Die fondsinsamelingsgeleentheid is wonderlik ondersteun deur ouers, ondersteuners en lojale sakelui ondersteun en daar was selfs tot op die laaste nog navrae vir kaartjies.
Die vier-man Duitse orkes, Oompah International, het Duitse fanfare in ‘n feestlike luim op hul voete gehad met hul blaas- en ander instrumente.
Gaste is verwelkom met apfelschnaps en het die geleentheid gehad om Duitse geregte soos Kassler, Appelstrudel, Wurstbude en natuurlik bier te kon geniet!
Die Kwagga Lang Tafel word reeds gekenmerk as ‘n geleentheid met ‘n tema, dié keer natuurlik Duits! – Prost!, asook gaste wat dan ook op kreatiewe wyse hul uitrustings hierby inskakel. Oral waar jy kyk, was dit hoedjies, kruisbande en voorskote!
So het elke gas – bykans 650 -met hul eie bierbeker, feestelik kon “Ein Prosit, ein Prosit!” so asof hulle in München by ‘n Hafbraühaus was.
Die Ouerkomitee van Hoërskool Outeniqua, het die Outeniqua Transnet Museum treffend opgetower en gedrapeer met rooi, geel en swart dekor en geen moeite ontsien om aan die gaste ‘n heerlike aand te bied nie.
Ons opregte dank aan diegene wat die Kwagga Eeufees Ondersteuners Projek ook geesdriftig ondersteun het met bydraes en so gekwalifiseer het vir ‘n gelukkige prys wat deur Minki van der Westhuizen, as eregas by die geleentheid, aan die wenners oorhandig is.
Die hoofborg, The Grocery Express, bygestaan deur 14 ander ondersteunende borge, verdien spesiale vermelding. Sonder jul ondersteuning is die Kwagga Lang Tafel nie moontlik nie!
Volgens die hooforganiseerder van die Kwagga Lang Tafel, Ronèl Lamprecht, is Chris en Natasha Liebenberg van The Grocery Express reeds sedert 2015 die hoofborg van hierdie kalenderhoogtepunt in George.
Hoërskool Outeniqua sê BAIE DANKIE aan die Ouerkomitee en ondersteuners van die 2022 Kwagga Lang Tafel.
Hulle is : Sarie Erasmus, Christa van Sandwyk, Debby van Rensburg, Di Pienaar, Hanien du Preez, Ilze Jonker, Karin van der Walt, Lizette Ebersohn, Lynette Groenewald, Martin Detering, Rene Koen, Jacques & Renelle Williams, Shanel Louw, Stefane Louw, Mariska Herselman, Marguerite van der Merwe, Izel van Rooy, Lizelma Kassteen, Attie Bedeker, Izelle Bester, Ina Terblanche en Helène Triegaardt.
Die projek is vanuit die skool se bemarkingskantoor aangebied met die addisionele ondersteuning van Berneen Müller asook Lindi Liebenberg wat die die sosiale media dekking hanteer het.
Die samewerking, kameraadskap, harde werk en baie ure getuig van Kwagga-ouers vir kwaliteit! Welgedaan!
Comments are closed.