuns speel op die einde vir skild finaal waar hulle Uplands gewen het.
Hulle eindig 17de uit 24 spanne in die toernooi.
Baie geluk aan hierdie 2 spanne wat so goed gevaar het en hulle #kwaggatrots & #kwaggakarakter regdeur hierdie toernooi gewys het.
Comments are closed.