In September 2021 het 30 van ons Gr 8 en 9 Geografie leerders deelgeneem aan SANGO se aanlyn nasionale Geografie Olimpiade. Dit was die heel eerste keer dat Outeniqua saam met 1500 leerders van regoor Suid-Afrika hieraan
deelgeneem het. Dit was ook die eerste keer dat ‘n geografie Olimpiade vir juniors aangebied is in Suid-Afrika.Alle leerders het sertifikate vir deelname ontvang en spesiale vermelding word gemaak van die volgende leerders, wat uitstekend presteer het:
Danelle van Wyk | Gr 8 | GOUD |
Jean Stolze | Gr 8 | GOUD |
Emmie Wannenburg | Gr 9 | Silwer |
Liam Rörich | Gr 8 | Silwer |
Anton Biehler | Gr 8 | Brons |
Jomarie Combrinck | Gr 8 | Brons |
Marie Robertson | Gr 8 | Brons |
Van Rooy Smit | Gr 8 | Brons |
Ons is baie trots op julle !
Hierdie leerders sal in aanmerking geneem word vir prestasietoekennings.
S van Loggerenberg
Comments are closed.