Donderdag, 19 April 2018, het ons leerders en personeel van Hoërskool Outeniqua amper 700 “cupcakes” ingesamel, wat aan “random” mense uitgedeel is: karwagte, petroljoggies, werkers in strate, mense by taxi... lees meer →
Die Hoërskool Outeniqua is in 1923 gestig, aan die voet van die trotse Outeniquaberge. Die roemryke skool bied ‘n gebalanseerde opvoeding aan elkeen van sy meer as 1600 leerders. Die volgende waardes moet in die saal, in die klas, op die sportveld en op die kultuurakker beskerm en gekweek word en deur opvoeders voorgeleef word: integriteit, lojaliteit, respek, eerlikheid, diensbaarheid, vriendelikheid en betroubaarheid.