Baie geluk aan twee van ons rugby afrigters wat gekies is in die volgende afdelings as afrigters:
Mnr Jaco van Rensburg, huidiglik Kwagga rugby se Direkteur van werwing, 14A Afrigter en 1stXV Tegniese adviseur, is gekies as hoofafrigter vir die o/18 SWD Cravenweek rugby span wat 9 – 13 Julie vanjaar in die Kaap deelneem aan die Cravenweek rugby toernooi. Dit word aangebied by Rondebosch Boys High. Baie geluk Mnr van Rensburg!
Mnr Heinrich du Plessis, huidige kondisioneringsafrigter by die Kwaggas, is ook gekies as die 0/18 SWD Akademie rugbyspan se assisent afrigter. Die toernooi vind plaas in Wellington by Hugenote Hoërskool. Die toernooi vind ook plaas van 9 – 13 Julie. Baie geluk Mnr du Plessis!
Ons wens julle en julle spanne baie sterkte toe!
Comments are closed.