Die wenner van die Karri app kompetisie is DIVAN ROSSOUW (Graad 8)
Van links: Carien Gericke (Finansiële Bestuurder), Divan Rossouw en
Mnr. Christo Vorster (Skoolhoof)
Karri Payments is ‘n innoverende mobiele betalingstoepassing waarmee jy vinnige betalings vir skoolaktiwiteite op jou selfoon kan maak. Hierdie toepassing (App) kan met enige Suid-Afrikaanse bank intergreer en is POPI (Protection of personal Information) in ooreenstemming met streng interne maatreëls om veiligheid en sekuriteit ten alle tye te verseker. Ons het ‘n kontraktuele ooreenkoms met Karri Payments aangegaan om te verseker dat alle terme en voorwaardes gehandhaaf word. Karri word deur Nedbank bestuur wat ook ‘n versekering bied dat alle relevante veiligheidsmaatreëls vir alle transaksies in plek gestel word.