Die o/16A Seunshokkiespan het hul seisoenby die “Top Schools” toernooi te Paarl Gimnasium afgesluit.
Hulle het teen van die beste o/16 Spanne in die land gespeel. Die seuns het hulself goed van hul taak gekwyt en 8ste uit 12 spanne geeïndig.
Uitslae was soos volg:
Verloor 2-1 vs Pinelands
Gelykop 2-2 vs Paarl Gimmasium
Verloor 5-1 vs Menlopark
Gelykop 2-2 vs DF Malan
Wen 6-0 vs York
Gelykop 2-2 vs SACS
Verloor 4-2 vs Paarl Vallei
Ons is baie trots op hierdie groep seuns met hul ongelooflike uitslae deur die seisoen!