Lees gerus hier vir meer inligting om u kind aan lyn te registereer en meer inligting oor WKOD skooltoelatings en hulp bronne. Hier is die link na die WKOD registrasies... lees meer →
Die Hoërskool Outeniqua is in 1923 gestig, aan die voet van die trotse Outeniquaberge. Die roemryke skool bied ‘n gebalanseerde opvoeding aan elkeen van sy meer as 1600 leerders. Die volgende waardes moet in die saal, in die klas, op die sportveld en op die kultuurakker beskerm en gekweek word en deur opvoeders voorgeleef word: integriteit, lojaliteit, respek, eerlikheid, diensbaarheid, vriendelikheid en betroubaarheid.