KWAGGAS OORHEERS HARTLOOP BYEENKOMS:
Kwaggas behaal 121 472 Bekkertabel punte in die spankompetisie. Die naaste skool aan hulle behaal 70 349 punte. Kwaggas se puntetotaal aan die einde van die byeenkoms was 2033. Die naaste span aan die Kwaggas het 1128 punte behaal.
Kwaggas wen die volgende trofeë nl.
- Die geesbeker.
In die geskiedenis van die Hartloop byeenkoms het Kwaggas nog nooit die geesbeker verloor nie.
- Beste onder 17 dogters atleet – Chanelle Britz
Beste onder 15 seuns atleet – Grant Savage
Beste onder 17 seuns atleet – Deacon Cooper
Beste onder 19 seuns atleet – Keith Syster
- Algehele seuns atleet van die byeenkoms:
Grant Savage (onder 15) vir hoogspring met ‘n hoogte van 1,90m.
Hy behaal op die Bekker tabelle 867 punte.
Baie geluk Kwaggas. Ons is baie trots op jul pragtige prestasies.
Foto: Keith Syster, Grant Savage, Deacon Cooper en Chanelle Britz
Comments are closed.