Hoërskool Outeniqua het op 18 Februarie vanjaar weer ‘n “DANKIE-SȆ Borge Ontbyt” aangebied by die Kwagga Cuisine.
Die borge het ‘n breë spektrum borgskappe vanaf sportdrag, toernooie en toerusting sowel as fondsinsamelingprojekte van die skool en Kwagga Trust geborg.
Die skoolhoof, Mnr Christo Vorster, het namens die personeel, leerders, ouers asook Beheerliggaam en Kwagga Trust, borge geloof vir hul lojaliteit en volgehoue ondersteuning aan die Kwaggas.
Instansies wat graag by die skool betrokke wil raak, kan die bemarkingskantoor kontak by 083 632 6657 / bemarking@outeniqua.co.za
Die hoofborg van die 2022 Borge Ontbyt by Hoërskool Outeniqua, was Akademia.
VLNR : Lizan Maree, bestuurder studentewerwing, Johan Lubbe, studente werwer, Oos-Kaap – beide van Akademia, Charne Faure, alumni van Akademia en oud-Kwagga van die 2016 matriekklas langs die skoolhoof van Hoërskool Outeniqua, Mnr Christo Vorster.
Comments are closed.