Grant Campbell van Hoërskool Outeniqua het op 29 Oktober die Netwerk 24 Uitblinkers prysuitdeling in Kaapstad bygewoon. Daar het hy ‘n prys ontvang vir ‘ n 9de plek wat hy behaal het in die Wes-Kaap in Blitsbrein. Altesaam 519 graad 10 en 11 leerders het deelgeneem van regoor die land. Grant was deel van die Top 60 finaliste (graad 8 tot 11 leerders) wat na die finaal deurgedring en het ook R1000 prysgeld ontvang. Campbell was die enigste pryswenner vanaf die Suid-Kaap. Die Kwaggas is trots op hierdie prestasie.
Nov
04