Beheerliggaamtussenverkiesing

Verkiesing vind plaas op 1 September 2020 vanaf 08:00 tot 17:00


Verkorter CV van die genomineerdes

Frances Schrőter

 

 

 

 

 

 

 

 

Matrikuleer aan Hoërskool Punt, Mosselbaai

Studeer aan die Universiteit van Stellenboch  en hou die grade B Comm LLB

Het ook ‘n Gevorderde Diloma in Arbeidsreg van RAU

Toegelaat as prokureur in 1998

Woon permanent in George sedert 2003.

Praktiseer  vir my eie rekening  as Schrőter en Assosiate Prokureurs sedert 2011.

Getroud met 2 dogters, waarvan die oudste in Gr 8 is by OHS.

Johannes Jumat

 

 

 

 

 

 

 

 

Education and Credentials

LL.B (UNISA)

Attorney (admitted in 2012)

Litigation Apartment

Practice Areas 

Litigation, dispute resolution, recoveries, family, criminal, labour and employment.


Beheerliggaam: Tussenverkiesing

Ons het ‘n tussenverkiesing vir 8 April 2020 beplan. Die grendelperiode is op 28 Maart afgekondig en die tussenverkiesing kon nie plaasgevind nie. Die inperkings maatreëls het ons gedwing om na ‘n alternatiewe manier van verkiesing te gaan kyk. Fedsas en Voting Crowd (Mnr. Jaco Pretorius van Mosselbaai) het ‘n lootsprojek van stapel gestuur. Tien skole in Suid-Afrika, waarvan Hoërskool Outeniqua deel is, gaan in die volgende maand aanlyn verkiesings hou.

Hoërskool Stellenbosch het in 2018 met die verkiesing van hulle beheerliggaam ‘n soortgelyke aanlynstelsel gebruik en teen 10:00 die oggend het 70% van hulle ouers reeds gestem. Die aanlynverkiesing skep in hierdie tyd ‘n veiliger omgewing en ouers hoef nie hulle tyd te gebruik om na die skool te kom om te stem nie.

Die verifiering van die uitslae is ook baie makliker as met die ou stelsel. Die programmatuur is so opgestel dat met die druk van ‘n knoppie die rekenaar die stemme tel. Die uitslae van die verkiesing sal ook binne ‘n uur nadat die verkiesing gestop het, beskikbaar wees. Die persoonlike inligting van elke persoon word ook deur ‘n kontrak tussen die skool en Voting Crowd beskerm. Die program is ook geskryf dat geen ouer of wettige voog vir ‘n tweede of derde keer kan stem nie.

Die volgende stappe moet gevolg word:

  1. Departement van basiese onderwys moet toestemming vir die projek gee. (Toestemming ontvang).
  2. WKOD moet toestemming gee. (Toestemming ontvang).
  3. Kennisgewing aan ouers gaan Vrydag 7 Augustus 2020 aan die ouers gegee word.
  4. Nominasies van kandidate moet voor of op 25 Augustus 2020 om 14:00 by die skool ingedien word. Nominasievorms is by die skool of kiesbeampte beskikbaar. Die nominasievorm kan ook op die skool se webbladsy gekry word.
  5. Indien ouers nie internet toegang het nie, kan hulle deur die loop van 1 September 2020 vanaf 08:00 tot 17:00 in die rekenaarlokaal K35 gaan stem. Die normale Covid-regulasies van maskers dra, skandering en sosiale afstand moet gehandhaaf word. Ouers kan ook van die skool se wifi in die parkeerarea gebruik maak. Dan hoef hulle nie deur die skanderingsproses gaan nie.
  6. Ouers gaan na votingcrowd.co.za gaan en stem.
  7. Elke ouer sal ‘n unieke password via sy/haar epos ontvang. Die ouers gebruik sy/haar ID-nommer en die unieke password om toegang tot die verkiesingsblad te verkry.

In Maart 2021 word die nuwe beheerliggaam vir ‘n periode van drie jaar verkies. As die Kwagga-ouers hierdie tussenverkiesing suksesvol afhandel, kan ons in 2021 die beheerliggaamverkiesing op dieselfde metode doen. Graag doen ek ‘n beroep op elke ouer om van die geleentheid gebruik te maak en deel te neem om die tussenverkiesing ‘n sukses te maak.